Jump to ratings and reviews
Rate this book
Rate this book
’n Dogtertjie uit die Oos-Pruisiese adel, ’n liefdelose ma, ’n pa wat omgee – wel, meestal. Só begin Hildegard se verhaal … In 1914, toe die donker wolke wat oor Europa saamgetrek het, uiteindelik in die Groot Oorlog uitbreek, leer Hildegard vir die eerste keer hoe lelik die lewe daar buite is, hoe afskuwelik oorlog, en wat ’n misleidende woord “oorlogshelde” is. Haar kinderlike verering van die Duitswester Gustav los op in die vlaktes van sy geliefde land waarheen hy terugkeer. Sy trou met ’n man – haar vader se keuse, as mens dit ’n keuse kan noem – wat min vreugde in haar lewe bring.

Teen die tyd wat die Tweede Wêreldoorlog ten einde loop, is sy intiem vertroud met die pyn van verlies en onderdrukking, armoede en hongersnood, en meer as ooit haat en verag sy oorlog. Maar dit is nie die einde van die reis nie. Dit besef sy eers toe sy en haar kind hulle weens omstandighede waarvan niemand sou kon droom nie, in Duitswes bevind.

Wat môre sal bring en waar sy en haar dogtertjie ’n heenkome sal vind, weet niemand. Soms weet sy nie of God haar nog hoor wanneer sy bid nie.

Hierdie lekkerleesroman wat strek oor die twee Wêreldoorloë en uiteindelik, via Suid-Afrika, in Namibië eindig beloof om Irma Joubert se lesers weer weg te voer na lande en tye wat nie aan ons bekend is nie. Soos altyd is die styl maklik, maar soos soveel keer te vore is, wys Joubert ook die donker kant van die mens.

Oorlog is verskriklik. Gelukkig is daar altyd hoop in al Irma Joubert se romans.

Immer wes is die eerste boek in haar nuwe trilogie. Al drie verhale het as kern die lyding van vroue en kinders. Joubert sê “dit maak nie saak wie die vyand is nie, die vergrype teen die mens is dieselfde. Sodra honger oorneem, word die mens soos ’n dier”.

538 pages, Paperback

First published September 1, 2015

Loading...
Loading...

About the author

Irma Joubert

30 books367 followers
Irma Joubert is gebore en getoë in die Bosveld (Nylstroom) en het aan UP studeer. Sy begin eers skryf toe sy einde 2004 aftree ná 35 jaar van onderwys. Sy publiseer verskeie artikels en kortverhale in tydskrifte en word in 2005 aangewys as Media24 se “Spesialis Joernalis van die Jaar”. Beide haar Tussen stasies-trilogie en haar Pontenilo-trilogie, asook die eerste boek van haar Oorlogstrilogie, naamlik Immer wes, is in Nederlands vertaal waar dit telkens onder die topverkopers tel. Vier van haar boeke is reeds in Duits vertaal en HarperCollins in Amerika het The girl from the train (Tussen stasies) in 2015 wêreldwyd bekend gestel.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
200 (38%)
4 stars
233 (44%)
3 stars
78 (14%)
2 stars
11 (2%)
1 star
3 (<1%)
Displaying 1 - 30 of 37 reviews
Profile Image for Julia.
573 reviews19 followers
November 6, 2019

ek het uitgestel om hierdie boek te lees, aangesien ek al so baie boeke in hierdie genre gelees het. ken follett is my gunsteling skrywer en volgens my is hy die beste skrywer in hierdie genre. my pa het my egter aangepor om dit te lees - nou is ek bly hy het.

ek sien uit na die opvolg.

