"Die shakes, sê ek. Ek sweet myself papnat in die nag. Ek sien goggas en goete. Die vlermuise - ek koes heeltyd koes of hulle vlieg in my vas. En oheretog! die springkane." Hy "Jy het een moerse verbeelding aan jou."
Soos haar karakters het Marlize Hobbs se verbeelding geen grense nie. 'n Jong, wit maatskaplike werker bevind haar in een van die mees verlate swart gemeenskappe in die land. Sy raak betrokke by 'n groep Tswanas en 'n boeiende verhaal met interessante karakters ontvou. Hierdie debuut werk word allerwee as besonder vernuwend beskou.
Wenner van die UJ-prys (Universiteit van Johannesburg) vir die beste debuutwerk 2005. Wenner van die Eugene Marais Prys vir die beste debuutwerk 2005. Wenner van die Jan Rabie Rapport Prys vir innoverende Afrikaanse skryfwerk 2006.
Marlize Hobbs is die skrywer van Flarde, Score my n Gwai, Suitcase vol sterre (digbundel) en As sy weer kom met verskeie publikasies in kortverhaalbundels.
Awards Wenner van die UJ-prys (Universiteit van Johannesburg) vir die beste debuutwerk 2005. Wenner van die Eugène Marais-Prys vir die beste debuutwerk 2005. Wenner van die Jan Rabie/Rapport-Prys vir innoverende Afrikaanse skryfwerk 2006.
In hierdie bekroonde novelle vertel Marlize Hobbs 'n verhaal uit haar eie ervaring: van 'n maatskaplike werker wat in 'n plattelandse gebied begin werk. Sy het te kampe met ingewikkelde probleme in die gemeenskap, gebrekkige infrastruktuur en persoonlike probleme (soos eensaamheid en epilepsie).
Die verhaal word deur verskillende vertellers in afwisselende hoofstukke vertel. Die meeste vertellers is kliënte van die maatskaplike werker. Die vraag duik op of dit aanvaarbaar is om swart karakters se vorm van Afrikaans neer te skryf: moet 'n skrywer hulle nie Standaardafrikaans laat praat nie? Maar dit sal ook vals wees en die taal en die letterkunde van 'n besondere variant ontneem. Die taal is ook nooit van so 'n aard dat dit die leser vervreem nie.
Die sosiale probleme waarby die maatskaplike werker betrokke raak, het meestal te doen met die ingewikkelde familieverhoudings van die groep mense wie se verhaal hier vertel word. Hulle kulturele sienings is vir die maatskaplike werker vreemd, wat die hantering van die kwessies meer ingewikkeld maak.
Die leser kry 'n besondere insig in die sienings en probleme van 'n gemeenskap en 'n sosio-ekonomiese groep wat baie van ons nie ken nie. Die verhaal is veral om daardie rede verrykend. Die selfversekerde manier waarop die karakters stem gegee word, versterk ook die novelle as geheel. Dit is beslis enige ernstige leser se leestyd werd.
Hobbs tells a story with many autobiographical details: about a social worker in a rural context, having to cope with cultural practices and social views she does not know, isolation, epilepsy and a less than ideal infrastructure. The confident way in which the author introduces different characters as narrators strengthens the novella - it is well worth the reading time, as well as the prizes it has been awarded.
moes net gisteraand hierdie boek klaar lees ... dit het my geboei, kon nie neersit nie - het tot na 12 uur gelees, en toe wraggies met 'n ander boek ook begin. :)
snaaks, ek weet hierdie boek is die boek wat die pryse gewen het, maar ek het meer van 'score my 'n gwai' gehou. maar wag - ons moet dalk nog wag vir moontlike pryse vir daai een.
wel, een ding wat ek weet is dat die skrywer uit haar siel skryf ... en ek is mal oor haar skryfstyl. dis 'n ontstellende boek hierdie - goed wat ek lees en daaroor dink en dan maar eerder uitblok, want dis te erg. maar goed om te lees ... lees dit gerus.