Barrie Hough is in 1953 in Johannesburg gebore. Sy pa is oorlede toe hy nog net vyf jaar oud was.
Daarna het die familie Hillbrow toe getrek, waar hulle vir lank gebly het. Die boek "Droomwa" is 'n outobiografiese vertelling gegrond op die tydperk. Ook "My kat word herfs" - Barrie se eerste boek - is 'n outobiografiese vertelling. Die skrywer het werklik 'n spraakprobleem gehad en het gehakkel.
Hy het ook Siamese skoukatte geteel.
Van 1966 tot 1970 is Barrie op die Hoër Seunskool Helpmekaar. In sy matriekjaar debuteer hy, onder andere saam met Antjie Krog in "Drumpel", 'n bundel van skoliere se werke. Barrie het studeer
aan RAU en het in 1975 sy B.A.-Kommunikasiegraad behaal. In 1976 het hy sy Engels Honneursgraad en in 1980 sy M.A. in Engels met 'n verhandeling oor die dramaturg Athol Fugard behaal.
Barrie was van 1975 tot 1979 Afrikaans Onderwyser by Sint Barnabas College. Hy het in die tyd vryskutresensies vir die dagblad Beeld geskryf. In 1979 is hy as voltyds toneelresensent by Beeld aangestel en in 1984 wen hy die AA Vita-prys vir kunsjoernalistiek.
Barrie was sedert 1987 'n joernalis by Rapport. In 1999 is hy bevorder tot Kunsredakteur. Hy het fliek- en boekresensies behartig en het graag onderhoude gevoer.
Barrie was lief vir reis, diere, opera en skilderye. Hy het daarvan gehou om saam met vriende te kuier.
Sy gunsteling skrywers was D.H. Lawrence en Minette Walters. Sy gunsteling akteurs was Meryl Streep en Brad Pitt.
Barrie Hough neem sy eie lewe na 'n lang stryd teen depressie in Augustus 2004.
Sy dood laat 'n groot leemte in die Afrikaanse jeugliteratuur.
ek het vandag hierdie boek weer gelees. ek wens hy was langer maar in die selfde asem sal ek sê dat ek bly is dat die boek so kort is. vlerkdans het weer aan my hart gepluk. jy weet altyd wat gaan gebeur maar alles wat gebeur is nogsteeds hartseer.