#ekleeslapa
Profile Image for Bambi.
180 reviews1 follower
September 22, 2025
Waar begin ek? Hierdie is seker een van die mooiste, aangrypendste, diepste en eg menslike romantiese verhaal wat ek nog in 'n lang tyd gelees het. My vriendin het aangehou ek lees die storie van Irma Joubert, en ek is nie 'n oomblik spyt nie. Hierdie storie bevat soveel insiggewende oomblikke, feite rondom al twee oorloë wat ek nie van geweet het nie. Sommige geskiedkundige gebeurtenisse van Namibië (Suidwes- Afrika) wat ek totaal onbewus was van, en ek is in Namibië gebore!! Ek moet vir Irma Joubert komplimenteer vir al haar moeite en tyd wat sy ingesit het vir al die navorsing en naslaanwerk wat sy gedoen het, om hierdie meesterstuk te kan skryf. Sy is 'n ystervrou, en ek respekteer haar as 'n skrywer, en ek sal hierdie storie altyd aanbeveel. Nadat ek Immer Wes gelees het, het ek besef hoe gelukkig en bevoorreg ons is om nie in die twee oorloë tye groot te geword het, en te gesukkel het soos ons voorvaders nie.

Immer Wes gaan oor Hildegard, 'n gelowige dogtertjie uit die Duitse adelstand, wat groot geword het by 'n pa wat nooit weer wil arm wees nie, en 'n snobistiese ma wat geen liefde vir haar man of kind het nie. Sy het haar hart al vroeg verloor op Gustav, die mooi en vriendelike jong man wat Suid-Wes Afrika stories vertel en seëls met haar deel. Maar eendag is hy net weg, en sy het altyd aan hom gedink en wonder wat het van hom geword deur die jare. Sy het in haar tienerjare van vroeg af die lelike kant van die Eerstewêreldoorlog gesien en ervaar. Na die oorlog, is 'n huwelik vir haar gereël, en sy is getroud met 'n wewenaar, wat reeds twee seuns het. Tydens haar huwelik met Siegfried von Stein, het sy self 2 mooi seuns in die wêrled gebring, en ook heelwat later, 'n pragtige dogtertjie. Net na Esther se geboorte, neem die Tweedewêreldoorlog in volle swang, en sy ervaar weer hartseer en verdriet en vrees. Sy moet alles in haar vermoë doen om haar en haar baba veilig, lewend en gevoed te hou, terwyl haar man en seuns afwesig is en help met die oorlog. Weens omstandighede na die oorlog, vertrek sy saam met Andreas (haar tweede man, vennoot van Siegfried en ook 'n wewenaar) Suid Afrika toe, om van daar af Suid-Wes Afrika toe te gaan en as 'n sendelingsdokter te gaan werk. Maar weereens werk die planne nie so mooi uit nie, en sy beland alleen in Suid-Wes, ver in die Noorde. Sy aanvaar 'n pos as 'n huishoudster in Windhoek, en ontmoet weer haar eerste liefde, Gustav.

Ek moet net noem, dat die 25 000 duiwe wat tydens die 1936 olimpiese spele los gelaat is, en na 'n kanonskoot effens los magies gehad het, was baie lagwekkend gewees. Ek kon nie glo wat ek lees nie, en het toe self uitgevind dat dié insident waar is. Irma, jou navorsing is uitstekend, en ek het baie geleer uit Immer Wes. 'n Maklike 5-ster lees!

Where do I begin? This is probably the most beautiful, gripping, deep, romantic and heartfelt story I've read in a long while. My friend insisted I read this, and I'm not disappointed. Irma Joubert has turned this fiction story into a historical lecture regarding the two world wars, stories and facts I didn't know existed. She has even written accurate, historical events from my own country (Namibia) that I didn't off, and I was born here!!! I have to commend Irma on how well she did her research to write this masterpiece. This is a story I will always highly recommend. This story made me so grateful that I wasn't born during the first- and second World war, and that I was spared the cruelty and devastation what our forefathers had to go through.

