Chanette Paul nooi jou uit om die wel en wee van die sewe mooi, maar wederstrewige Davelvroue saam met haar te volg en te geniet. Elkeen voer haar eie stryd, beleef op haar eie unieke manier die tydperk waarin sy leef en beland in een of ander konfliksituasie met die man wat sy liefkry.
Fleur
Sy’t die wynplaas – afgetakel en op sy knieë – en hy’t die kennis. En die enigste uitweg om die plaas te red is deur te trou. Al is dit liefdeloos.
Dis wat erfgename doen, glo Fleur. En ná vyf jaar op ’n wynplaas in Frankryk, is dit die enigste manier hoe Christiaan ’n wynplaas kan bekom.
Dis ’n sakevennootskap. ’n Kontrak. ’n Ooreenkoms op Fleur se voorwaardes.
Net, Christiaan het nie tred gehou met sy romantiese Davel-familie nie. So ver soos hulle gaan groet, wag die wittebroodkamers. Die een na die ander. En iets moet meegee. Blom. Hul lywe? Liefde? Maar daar’s Fleur se voorwaardes. En boonop Christiaan se eed.
Chanette Paul word rond en bont groot. Sy woon nege skole by, studeer aan vyf universiteite en het al in sewe provinsies gebly. Haar eerste verhaal waarvoor sy betaling ontvang het, is ‘n sprokie wat sy op sestienjarige ouderdom geskryf het en op Siembamba voorgelees is. Die tweede, ‘n kortverhaal, is in haar universiteitsjare in Huisgenoot gepubliseer. Eers twintig jaar later, in 1995, gee sy weer aandag aan haar skryfwerk. Sedertdien het ‘n verskeidenheid verhale en humoristiese artikels in tydskrifte verskyn asook in die omgewing van 50 boeke in verskillende genres.
Hierdie is dan die laaste van die Davel vroue en dis bitter onregverdig. Ek soek NOG! Hoe gaan mens ooit weet wat het van al die kinders en kleinkinders geword? Chanette Paul, ek dink een groot, baie dik boek, een finale familie sage, is nog nodig. Sodat mens ordentlik kan totsiens sê aan AL die Davels. Skryf dit. Pretty please!