Anahita het as ’n Boesmanmeisie by haar ouma in die Kalahari grootgeword het, haar hoërskooljare in Kaapstad by haar Moslem-pa en Boesman-ma deurgebring het en uiteindelik ’n kliniese sielkundige geword het met die hulp van haar Duitse minnaar en latere man, Siegfried. Wanneer sy as sielkundige 'n vermeende moordenaar, Nimrod, moet behandel, begin sy besef sy moet uiteindelik kies wie sy werklik is en gaan sy op 'n fassinerende reis na die outentieke self.
'n Fassinerende narratief oor 'n sielkundige wat 'n aangeklaagde moet help om borgtog te kry. Die aangeklaagde vind dit egter moeilik om te praat oor wat gebeur het, en die sielkundige moet deur hierdie skanse breek. Die sielkundige Anahita het as Boesmanmeisie in die Kalahari grootgeword, later by haar Moslem-familie gewoon en is jonk getroud met 'n Duitser. In elke situasie het sy die mitologie en die stories geleer. Die aangeklaagde, Nimrod, daag haar verder uit deur te verwys na ander mitologieë, onder meer uit die Christelike en Egiptiese tradisies. Anahita moet - in dieselfde week waartydens sy Nimrod daagliks moet spreek - ook haar verhouding met haar Duitse eggenoot deurgrond en belangrike besluite neem oor haar toekoms. Die geskakeerdheid, die komplekse tydstruktuur en die boeiende karakters sorg vir 'n uitdagende dog bevredigende leeservaring.
Coetzer's narrative is a complex weaving of many different mythologies and their meaning for present-day life. I enjoyed the intertextual links between different mythical tales and their impact on the characters.