Immer Wes is about Hildegard, a young girl full of faith that was born noble to a father that never wanted to be poor again, and a mother that is absolute loveless towards her husband and child. Hildegard lost her heart to Gustav, a young and handsome scholar, that loved to share his stories regarding his homeland South West Africa, and even shared postal stamps with her. But one day, he was gone, and she forever wondered where he is, and how he was doing. When she was a teenager, the Great War started, and she volunteered to help the hospital with the wounded soldiers. There she learned how ugly war can be. After the Great War, her father arranged her to be married to a widower, medical doctor Siegfried von Stein. He had two sons from his previous marriage and shared 3 more children with Hildegard. After the birth of her third child, World War 2 was in full swing, and she had to raise her daughter alone without any help from her sons and husband. They went off to war and left her to fight for the survival of herself and her baby. During this war, she endured a lot of devastation, not just physically, but emotionally as well. After the Second World War ended, she married Andreas, a friend of Siegfried, and they moved to Southern Africa. Something happens, and Hildegard along with her daughter, finds themselves alone in the northern part South West Africa (Namibia). Hildegard finds a job in Windhoek (capital of Namibia) as a housekeeper and meets Gustav again.

I have to mention, that during the 1936 Olympic event, 25 000 pigeons were released as a symbol of peace and were flying above the stadium. When the canon/s fired, you can imagine what happened to 25 000 frighted and confused pigeons? They had little accidents midair, and their accidents rained down upon the athletes and spectators. This is the funniest thing I've ever read, and it was unbelievable. I researched this, and it indeed happened. Why have I never heard of this? Irma Joubert, you have an amazing ability and talent to do remarkable research to ensure a masterpiece. I've learned a lot from this story. This is an easy 5-star read!

Profile Image for Madri.
212 reviews8 followers
January 2, 2016
Irma Joubert se boeke maak geskiedenis vir my lewend. Die verhaal speel af in Oos-Pruisië, Duitsland, Namibië en verken nie net die naoorlogse omstandighede (na die Groot Oorlog) nie, maar ook die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog en die impak daarvan op vrouens. Die liefdesverhaal maak die "grusaamhede van oorlog verteerbaar", om Irma aan te haal. Immer wes is 'n bewys van Irma se liefde vir stories en geskiedenis.
Profile Image for Marije.
559 reviews11 followers
August 2, 2025
2025: Dit verhaal blijft zo interessant, omdat je leert hoe het was voor iemand die beide oorlogen in Duitsland meemaakte. En natuurlijk Gustav.

2022: In de tijd dat ik dit boek las ben ik op de reserveringslijst voor deel 3 van de 12e naar de 6e plek gegaan. Als dat zo doorzet ligt deel 3 precies klaar als ik deel 2 uitheb #fingerscrossed
Profile Image for Lorraine Mathewson.
62 reviews1 follower
November 15, 2015
Wat 'n ongelooflike heerlike storie verweef met die geskiedenis van die 1ste sowel as 2de wereldoorlog. Die skrywer het haar navorsing deeglik gedoen. En tien uit tien vir 'n ongelooflike tere liefdesverhaal, wat meer as 32 jaar geneem het om tot volle wasdom te kom.
Profile Image for Laurie van der Zee.
94 reviews5 followers
January 18, 2026
Ik bleef lezen, maar was toch niet helemaal betrokken bij en overtuigd van de hoofdpersonage Hildegard. Het komt niet vaak voor, maar het trekt me niet om het tweede deel van deze serie op te pakken.
Profile Image for Magda Fourie Stegmann.
Author 2 books14 followers
July 15, 2019
Wat 'n pragtige storie. Immer wes lees maklik hoewel die tema nie noodwendig maklik is nie. Oorlog is nooit 'n maklike ding om oor te skryf nie want die ontberinge van onskuldige, weerlose mense aan beide kante van die geveg bly dieselfde.
Pragtige storie.
202 reviews4 followers
October 9, 2021
Weer een prachtig en ontroerend verhaal. Deze gaat zowel over de 1ste als 2de wereldoorlog. Dit is het 1ste verhaal van een trilogie. Zeker een aanrader als je graag over deze thema's leest!
Profile Image for Alma04.
184 reviews
August 21, 2021
Mooi geschreven boek. Knap hoe de schrijfster de wereld gescho heeft verweven in deze roman. Op naar deel 2 😊
Profile Image for Margriet.
161 reviews
June 15, 2024
Mooi boek over zowel eerste als tweede wereldoorlog waarbij geschiedenis goed is verweven met een mooi verhaal. Leest makkelijk weg
Profile Image for Nicolene Smith.
160 reviews3 followers
January 1, 2021
Ek was nog altyd gek oor geskiedenis. Nie net is dit interessant nie, dit gee jou ook 'n blik op hoekom sekere volke is soos hulle is.

