Jump to ratings and reviews
Rate this book
Rate this book
Wie is Aengel Rousseau? En wie was die voormoeder by wie Aengel dagboeke, ʼn skulp, ’n seewatersteen en ’n verbod om haar hare te sny, geërf het?

Dis die vrae wat Aengel Kierangbaai toe lok. Want dis waar Angelique d’Avignon amper twee eeue gelede haar spore gelaat het en legendes van die visvrou ruig loop.

Geleidelik maak Aengel sin van die legendes oor Annie en die vloek wat sy oor die Niemands uitgespreek het. Die vier moorde wat op Kierangbaai gepleeg word, kan Aengel egter nie kleinkry nie. Ook nie haar gevoelens vir Roark of hoekom iemand dink sy kan Annie se vloek ophef nie.

Gys en Fortuintjie moet weer hul speurvernuf inspan en dit ry Gys se poging om vir oulaas Gertjie se hart te wen, sleg in die wiele.

Dryfhout, die laaste boek in die Gys Niemand-reeks, word voorafgegaan deur Springgety, Fortuin, Boheem en Meetsnoer.

“In Dryfhout bereik liefde en spanning ’n hoogtepunt wat die leser enduit gevange hou. In een toneel word die leser diep ontroer, net om in die volgende deur heerlike humor vermaak te word. En oor alles hang die misterie van ’n vergane skip en die see se getye.”

440 pages, Kindle Edition

First published January 1, 2011

7 people are currently reading
60 people want to read

About the author

Chanette Paul

68 books145 followers
Chanette Paul word rond en bont groot. Sy woon nege skole by, studeer aan vyf universiteite en het al in sewe provinsies gebly. Haar eerste verhaal waarvoor sy betaling ontvang het, is ‘n sprokie wat sy op sestienjarige ouderdom geskryf het en op Siembamba voorgelees is. Die tweede, ‘n kortverhaal, is in haar universiteitsjare in Huisgenoot gepubliseer.
Eers twintig jaar later, in 1995, gee sy weer aandag aan haar skryfwerk. Sedertdien het ‘n verskeidenheid verhale en humoristiese artikels in tydskrifte verskyn asook in die omgewing van 50 boeke in verskillende genres.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
50 (54%)
4 stars
30 (32%)
3 stars
9 (9%)
2 stars
2 (2%)
1 star
1 (1%)
Displaying 1 - 14 of 14 reviews
Profile Image for Karin Behrens.
65 reviews7 followers
July 1, 2017
#Dryfhout - Chanette Paul

#kanniedieboekneersitnie

As jy hou van boeke propvol kleurryke karakters, intrige, moorde en natuurlik liefde, is die vyfde en laaste boek in die Gys Niemand-reeks vir jou. Dryhout beskik oor al bogenoemde elemente en is ‘n heerlike lees. Die dialoog vloei vlot en daar is ‘n paar onvoorspelbare kinkels in die kabel.

Ek groet Gys, Fortuin, San en Gertjie en die mense van Kruisbaai met ‘n seer hart.

Dankie Chanette Paul vir ‘n heerlike boek.
Profile Image for Anne-Marie.
262 reviews25 followers
November 3, 2012
Wat 'n afsluiting! Maar ek gaan nog lank verlang na Gys, Fortuintjie, Gertjie en al die ander karakters van die 5 boeke. Chanette Paul MAG maar skryf!
Profile Image for Carolien.
1,107 reviews139 followers
June 12, 2018
Chanette sluit die Gys Niemand-reeks af met 'n uitstekende verhaal wat die visvrou legende tot finaliteit bring. Dis heerlik om van die karakters uit die ander boeke te herontmoet in hierdie storie. Uitstekend geskryf en onmoontlik om neer te sit.

Na Springgety dalk my gunsteling en ek gaan die karakters mis.
Profile Image for Laura Lombard.
1 review
January 17, 2021
Disappointed. So many spelling mistakes and plot is lost between all the who slept with who how many times.
Profile Image for Adele Vorster.
97 reviews8 followers
March 4, 2017
"Die onmoontlike neem net effens langer as die moontlike." (bl. 15)

Ons almal voel soms soos dryfhout wat deur die see meegesleur word en dan kan ons maar net hoop dat die gety ons uiteindelik weer veilig op die strand sal uitspoel...

Aengel Rouseau kom op Kierangbaai aan met die hoop op 'n nuwe begin. Sy is moeg vir haar mense en haar lewe, want sy is haar hele lewe lank al "'n dryfhout op die Rousseau see. Sonder eie koers en rigting volg sy hulle seestrome volgens die wette van adhesie en kohesie" (bl. 70).

Aengel het haar voormoeder, Angelique D' Avignon, se dagboeke by haar. Is daar enige waarheid oor die legende van Annie Niemand wat al vir generasies op Kierangbaai oorvertel word en het dit iets met hierdie dagboeke te doen? Het Annie werklik 'n vloek oor haar nasate uitgespreek? Is dit die rede vir al die ongeluk wat Kierangbaai en die omgewing se mense tref?

Net na Aengel se aankoms, word daar dan ook 'n reeks moorde op Kierangbaai gepleeg. Gys en Fortuintjie se speurvernuf word weer tot die uiterste getoets. En sal Gys en Gertjie uiteindelik by mekaar kan uitkom?

Die antwoorde op al hierdie vrae word mettertyd beantwoord en Dryfhout sluit die Gys Niemand-reeks op 'n hoogtepunt af. Al die los drade kom mooi bymekaar en die geheim oor Annie Niemand word uiteindelik opgelos.

Soos dryfhout in die see, het hierdie boek my meegesleur. Ek kon nie genoeg kry daarvan nie en my lig het deurnag gebrand.

Dis 'n uitmuntende afsluiting van die reeks. Mag Chanette Paul nooit ophou skryf nie!
Profile Image for Lelani.
102 reviews30 followers
June 20, 2017
Aengel beweeg onder die versmorende invloed van haar familie uit terwyl haar dogter 'n gap jaar in Frankryk beleef. Saam met Annie se dagboek leer ken sy nie net haarself nie, maar ook hierdie oergrootjie van haar en leer om vrede met haar verlede te maak.

Sy leer ook die inwoners van Kierangbaai ken, maar dan is daar twee moorde en Aengel se lewe is ook in gevaar.

Dryfhout is die laaste Gys-boek en 'n lekkerleesboek wat jou vasgenael hou tot op die laaste bladsy. Dis ook die Gysboek wat vir my emosioneel die meeste trefkrag gehad het. Die hele reeks, maar veral Dryfhout sal ek vir enigeen aanbeveel.
Profile Image for Riana Snyders.
53 reviews
February 7, 2013
Ek gan die mense van Kruisbaai en Niemandsdorp mis. Hoop daar is nog 'n reeks romantiese speurverhale wat kom :-)
101 reviews3 followers
December 21, 2016
Dryfhout by Chanette Paul is een van die Gys Niemand reeks boeke en die laaste van die reeks.
Ongelooflik...
Displaying 1 - 14 of 14 reviews