Tydens hul studentejare word drie Wilgenhoffers gewerf as agente vir die geheimsinnige “Diereriem”. ’n Tragedie verbind die drie onlosmaaklik aan mekaar. Die introvert Antonie Vermeulen, kodenaam Muskeljaatkat, moet al reisende ’n hoogs geheime, grillerige opdrag uitvoer. ’n Grootse literêre spioenasieverhaal, tragiese liefdesverhaal én biegroman.
Etienne Roché van Heerden grew up in a dual medium household. After matriculating he decided to join the navy, but since he is blind in the right eye, was not called up for combat duty. Instead he served as a dog handler, playing his alsatian at major festivals.
Van Heerden initially studied law, and was admitted to the South African Side Bar as attorney. He freelanced as deputy sheriff for the Civil Court, and moved about in the townships around Cape Town, dispensing civil summonses and learning a great deal about life in these suppressed communities. As a young practitioner, his clients were mostly from the black and coloured crime-ridden communities around Cape Town.
Van Heerden also lectured Legal Practice at the Peninsula Technikon and spent two years in advertising. At age thirty, with the birth of his eldest daughter, Van Heerden left the routine of a budding Cape Town advertising agency. He and his family relocated to northern Natal where he started out on his academic career in Literature at the University of Zululand. His PhD was a study on engagement and postmodernism.
During the eighties he was member of a group of Afrikaans writers secretly meeting the banned ANC of Mandela and exiled writers at the (now famous) Victoria Falls Writers’ Conference, held in Zimbabwe.
He regularly teaches at universities in Europe, and has been Writer in Residence at the University of Leiden in the Netherlands, and the University of Antwerp in Belgium. He was a member of the University of Iowa’s prestigious International Writing Program in 1990, and has been back on visits to this university, of which he is an Honorary Fellow in Writing. He regularly reads his fiction at events such as the Edinburgh Festival in Scotland, the Winter Nights Festival in the Hague, Netherlands, the Time of the Writer Festival in Berlin, Germany, the Zimbabwe Book Fair and other festivals and events internationally.
Van Heerden now teaches at the University of Cape Town, where he is the Hofmeyr Professor in the School of Languages and Literatures, and chairs the Afrikaans and Netherlandic Studies Section. He is also the brain behind the literary e-zine "LitNet".
Van Heerden is married to Kaia, a practising doctor, and lives in Stellenbosch. The couple has two daughters, Imke and Menán.
As ʼn leuen genoegsaam herhaal word, herken die liggaam dit nie meer as ʼn onwaarheid nie en ontbreek die stresrespons waarop ʼn poligraaftoetsing gebaseer is. Dis egter nie ‘n noodwendige gevolg dat die psige dit met dieselfde gemak sal aanvaar nie.
As student was Antonie Vermeulen nie uitstaande in enige noemenswaardige opsig nie. Heel anders as sy kamerade. Carl Goedhals, die “mooi man” (133) uit die Karoo, was met weinig moeite ‘n kampus-Cassanova. En Jannie Benade, die onortodokse entrepreneur en derde lid van die triptiek, se burgerskap van vele wêrelde en diverse inkomstestrome het hom, wat beide finansies en sofistikasie betref, ver bo die gemiddelde student geplaas.
Oppervlakkig beskou het hulle weinig in gemeen gehad. Diegene met die voordeel van binnekennis het wel geweet dat die Diereriem hulle saamgebind het. As informant-spioen-agente was hulle bekend as Muskeljaatkat, Kaal en Alfa. Minder bekend was die studentetragedie wat hulle lewenslank gekonnekteer sou hou, desnieteenstaande die verloop van tyd.
Antonie het ‘n reisagent geword “...met ‘n skamele kantoortjie in Brackenfell” (125) as operasionele hoofkwartier; getroud met Samantha, sy rooikop-Skot. Sy alter-ego, Muskeljaatkat, was die geheim wat soos ‘n jaloerse minnares plek tussen hulle ingeneem het. Die een ding waarvoor sy hom nooit kon vergewe nie; dieselfde ding waarvoor hy sy pa nooit vergewe het nie.