Immer wes is 'n uitstekende geskiedenisles - die verskil tussen 'n klas uit skooldae en die boek, is jy voel die emosies en ervaar doe gebeure in die tydperk tussen die 1e en 2de wêreld oorloë en die lewe daarna... jy lees nie net feite nie.

Die realiteit is oorlog het nie 'n gelukkig einde nie - gee nie om hoeveel flieks en boeke oorlog probeer romantiseer nie. En 'n pluimpie vir Irma Joubert om dit ook nie te romantiseer nie.

Soms, net soms, moet mens die werklike seer en hartseer ervaar soos dit was... maar die son kom altyd môre op.
Profile Image for Els.
508 reviews
January 7, 2018
Een beetje kinderlijk geschreven en het sleurt je met grote stappen door twee wereldoorlogen. Toch is het een leuk verhaal en het leest snel weg. Het romantische stramien stoort mij wel door de voorspelbaarheid: man en vrouw leren elkaar kennen, verliezen elkaar uit het oog, treffen elkaar weer maar het wil nog niet lukken, ze hebben elkaar. Gelukkig draait het in dit boek niet alleen om de romantiek.
Profile Image for Alta Cloete.
Author 32 books49 followers
October 8, 2015
'n Omvangryke en aangrypende boek wat enigiemand wat dalk nog kon getwyfel het, finaal behoort te oortuig van die sinneloosheid van oorlog en die baie soorte verwoesting wat dit saai.
Gelukkig kan die grootste oorlog nie die liefde uitwis nie ...
Profile Image for Irene Van Staden.
13 reviews1 follower
August 4, 2017
So vlug ons alweer wes, vir ’n beter toekoms

Immer Wes deur Irma Joubert
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R280
Resensent: Irene van Staden

“Oos-Duitsland staan weerloos onder die hamer en sekel. Miljoene Duitsers vlug Wes.”

Irma Joubert, bekend vir haar historiese romans, skryf oor die historiese tydperk van 1905 – 1947 in haar roman Immer Wes (2015). Die roman speel af in Europa, maar verskuif dan soos baie van haar vorige romans na Afrika.

Die boekomslag is ’n beeld van ’n adel vrou. Geklee in ’n deftige pienk rok en veilig in ’n huis, terwyl daar elemente van die oorlog deur die venster gesien kan word. Die geweld van die buite wêreld dreig om haar veiligheid weg te neem. Hierdie vrees is sigbaar in die vrou se gesigsuitdrukking. Alhoewel die oorlog ’n dowwerige beeld in die venster is, suifer dit deur tot in haar veilige hawe soos familielede op die oorlogsvelde sneuwel.

Irma Joubert se roman, Immer Wes (2015), handel oor die lewensverhaal van Hilgard von Plözke, tydens die jare voor en na die Eerste en Tweede Wêreld Oorlog. Hildegard moes van kleins af vlug. Vlug van die oorlog, armoede en hongersnood. Eers as kind, toe sy en haar ouers uit Rusland gevlug het na hul veilige hawe in hulle groot huis in Köningsberg (Oos-Pruise). Na die Eerste Wêreld Oorlog vlug sy en haar pa na Berlyn as gevolg van die armoede waarin wat die oorlog hulle in agter gelaat het. Daarna vlug sy en haar kind nog verder wes, wanneer hulle ’n nuwe lewe begin in Duitswes na die 2de Wêreld Oorlog.

