558 dae van hel. Twee siele verenig in liggaam en gees. Een almagtige God. Dit is die verhaal van Yolande en Pierre Korkie, wat deur Al Qaeda ontvoer is, soos vertel deur Yolande. Pierre het dit nie oorleef nie. In hierdie roerende verhaal herleef Yolande die paartjie se ontvoering en gewelddadige skeiding van hulle kinders en die lewe soos hulle dit geken het. In 558 DAE deel Yolande alles wat sy tydens hierdie afskuwelike tydperk ervaar het; van die oomblik wat hulle ontvoer is, haar vrylating en uiteindelik die mislukte reddingspoging om Pierre te bevry. Dit is ’n ware verhaal van ’n tipe liefde wat min paartjies ooit sal ervaar, van geloof wat sterker word deur lyding en van vergifnis wat kragtiger is as menslike grense. Dit is die storie van 558 DAE. 16 bladsye volkleur-foto’s uit Yolande se persoonlike album, inskrywings uit Pierre se joernaal terwyl hy in aanhouding was en ’n roerende laaste brief van Yolande aan Pierre is in die boek ingesluit.
I never write reviews on books after I have read them. (probably should. haha!) But I feel the need to write a review for this. This book is seriously life changing. I'm no crier. I don't like crying and I'm one to hide my emotions. But this book...I'm crying writing this review. Such a huge demonstration of love not only for God but in your marriage (or future marriage) and being faithful and trusting the Lord in your deepest despair. Yolande and Pierre lived in hell and still they clung to God and supported and loved eachother even when in separate countries. This is a book I will be recommending to everyone that I come across. I wish I could give this book a 10 star rating. How I hope and pray that I can live like these two wonderful, inspirational and dedicated people lived.
Ek vermoed dat geen leser onaangeraak sal wees deur hierdie verhaal nie. Dis in die eerste plek 'n ware verhaal oor twee mense, Pierre en Yolande Korkie, se ervarings/ontberings nadat hulle in Jemen deur terroriste ontvoer en as gyselaars aangehou word. Jy ken eintlik al die storie, dit was in die nuus en jy onthou van die hartseer einde. So waarom die boek lees as jy weet wat die uiteinde is? Omdat dit meer as net 'n storie is met 'n hartseer einde, dis 'n storie van stryd, liefde, vergifnis, ontbering, hoop en oorwinning. Dis 'n storie waarvan mens die einde anders sou wou skryf as dit fiksie was, maar uiteindelik is dit 'n ware verhaal waarvan die einde nie soos in sprokies is nie. En dalk net die besef dat ons stories nie altyd uitwerk soos ons wens of beplan nie. Vir my word die boek uiteindelik 'n verhaal van twee gelowige mense, wat gestroop word van letterlik alles in die lewe en dat al waaraan hulle kan vashou is God en hulle geloof in Hom. In die proses beleef en ervaar en leer hulle sulke diep lewenswaarhede en dit is vir my die kosbaarheid van hierdie boek. Ek noem graag 'n paar insidente/gebeure wat my veral diep geraak het. Aan die begin van hulle gyselaarskap word Pierre en Yolande aanvanklik vir 'n paar dae geskei. Dit is 'n geweldige krisis vir hulle en wanneer hulle 'n paar dae later weer verenig word is dit met groot dankbaarheid. Ten spyte van wat blyk 'n goeie en gesonde huweliksverhouding, ervaar hulle elkeen 'n diepe skuldgevoel teenoor mekaar vir kere in hulle huwelik wat hulle voel hulle mekaar nie goed behandel het nie. Dis asof in die proses om van alles gestroop te wees, die mens hom/haarself sien soos hy/sy werklik is en dit bring 'n diepe berou, 'n tipe katarsis. Id dit dalk o.a. die waarde van lyding, dat dit jou stroop van jouself en jou eie selfvoldaanheid? Wanneer jy niks meer het nie, kan jy jouself dalk sien soos God jou sien, sonder maskers, sonder voorgee? Die saamwees sou uitloop op 228 dae, in 'n klein, warm, donker, bedompige kamertjie met slegs 'n klein dun matrassie. Hierdie 228 dae sou alles van hulle eis om te oorleef. Om sonder kennis oor hulle kinders se welstand te wees, mergel hulle uit. Hulle gebruik die paar stukkies papier wat hulle het om soveel moontlik Bybelverse neer te skryf wat hulle kan onthou. Asook geestelike liedere. Dit word hulle lewenswyse, hou hulle in stand. Die waarde van God se Woord as geestelike voedsel word hier so duidelik illustreer. Hulle verhouding verdiep en hieruit leer mens wat ware liefde is. Liefde wat niks vra nie, net gee, die ander se behoeftes bo jou eie stel. Daar waar twee mense gestroop is van alles, sonder aansien of waarde meer, maar hulle dra mekaar, hou mekaar staande. Een voorbeeld hiervan wat my diep geraak het is dat Yolande besluit om Pierre by te staan in sy slaaploosheid snags. Waar slaap vir haar 'n welkome ontvlugting is verkies sy om wakker te wees in die nag as hy sukkel om te slaap om sodoende sy alleenheid te verlig. Op 'n stadium beleef sy weer 'n baie donker en depressiewe tyd. Pierre hanteer haar met die grootste liefde en deernis. Sy word een nag wakker en sien hom op sy knieë waar hy huil en pleit voor God vir haar. In sy optrede sien en ervaar sy die liefde van God in aksie. In dié donker tyd ervaar sy ook die afwesigheid van God asof Hy haar verlaat het. Dit is vir haar die ergste van alles wat sy kon beleef