Deon Meyer se Bottervisse in die jêm was só gewild dat dit keer op keer herdruk is. Hier is dié lekkerleesverhale nou in ’n splinternuwe, hersiene gedaante. Die ballade van Robbie de Wee en ander verhale sluit boonop vyf verhale in wat nog nooit voorheen gebundel is nie, onder meer die titelverhaal wat oorsprong gegee het aan die gelyknamige trefferfilm. In hierdie versameling ontlok elke storie ’n gevoel van deernis met die karakters, of ’n uitbundige skaterlag. Die romantiek, hoewel onkonvensioneel, is sterk aanwesig, en soos verwag kan word van Suid-Afrika se internasionaal gevierde misdaadskrywer bly spanning en intrige ook nie agterweë nie! Van eerste tot laaste verhaal krul die leser se tone van pure leesplesier.
Deon Meyer was born in the South African town of Paarl in the winelands of the Western Cape in 1958, and grew up in Klerksdorp, in the gold mining region of Northwest Province.
After military duty and studying at the Potchefstroom University, he joined Die Volksblad, a daily newspaper in Bloemfontein as a reporter. Since then, he has worked as press liaison, advertising copywriter, creative director, web manager, Internet strategist, and brand consultant.
Deon wrote his first book when he was 14 years old, and bribed and blackmailed his two brothers into reading it. They were not impressed (hey, everybody is a critic ...) Deon Meyer
Heeding their wisdom, he did not write fiction again until he was in his early thirties, when he started publishing short stories in South African magazines.
"I still believe that is the best way to learn the craft of writing. Short stories teach you a lot about story structure - and you have limited space to develop character and plot," says Deon.
In 1994 he published his first Afrikaans novel, which has not been translated, "simply because it was not good enough to compete on the international market. However, it was a wonderful learning experience".
All later novels have been translated into several languages, including English, French, German, Dutch, Italian, Spanish, Danish, Norwegian, Swedish, Russian, Finnish, Czech, Romanian, Slovakian and Bulgarian.
Deon lives in Melkbosstrand on the South African West Coast with his wife, Anita, and they have four children to keep them busy: Lida, Liam, Johan and Konstanz.
Other than his family, his big passions are motorcycling, music (he is a Mozart fanatic, but loves rock 'n roll too), reading, cooking and rugby (he unconditionally supports the national Springbok team and the Free State Cheetahs provincial team).
Ek lees kortverhale gewoonlik net as ek tussen boeke is, vir vinnige afleiding. Meyer se boeke is beslis beter as sy kortverhale. Maar dis dalk net my opinie omdat ek nie juis 'n voorliefde vir kortverhale het nie. Die verhale in hierdie boek wat ek die meeste van gehou het, was die van Mbali, wat ek leer ken het uit sy boeke. 'n Skaflike bundel as jy iets soek om vinnig te lees.
Ek's n groot Deon Meyer aanhanger, van sy eerste boeke af. Daarom was ek teleurgesteld dat daar nie baie "nuwe" stories in die boek was nie. (Moes dalk die resensie vooraf gelees het...). Dit was egter heel genotlik om ou stories weer te lees, al weet jy halfpad deur wat gebeur teen die einde. Dink dis wat hom so goed maak, net die manier van vertel boei jou.