As kind het Hildegard gehinker na liefde en aanvaarding. Hierdie liefde het sy nie by haar ouers ontvang nie. Hildegard se ouers het dit belangriker geag om haar soos ’n hoë geleerde dama groot te maak, as om haar met liefde te koester. Hildegard se kinder dae is gevul met perdry, Geskiedenis -, dans- en klavierlesse. Haar klere is vir haar ontwerp volgens haar ouers se standaarde en as kind mag sy nie aan gesprekke van groot mense deelgeneem het nie. Verder is haar oppasser ook nie toegelaat om haar getroos in tye wat sy hartseer of bang was nie. Selfs in haar huwelik wat haar pa gereël het, is die hoof fokus nie gewees liefde nie, maar eerder oorlewing. Alhoewel sy lief geword het vir haar tweeded man, is die huwelik ook net vir praktiese doeleindes gewees.

Die karakter onder gaan groot karakter ontwikkeling. Sy groei van ’n kind wat nie van oorlog stories hou nie. Na iemand se vrou wat gaste onthaal en nie weet hoe om te kook nie en dan na ’n ma wat as ’n huishoudster ’n knorige Duitse oom in Duitswes versorg.

Anders as haar roman, Tussen Stasies (2010), die tweede boek van haar triologie, Ver wink die suiderkruis, vertel Joubert die verhaal van die Tweede Wêreld Oorlog vanuit ’n ander perspektief. In hierdie roman speel die verhaal af vanuit die perspektief van ’n Duitsevrou, wie se man en kinders deelvorm van Hitler se magte. Die roman skep moontlike redenasies waarom mense Hitler so sterk kon ondersteun het. Dit beeld ook uit die vrees van ‘n ma wat nie haar familielede vir volk en vaderland wil verloor nie.

Irma Joubert stel moruele vrae oor die oorloë. “Is alles die moeite werd?” Die mans en kinders wat soos pione op ’n skaakmat vorentoe geskuif word, terwyl die hoofkanonne veilig in hulle kantore skuil. Haar roman beklemtoon die toestand wat die oorloë stede, lande en mense in agter laat; gekrippeld, arm, uitgehonger, in puinhope en verwyderd van familie en vriende.

Daar is egter wel ’n element van ’n liefdesverhaal aan die einde van die roman. Irma Joubert moet vir die uiteensetting daarvan geprys word. Sy fokus op die begin van ’n moontlike liefdesverhouding en brei nie onnodig daaroor uit nie. Dit verhoed dat die roman se ontknoping te lank en afgesaag is. Anders as die liefdes verhaal tussen Gretl Schmidt en Jakob Kwolaski, neem Hildegard se liefdesverhaal ook ’n ouderwetse gevoel. Dit is gepas, aangesien die karakter,Hildegard, ’n ander ervaring met liefde en huwelike as Gretl het. Die liefdesverhaal is soos twee ou vriende wat na jare mekaar weer raak loop, geduldig en tevrede. Teenoor die opgewonde jong liefde in Tussen Stasies.

Weereens kry Irma Joubert dit reg om uit te beeld hoe mense se lewens deur geskiedkundige gebeurtenisse beïnvloed word. Puik!
Profile Image for Adele Vorster.
97 reviews8 followers
November 23, 2017
Immer wes is die eerste boek in 'n trilogie en kom uit die pen van gesoute skrywer, Irma Joubert, wat reeds bekendheid verwerf het met haar historiese romans. Die opvolg, Mentje - Kind van Pas-opkamp, het onlangs verskyn. Indien moontlik, lees eers Immer wes, maar dis nie noodsaaklik nie.