Vier jaar na Samantha se dood bevind Muskeljaatkat hom in Galata, Istanboel. “Hiperwaaksaam sit ek, bedag op klein veranderings daar oorkant, in daardie kamer.” (11) Dis waar die leser hom ontmoet. Hy stel homself voor in ‘n epistolêre skrywe; deurgaans in die tweede persoon in gesprek met die leser: “Na die relaas wonder jy seker wie ek is. Wel, my naam is Antonie Vermeulen.” (24)
As Muskeljaatkat is hy getaak met ‘n bisarre opdrag van Alfa, maar as Antonie, getrou aan sy melankoliese ingesteldheid, rou hy steeds oor sy Samantha; sy wat van die lewe se lyding en worsteling weggevlug het: “Ek is soms van gedagte, soos reeds gesê, dat sy wóú sterwe, dat sy teen lewe baklei het.” (29) Sy onvermoë om haar afwesigheid as ‘n werklikheid te aanvaar blyk uit sy gewoonte om steeds vir haar stemboodskappe te los en vir haar kerse te brand, maar ook vanuit sy eie woorde wat sy gebrokenheid van gees verklap: “Ek het my burgerskap van tyd verloor” (29); “Ek dra ‘n oop wond. Ek het heeltemal losgetorring” (59) en “...terwyl die nagloed van my vrou se uitvaart my wenkbroue ná vier jaar nog skroei.” (135)
Vergifnis en verraad – die aard daarvan en die gebrek daaraan – hang soos ‘n boggel aan sy rug. Eerstens natuurlik ten opsigte van Sam, “My vrou is oorlede. Sy’t my agtergelaat sonder om my te vergewe” (221), maar ook ten opsigte van sy pa: “Ek het anders na my pa gekyk en ‘n bitterheid het in my opgebou, algaande ‘n diep woede.” (202) Dit lei tot ‘n bykans obsessiewe meditasie op die Christusfiguur aan die kruis, en die skuld van die vader(s). Daarmee saam manifesteer ‘n groeiende oortuiging van onwaardigheid tot vergifnis; die kruis word ‘n galg en die Lam spook voortdurend by hom as herinnering waarvan hy nie kan ontvlug nie, verstrik in sy eie gewaande boosheid, identifiseerbaar deur die merk van die Dier.
“Liewe Samantha, ek word gestroop van als.” (392)
Sonder om in selfverontskuldiging te verval, word ook Alfa se twyfelagtige geloofwaardigheid en waarskynlike manipulasies onder die loep geneem; sy tweekoppige hond ‘n metafoor vir sy geneigdheid om as ‘n Janus te opereer. Belydenisse aangaande die enigmatiese Mei Hui en die aanklagte van sy eie gewete namate die testosteroon en adrenalien afneem, bepleit die begrip van die leser: “ Verstaan jy nou, leser? Gaan jy by my bly? Of gaan jy van my wegvlug?” (294)
Antonie se transaksionele kommunikasie met die leser vorm die raam van die roman wat naatloos genregrense kruis; kompartementele denke word oopgebreek tot ‘n geheelindruk wat politieke magspele teenoor individuele skuld, berou teenoor die afwesigheid van vergifnis, en misplaaste vertroue teenoor lojaliteit jukstaponeer. Aspekte van die reis-, liefdes- en spioenasieverhaal kombineer in ‘n literêre meesterstuk wat ook as ‘n biegroman deur middel van narratiewe terapie geklassifiseer kan word: “Ek is net ‘n holte, en dis dié holte wat ek nou met hierdie verhaal van my probeer vul. Asof my woorde, hier, vir jou, warm gips is, en wanneer dit stol, die vorm van my verlore lyf sal aanneem.” (409)
Dis, in wese, die verhaal van verstrengeling en die soektog na bevryding wat wêreld óór - Suid-Afrika, Zimbabwe, Portugal, Malta, Italië, Frankryk en Turkye – gesoek word en uiteindelik, minstens gedeeltelik, in ‘n gehawende stoel met ‘n “aaklige, blinkerige pers oortreksel” (13) gevind word.
Dit het my amper drie weke geneem om Diereriem te lees, en dit was doelbewus so. Ek was nie haastig nie. Ek wou die boek geniet, elke woord lees en uit elke gedeelte leer. Van Heerden gebruik ook heelwat woorde wat ek self nie ken nie, soos “prekêr”, en dit is deel van die genot: ‘n taal wat jou uitdaag en verryk.
Wat my veral opgeval het, is sy paragraafbou. Hy dwaal soms effens van die hoofspoor af, maar nooit lank nie, want ‘n paar sinne verder bring hy die storie sorgvuldig terug. Wat in ‘n paragraaf staan en waar dit staan, is nooit toevallig nie. Hier skryf ‘n meester en vakman wat presies weet wat hy doen, hoekom hy dit doen en hoe hy dit gaan doen. So bou hy sy roman van die eerste tot die laaste bladsy.
Die bladsye is dig. Daar is min wit ruimte, selfs waar daar dialoog is, en dit maak Diereriem ‘n taai, veeleisende lees. Maar lesers van Etienne van Heerden is dit gewoond. Hy is so ‘n groot skrywer en vakman dat ons die offer graag bring.
Ek het die uiteenlopende agtergronde geniet: Turkye, Zimbabwe, Malta en al die ander lande wat die hoofkarakter besoek. Dieselfde geld vir sy gesprekke met sy oorlede vrou Samantha, sy obsessie met Mei Hui, en sy wrewel en agterdog teenoor sy ou Stellenbosse maats, op wie hy nie meer staatmaak nie.
Diereriem is ‘n reuse bydrae tot die Afrikaanse letterkunde en bevestig weereens watter uitsonderlike skrywer ons in Etienne van Heerden het.