want in dit besef sy hoe verskriklik die hel moet wees want God is nie daar nie. Hulle leer van volharding in lyding, soos wat Jesus gekies het om vir ons te doen. Hulle leer dat wanneer jy van alles gestroop is en niks meer het nie, dan is God nog daar. Hulle leer van bid vir jou vyand, van vergifnis. Geeneen van hierdie is goedkoop lesse nie... Daar is tye wanneer mens hierdie boek lees wat jy amper dink, maar dit kan nie waar wees nie, geen mens verdien om so getoets te word nie. As dit fiksie was, dink ek, sou ek al die boek neergesit het en gedink het dit is te verregaande, glad nie meer geloofwaardig nie. Veral wanneer Yolande alleen vrygelaat word. Dis asof mens haar worsteling self beleef. Wat is beter, om by die kinders te wees en in die proses haar man alleen agter te laat of om agter te bly in Jemen? In wese het sy net een soort gyselaarskap verruil vir 'n ander. Hoe kon sy aangaan met haar lewe sonder hom, terwyl daar dreigemente was dat sy lewe beëindig gaan word sonder 'n verregaande losprys bedrag. Dit is amper ondenkbaar om te dink Pierre moes nog ongeveer 11 maande daarna alleen in aanhouding bly. Nou kon hulle nie meer hulle lyding deel nie, en tog duidende kilometers verwyder van mekaar, ervaar sy nogtans 'n eenheid, iets wat hulle saambind. Ek wonder of die ergste lyding nie die onsekerheid was nie. Aanvanklik om nie te weet waar jou kinders is en of hulle OK is nie. Om nie te weet wat die dag van more inhou nie, om nie te weet of jou gesin ooit weer herenig gaan wees nie. Om later nie te weet hoe dit met jou man gaan nie, dit nadat jy hom moes agterlaat in 'n swak fisiese toestand. Nie te weet of jy hom ooit weer sal sien nie. Daardie onsekerheid wat jou op jou knieë hou, absoluut niks om aan vas te hou anders as aan God nie, soos 'n drenkeling op die oop see. Die boek eindig nie soos 'n voel-goed roman of fliek nie, inteendeel jy lees hierdie boek met 'n knop op jou maag want jy weet wat voorlê. Jy beleef saam met Yolande hoe sy hoop terwyl jy reeds weet wat vir haar voorlê, dat sy ongeveer een jaar na haar vrylating haar man terug sou ontvang, maar in 'n doodskis. En tog eindig dit nie regtig hier nie. Dis nie die heel laaste sin in die boek nie. Die laaste deel van die boek is 'n loflief aan God. Om 'n loflied te kan sing aan die einde van so 'n reis, spreek van egte geloof, gelouterde geloof.
Words could never express how I feel having finished this book, nor how I felt whilst reading it. What an incredible testimony. What an amazingly inspirational text. Inspirational for marriage, and for our walk with Jesus. Unbelievable. Inconceivable. How wondrous is our God.
Ek het my oë uitgehuil en soveel waarhede teëgekom. Weereens besef al het ek deur my eie "hel" gegaan in daardie tyd, hoeveel ek steeds gehad het (en steeds het, natuurlik) om voor dankbaar te wees.
Life changing. I finished it a couple of minutes ago, but this story will stay with me for ever. It’s a gut wrenching read, but brings promise and peace that God is exactly who He says He is.
I cried throughout reading this book. I cried when I wasn't reading it just thinking about it. Not just a few random tears but sobbing tears. Gripping, agonizing, heart wrenching . Incredible words about the power of the Spirit of the Living God in the darkest, most , unpenatratable places. Safe at home I read this book yet I could feel the nightmare as if I was inches away from being inside it. I cried for Yolande. I cried for Pierre and despite the outcome I recognized God's care and that all things do work out for good for those whom love Him.
I don’t think I’ve ever read anything quite like it. It was interesting, heartbreaking and heart-warming all in one - an epic story of love and faith amidst despair and suffering. This book has profoundly impacted me. The love story of Yolande and Pierre is something that will stay with you. I heartily recommend it.
Nie 'n groot aanhanger van Maretha Maartens se skryf styl nie MAAR wat a ongelooflike boek. Dit laat mens maar net weer stil word en besef hoe nietig ons is. Ek "salute" Yolandie en Pierre.wat a voorbeeld.
Hierdie het my dieper as diep geraak. As buitestaander skud ek my kop. Hoe op dese aarde oorleef mens se gees al hierdie? As Christen weet ek... as mens in die ding is saam met jou Vader, is enigiets moontlik. Maar sjoe...
I followed her plight from the time Yolande and Pierrie were kidnapped and obviously i wanted so badly to find out what actually happened in that dark place. a sad sad story but the Hand of God is long and i guess Yolande is strong. Very sad ending but i guess at that time when suffering was overwhelming, her prayer that God relieves Pierrie from this suffering, God heard and answered. Very strange what human beings can do to other humans
Nie my koppie tee nie - Oordrewe metafore en hoogheilig, foutlose mense... Nogtans 'n baie goeie boek oor iets wat ek genadiglik nooit sal deurgaan nie.
Die mooiste verhouding, tussen man en vrou met God as die kern, wat ek al gelees het. Daar is nie woorde wat ek aan kan dink wat die liefde kan beskryf, wat ek ervaar het gedurende die lees van die boek nie.