Ek moet eerlik wees: ek het nie gedink ek gaan Immer wes geniet nie; daar is deesdae 'n ooraanbod van historiese romans (in Afrikaans, sowel as in Engels). 'n Baie aangename verrassing het egter op my gewag en ek kan sonder skroom sê dat dit een van die beste boeke is wat ek vanjaar gelees het.

Die roman vertel die verhaal van Hildegard en neem die leser van die Eerste Wêreldoorlog dwarsdeur tot die Tweede Wêreldoorlog en daarna. Ons vlug saam met Hildegard van Sint Petersburg na Königsberg, van Berlyn na Düsseldorf en later na Duitswes in Afrika. En daar is die stem van Gustav wat haar immer bybly...

Die realiteit van oorlog word aangrypend uitgebeeld en die beskrywings gaan nog lank by my spook. Dit het my herinner aan boeke soos Birdsong deur Sebastian Faulks en The storyteller deur Jodi Picoult. Dit het gevoel of ek saam met die soldate in die stinkende hel van die loopgrawe is, saam met die verpleegsters die gewondes versorg, saam met die onskuldige vroue en kinders honger ly. ("Die ingeperktheid, die honger, die verlies van bekendes wanneer kinders nog nie eens van die dood moet weet nie." (Bl. 421))

Hildegard se pynlike verhaal en al die trauma wat sy deur die jare deurmaak gee 'n gesig aan die wrede realiteit van oorlog. Sal Hildegard ooit ware geluk kan vind?

Wat 'n meesterlike, ontroerende boek! Irma Joubert is wêreldklas.
Profile Image for Zanell.
6 reviews
May 19, 2026
Ek wou lankal iets van Irma Joubert lees. Mense praat meestal goed van haar, maar ek moet verskil.

Dit was moeilik om aan die skryfstyl gewoond te raak. Die gebruik van 'hoor' en 'haai' in die dialoog het die ritme daarvan gestrem. Ek weet nie of mense destyds so gepraat het nie, en of dit is omdat die karakter 'n kind was nie, maar ek kan eerlikwaar nie onthou dat selfs ons so as kinders gepraat het nie.

Ek kon maklik net eerste sinne lees van elke paragraaf om steeds die storie te volg. Party dele van die boek was erg uitgerek en vervelig. Eers hier teen die laaste kwart van die boek het dit bietjie spoed begin vang.

Die enigste rede hoekom ek tot die einde gelees het, is omdat ek 'n ewige romantikus is, en graag wou sien hoe Hildegard by die liefde van haar lewe uitkom.
Profile Image for Marlou.
160 reviews18 followers
December 21, 2022
Er gebeurd zoveel in zo weinig .. heb het gevoel of ze letterlijk alles in het verhaal wilde stoppen maar daarmee ook geen aandacht bestede aan sommige belangrijke gebeurtenissen waar Hildegard doorheen gaat. Soms wat langdradig, veelal lichtelijk voorspelbaar.
486 reviews5 followers
February 12, 2023
Eerste deel van de oorlogstrilogie. Hildegard is van Duitse adel, als jong meisje maakte ze WO1 mee en raakt haar familie alles kwijt. Tijdens WO2 woont ze in Berlijn, maakt ze de bombardementen mee en krijgt haar gezin rake klappen. Na de oorlog trekt ze dan naar Afrika.
Profile Image for Riaan van Wyk.
34 reviews
May 30, 2018
Beste

Irma Joubert is altyd die moeite werd om te lees. Daar is vele lesse van lewe tussen die fiksie ingeweef. So ook met Immer wes.
Profile Image for Chanel.
21 reviews
January 25, 2022
Het boek was van begin af aan best voorspelbaar. Het boek vond ik ook met fases wat langdradig maar het einde was goed!
Profile Image for &#x1f5a4;Carina&#x1f5a4;.
137 reviews3 followers
November 27, 2023
History and romance … my two favorite things. A journey only Irma can take you on. We thank God for your beautiful talent.
Displaying 1 - 30 of 37 reviews