What do you think?

My hart klop so
Rachelle Fourie het bekendheid verwerf vir haar deelname aan die program Op My Eish! waar sy kykers se harte verower het. In haar boek My hart klop so deel sy haar besonderse lewensverhaal en haar pad van geloof, roeping en identiteit.
In haar vroeë twintigs moes Rachelle 'n hartoperasie ondergaan nadat sy onverwags met 'n atriale septumdefek gediagnoseer is, en dit was slegs een van die vele uitdagings op haar lewenspad. In My hart klop so vertel sy meer oor hierdie kwesbare oomblikke wat haar gebreek, genees en nader aan God gebring het.
Deesdae deel sy haar lewens- en geloofservaring as 'n gewilde motiveringspreker en rolmodel vir meisies en vroue. Sy is ook die gasheer van haar eie potgooi met dieselfde titel.

238 pages, Paperback
Published August 1, 2026
Ratings & Reviews
Friends & Following
Create a free account to discover what your friends think of this book!
Community Reviews
Displaying 1 - 1 of 1 review
August 10, 2026
Rachelle het bekendheid verwerf toe sy aan die Op My Eish maatsoekprogram deelgeneem het. Maar dis glad nie waaroor die boek gaan nie. Die boek gaan eintlik oor hoe díe program haar juis die nodige platform gegee het om haar roeping uit te leef - naamlik om die boodskap van christelike liefde uit te dra. Sy het vanaf 'n baie jong ouderdom 'n diep ernstige verhouding met God gehad, en het menigmale uitgesluit en selfs uitgesonder gevoel as gevolg daarvan. Sy het in alle omstandighede baie hard probeer om eerstens aan haar christenskap gehoorsaam te wees - voor enige menslike-, sosiale- of omstandigheids- verwagtinge. Natuurlik het dit veroorsaak dat sy haarself en haar oortuigings telkens bevraagteken het, maar sy het min gewankel. Op bl. 32 sê sy dat dit soms makliker is om ander te vergewe as om jouself te vergewe... en sy het telkemale in die boek verduidelik waarom sy sekere keuses gemaak het (en gesukkel het om haarself vir verkeerde besluite te vergewe). Haar insig in die hart van 'n tiener het my ook opgeval. Sy sê op bl. 84/5 dat hoërskoolkinders elkeen besig is met sy eie identiteitsgeveg en daarom dat min tieners ongeskonde grootmens word en soms lank dra aan letsels wat tydens die tienerjare opgedoen is. Tieners wil raakgesien, aanvaar en gekies word...
Die boek is inspirerend en vol wysheid. Dit wys die skrywer as nederige en eerlike mens wat die leser aanmoedig om doelbewus dankbaar te leef. Die boek getuig van haar deursettingsvermoeë; om ten spyte van die wêreld se verwagtinge elke keer weer te kies vir haar eie identiteit en roeping. Beslis 'n weer lees werd!