Jump to ratings and reviews
Rate this book

Struisvoël

Rate this book
Op die plaas Vrede van die Blanckenbergs, langs die Gamkarivier in die Klein-Karoo, spoel drie kinders op 16 Desember 1880 soos opdrifsels uit twee verbondsriviere saam.
Drie struisvoëls wat in vloedwater voortdryf, langnekmaste sonder seil . . .
Klein-Sarel, wat bedags in die volstruiskamp namens sy ma vloek en sy pa tot toorn verwek.
Victoria, van geboorte af niemandskind op ’n ander se land.
En Marja, oud genoeg om te weet die hel kan enige tyd, enige plek wees.
’n Leeftyd later kan sy nog die presiese datum onthou. Dit was die dag nadat haar pa sy plaas afgeteken het. Die dag ná haar veertiende verjaarsdag. Die dag van die afloop van ’n vloed en die begin van ’n noodlottige nuwe verloop, soos wanneer strome in ’n groter poel saamvloei, ineenloop, ’n oomblik rus, en dan onstuitbaar aanstorm see toe.

’n Merkwaardige debuut wat teen die agtergrond van die opbloei en ineenstorting van Oudtshoorn se goue volstruisveer-era, enduit boei en verras.

308 pages, Kindle Edition

Published October 1, 2015

3 people are currently reading
7 people want to read

About the author

Johan Fourie

11 books2 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
3 (20%)
4 stars
8 (53%)
3 stars
4 (26%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 4 of 4 reviews
Profile Image for Julia.
568 reviews19 followers
February 7, 2017
sjoe - wat 'n boek. definitief die moeite werd om te lees.

die pragtigste woordgebruik ...
209 reviews4 followers
June 19, 2018
Teen die agtergrond van volstruisboerdery en begin van sistematiese apartheid moet mense `n lewe maak in die Hel, die afgeslote kloof in die Swartberge van Suid-Afrika. Dis 'n baie interessante omgewing en agtergrond, maar ongelukkig is die boek te lank. `n Kwart korter sou die boek aansienlik beter gemaak het.
Displaying 1 - 4 of 4 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.