'n Reis deur die landskap van die lewe van gewone mense, wat ongewoon gemaak word deur 'n ongewone gebeurtenis in hul lewens, hetsy deur hulself veroorsaak of deur ander. Sommige verhale het my hart gebreek, ander het my bang koud gelaat. Die mens kan die beste en ook die wreedste wese wees. Uitstekende boek. Net die nabetragting en ontleding na elke afdeling, deur die skrywer en 'n sielkundige, was soms vir my steurend, maar dit was tog leersaam.