Jump to ratings and reviews
Rate this book

In die blou kamp: Facebook-stories

Rate this book
Dana Snyman is volksbesit. Hy reis rond deur Suid-Afrika en skryf oor sy ontmoetinge met mense langs die pad, die trokdrywers, die meisie wat in matriek swanger geraak het, donkie-eienaars, die vrou wat haar seun in die grensoorlog verloor het, Cliffie van Epping, oom Pik Botha in Pretoria... Sy stories tref mens in die binnegoed. Soms is dit hartseer, maar soms skreeusnaaks, soos die storie oor sy ma wat sweer dat sy vanjaar "net iets ligs" vir die Kers-ete gaan bedien. Met hierdie boek het Dana sy mees ontroerende of eiesoortige ontmoetings geboekstaaf. Die meeste van die stories het hy aanvanklik op Facebook, waar hy duisende volgelinge het, gepos. Die wat die grootste reaksie gekry het is hierin verwerk. 'n Ware interaktiewe Suid-Afrikaanse boek.

261 pages, Kindle Edition

First published June 22, 2015

7 people are currently reading
26 people want to read

About the author

Dana Snyman

16 books26 followers
Dana Snyman is an award-winning South African journalist, writer and playwright.

Snyman was born in Stellenbosch and matriculated from Nylstroom High School. He later followed a journalism course at the Pretoria Technikon before joining the Afrikaans newspaper Beeld as a crime reporter.

Three years later he became a journalist at Huisgenoot magazine, where he worked for ten years. As of 2007, Snyman is the travel editor of Weg! magazine.

His first book, Uit die binneland (From the interior) was published in 2005 and his second, Anderkant die scrap (The other side of the scrap), in 2006. Both are collected short-short stories and schetches.

Snyman's first play, the one-man comedy Die Uwe, Pottie Potgieter (Yours Truly, Pottie Potgieter), was first performed in 2006 and was the runner-up for the AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroes Award for new texts in the same year.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
20 (39%)
4 stars
15 (29%)
3 stars
14 (27%)
2 stars
2 (3%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 5 of 5 reviews
Profile Image for Anne-Marie.
261 reviews25 followers
August 23, 2015
Mens lees nie vinnig aan 'n Dana Snyman boek nie. Jy lees en lees weer en dink en lees weer. Sommige stukke is hartverskeurend, ander is skreeusnaaks. Ek wens ek kon so skryf.
Profile Image for De Wet.
279 reviews24 followers
May 3, 2021
In die Blou Kamp begin met die volgende aanhaling:

"What occurs each day and returns each day: the banal, the everyday, the obvious, the common, the ordinary, the infra-ordinary, the background noise, the habitual: how does one give account of it, examine it, describe it?"

En dis presies wat Dana Snyman in die magdom kort sketse en waarnemings in hierdie boek doen. Hy gee die alledaagse weer, klein oomblikke in mense se lewens. Onopmerklik vir meeste van ons soos ons deur ons dae storm na fok weet waantoe, maar nie vir Dana nie.

En so reis die leser stil-stil saam met hom, terug in die verlede na 'n skyfievertoning, nader aan die hede tot 'n paar minute langs oom Ollie Viljoen se siekebed, vlugtig na Naauwhoek se werf, vele kroeë, na Khulubuse Zuma in Nkandla, blommeverkopers in Adderleystraat, na die Tankwa en weer terug in die verlede na 'n "ligte" Kersete.

En so met dié pad langs leer jy 'n bietjie meer van die mensdom deur die oë van iemand wat nie bang is om te stop, te kyk en te vra nie.
Displaying 1 - 5 of 5 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.