Smit het navorsing op Bolandse wynplase gedoen, en raai akteurs en regisseurs aan om dieselfde te doen om die spraak van die bruin karakters reg te kry. Veertig jaar na die skryf van die stuk is dit natuurlik nie meer nodig nie: dit is vandag ondenkbaar dat wit akteurs bruin rolle sal (moet) speel (weens die politiek van die dag).
Die strekking van die stuk - arbeidsverhoudinge op 'n Bolandse wynplaas - fassineer, en met die groot stakings en oproer in die Wes-Kaap van enkele jare gelede is Smit se stuk steeds relevant, hoewel aspekte daarvan deur die tyd en die veranderde politieke situasie ingehaal is. Tog dink ek dit is belangrik om die stuk te lees, al mag 'n opvoering problematies wees, sodat dit binne die konteks van sy tyd gesien kan word. Waarin lê die humor van die stuk? Is die slotsom houdbaar / aanvaarbaar? Hoe het dinge verander? Vir jongmense wat nie die apartheidstyd beleef het nie, kan hierdie drama 'n plesierige en heerlik kontroversiële teks wees om oor daardie geskiedenis te praat - en te evalueer of dinge werklik soveel verander het.
Smit's look at labour relations on a wine farm in the Boland still rings true in certain aspects. In others, changing circumstances have made his apparent conclusions outdated. However, the play could be a fun and controversial way of introducing aspects of our history to young readers. It is important to see how this play irked people in its time, and how it serves as a mirror from the past to reflect our own present-day reality.