Misdaad en vergelding, soms ’n ontoereikende regstelsel, dit is Amalia se brood en botter want sy is ’n aanklaer. Tot sy op ’n dag tuiskom en iemand wat sy ken, haar daar inwag, met rampspoedige gevolge.
ek was nie mal oor die skryfstyl van die boek nie, maar dit is maar 'n persoonlike mening. miskien het dit te doen met die hoofkarakter, wat effens op my senuwees gewerk het. ek sal egter die opvolg lees en dan weer kom rapporteer.
wat ek wel van die boek gehou het, is die feit dat ek nie kon uitpluis wie die skuldige was nie, so ek gee die boek 'n halwe punt by vir dit.
(lees gerus my resensie oor 'heiliger' - dit was toe glad nie die skryfstyl wat my gepla het nie.)
Saliger is Dibi Breytenbach se debuutroman en dis 'n heerlike verrassing wat jou geboei hou van die die eerste bladsy tot op die laaste een. Met Saliger kry Dibi dit reg om jou te laat lag vir die fyn humor en terselfdertyd kan jy nie anders as om met walging te dink aan die laakbare dinge wat die mensdom aanvang nie. Die hoofkarakter, Amalia is ook 'n regte vrou met regte kwessies buiten vir haar werk wat swaar op haar gemoed rus en ook 'n vete het met 'n hoenderhaan. Hierdie was 'n ongelooflike lekkerlees wat ek nie wou neersit nie en vir krimi-aanhangers sal Dibi se aanslag soos 'n vars briesie wees.
Hierdie boek begin rustig, maar tel spoed op na die einde toe. Het dit baie geniet. 'n Paar kontroversiële kwessies word aangeraak sonder dat dit swaar leesstof word.