Lucas Niemand woon op Nova, 'n weermagdorp. Sy pa is 'n belangrike offisier in die Hok, soos die plaaslike Weermagkamp genoem word, en sy ma is 'n wetenskaplike daar. Hy het 'n irriterende jonger broer Gavin, en heelwat maats (seuns en meisies) van sy eie ouderdom. Sy selfoon, rekenaar en rekenaarspeletjies is belangrik; so ook die gewone, alledaagse avonture saam met sy vriende. Eendag is die avonture egter nie meer alledaags nie ...
Fanie Viljoen skryf sodat 'n mens nie kan ophou lees nie. Sy Nova-reeks brei 'n piepklein versameling Afrikaanse wetenskapfiksie uit. Die lekkerste omtrent NOVA: DIE BEGIN is dat daar nog vier boeke in die reeks is! Ek gaan hulle dadelik aantree ...
Fanie Viljoen is one of the most important writers of fiction for young readers in Afrikaans. This scifi series for young teens add to a very small group of works in this genre in the language. His story about Lucas Niemand, a boy living with his family in the army town called Nova, is exciting and convincing - and knowing that there are four more books in the set adds to the joy!