Wat my die meeste opval, is die geweldige hoeveelheid navorsing wat in hierdie boek moes ingegaan het. Daarvan getuig die uitgebreide verwysingslys, bibliografie en indeks agter in die boek.
Verder sal ek weer besef dat toegewyde ouers ongelukkig nie hulle kinders se geluk in hulle volwasse lewe kan waarborg nie. Die familie se verhaal is werklik baie hartseer. Mens wonder oor die spekulasie dat o.a. Vincent en Cor dalk aan 'n oorerflike kwaal kon gely het wat hulle keuses beinvloed het. Maar dis veral die suster Willemien se lot wat my aan die hart gegryp het.
As jy hou van geskiedenis en die verhale van gewone mense, lees dit. As jy opwindende of opbeurende leesstof soek, hou liewer verby.