Jump to ratings and reviews
Rate this book

Slaafs

Rate this book
’n Dag in die lewe van drie speurders van die Khayelitsha-polisiestasie is nie paintball speel nie. Vra maar vir kaptein Nicci de Wee, “Ounooi” soos haar kollega Blackie haar noem. Haar priestervriendin Sally sal dit beaam en so ook Peters, wat skaars sy oë van Nicci kan afhou.

Want in Khayelitsha is die Jane Does volop: daardie vroueslagoffers wat so sonder naam op die staatspatoloog se outopsietafel beland. Maar waarom was daar vreemde vesels in die keel van ’n meisie wat aan ’n oordosis sterf en hoekom het sy en ’n tweede slagoffer dieselfde tatoeëermerk?

Weldra daal Nicci en haar kollegas af in die donker onderwêreld van
mensehandel, begelei deur die enigmatiese, en verleidelike, doktor Gigi Gerber, kenner op die gebied van slawesindikate. En heeltyd, in die agtergrond, staan al die kwesbare ontwortelde mense van die wêreld.

Die speurspan in Bettina Wyngaard se nuwe riller is mense van vlees en bloed wat diep voel, in intense verhoudinge tot mekaar staan, liefhet, verliese ly en die hart aangryp.

296 pages, Softcover

Published March 1, 2016

7 people are currently reading
26 people want to read

About the author

Bettina Wyngaard

10 books13 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
14 (24%)
4 stars
33 (57%)
3 stars
9 (15%)
2 stars
0 (0%)
1 star
1 (1%)
Displaying 1 - 6 of 6 reviews
Profile Image for De Wet.
279 reviews24 followers
January 26, 2019
As jy van die huidige arsenaal Afrikaanse misdaadskrywers se werk hou, moenie hierdie skrywer miskyk nie. Gawe karakters, vinnige pas en 'n lekker moeitelose lees.
Profile Image for Marnich.
87 reviews3 followers
March 29, 2019
Wow!
Dit was nou 'n lekker boek. Deon Meyer kan maar gaan slaap. Sien uit na nog vele meer...
Profile Image for Dirk Roets.
25 reviews
January 29, 2023
Die boek het bietjie stadig begin, so dit het my lank geneem om regtig lus te raak om dit verder te lees. Maar die tweede helfde was boeiend - het dit in een dag klaar gelees toe die storie eers interresant raak.
Profile Image for Salomé Kotzé.
227 reviews8 followers
April 28, 2021
Nie heeltemal wat ek verwag het nie, want wie se hoofkarakter is 'n gay speurder? Verfrissend om die minste te sê. Goeie storielyn
Displaying 1 - 6 of 6 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.