Jump to ratings and reviews
Rate this book

Moordlys

Rate this book
Sedert Suid-Afrika se politieke omwentelinge vanaf 1989 word daar van Nasionale Intelligensie se vertroulike lêers uit die vorige bedeling vernietig. Terselfdertyd kom ses Duitsers onder geheimsinnige omstandighede in Suid-Afrika aan. Natuurlik kry almal ’n nuwe identiteit, Afrikaanse name, ’n nuwe lewe. Nie almal wat met hierdie sake gemoeid was, het skoon rekords nie.

’n Man soos Vic Nel is byvoorbeeld tot veel meer in staat as wat dit lyk, noudat hy ’n hardewareverkoopsman is wat laag lê sover hy kan. Alles werk, tot ’n reeksmoordenaar vaardig raak en Vic se foto by die moordtoneel staangemaak word. Dit terwyl Vic nie ’n benul het hoe hy en die onbekende slagoffers se lewe vervleg kan wees nie. En as dit uit die verlede dateer, is dit ook so dat niemand sedert 1989 so jonk gebly dat hulle nog geredelik herkenbaar sal wees nie.

Ná ’n besoek aan ’n befoeterde ou man in ’n aftreeoord tel hy wel ’n spoor op, maar hy word vriendelik vermaan om weg te stap, want die verlede is verby en niemand kan iets daaraan verander nie. Maar wegstap kom nie vir Vic maklik nie.

304 pages, Paperback

Published May 31, 2016

1 person is currently reading
19 people want to read

About the author

Henk Breytenbach

4 books8 followers
Henk het B.Sc. in Rekenaarwetenskap. Hy werk en woon in Hartebeespoortdam. Hy word veral geboei deur die wel en wee van voormalige agente van die formele intelligensie-agentskappe, die ou apartheidspioene, en wonder dikwels wat van hulle geword het. Dit is rype grond vir spekulatiewe fiksie en die resultaat is sy eerste spanningsroman.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
11 (31%)
4 stars
19 (54%)
3 stars
4 (11%)
2 stars
0 (0%)
1 star
1 (2%)
Displaying 1 - 6 of 6 reviews
Profile Image for Marie-Antoinette.
245 reviews
February 13, 2018
Die roman skop af met ’n moordtoneel wat die leser onmiddellik nuuskierig laat. Een van die kenmerke van ’n suksesvolle misdaadroman is immers dat ’n lyk in die eerste paar bladsye opduik. Breytenbach het hierdie wenresep doelgerig gevolg. Die leser maak kennis met die moordenaar genaamd Felix. Felix se motief agter die verskeie moorde wat in die roman gepleeg word, bly egter onduidelik tot en met die slot wanneer die sluier gelig word. Maar is dit Felix wat die moorde pleeg? Of skuil daar meer agter hierdie geheimsinnige individu?

Vic Nel bevind homself midde in ’n drama by die werk. Hy word oornag ’n internetsensasie wat dreig om sy geheime verlede aan die klok te hang. Sy foto verskyn boonop op verskeie moordtonele en daadwerklike optrede is nodig om sy identiteit te beskerm. Die vraag is egter hoe hy dit gaan vermag.

Sedert Suid-Afrika se politieke omwentelinge vanaf 1989 word daar van Nasionale Intelligensie se vertroulike lêers uit die vorige bedeling vernietig. Terselfdertyd kom ses Duitsers onder geheimsinnige omstandighede in Suid-Afrika aan. Natuurlik kry almal ’n nuwe identiteit, Afrikaanse name, ’n nuwe lewe. Nie almal wat met hierdie sake gemoeid was, het skoon rekords nie.

’n Man soos Vic Nel is byvoorbeeld tot veel meer in staat as wat dit lyk, noudat hy ’n hardewareverkoopsman is wat laag lê sover hy kan. Alles werk, tot ’n reeksmoordenaar vaardig raak en Vic se foto by die moordtoneel staangemaak word. Dit terwyl Vic nie ’n benul het hoe hy en die onbekende slagoffers se lewe vervleg kan wees nie. En as dit uit die verlede dateer, is dit ook so dat niemand sedert 1989 so jonk gebly dat hulle nog geredelik herkenbaar sal wees nie.

Ná ’n besoek aan ’n befoeterde ou man in ’n aftreeoord tel hy wel ’n spoor op, maar hy word vriendelik vermaan om weg te stap, want die verlede is verby en niemand kan iets daaraan verander nie. Maar wegstap kom nie vir Vic maklik nie.Sedert Suid-Afrika se politieke omwenteling

Moordlys opper talle vrae wat verband hou met die werk van agente wat in die voormalige Nasionale Intelligensie-agentskap gedien het. Die val van die Berlynse muur in November 1989 het gelei tot drastiese politieke omwentelinge reg oor die wêreld. Met die beëindiging van kommunisme in die voormalige Sowjetunie het talle politieke veranderinge ook in Suid-Afrika plaasgevind wat tot die eerste nierassige demokratiese verkiesing in 1994 gelei het. Breytenbach fokus in die roman hoofsaaklik op diegene wat agter die skerms geheime opdragte vir die apartheidsregering uitgevoer het. Die Waarheids- en Versoeningskommissie en die rol van amnestie vir politieke misdade kom ook aan die bod. Die vraag rondom kollektiewe skuld word sodoende geopper. Wie moet vir die voormalige regering se misdade blameer word? Die regeringslui of die individu wat bloot instruksies gevolg het?

Tesame met die joernalis Linda word die leser op ’n speurtog van Pretoria tot in Kaapstad geneem. Met die lyke wat begin opstapel en Vic se geheime verlede wat enige oomblik openbaar kan word, word daar ’n verbete stryd gevoer om die moordenaar op te spoor. Vic en Linda se omswerwinge lei tot allerlei interessante kinkels in die kabel. En alhoewel Patricia die liefde van Vic se lewe is, probeer die wulpse Linda haar allerbeste om Vic te verlei. (Of sy daarin slaag, sal die leser maar self moet uitvind …) Wat is ’n misdaadroman as daar nie ’n paar stomende liefdestonele is nie?

Moordlys as spanningsroman is ’n welkome byvoeging tot die genre. Breytenbach bou hiermee voort op die sukses van sy debuutroman. Hierdie roman is sonder twyfel een van daardie wat jou deurnag aan die lees gaan hou.
Profile Image for Ilze.
642 reviews29 followers
January 10, 2026
As daar een ding is wat Vic Nel regkry, dan is dit om sy naam uit te leef: Oorwinnaar - op soveel vlakke hy kom amper té perfek voor. Gelukkig taan daardie perfektheid teen die einde van die boek effe wanneer sy vriendin, Patricia, ontvoer word.
Die verhaal is spannend en oortuig: Nel het dekades voor die gebeure waaroor ons lees 'n groepie Duitsers gehelp om uit Oos-Duitsland te vlug voor die val van die muur. Min het hy geweet hierdie klein daadjie gaan jare later by hom spook wanneer hierdie groepie een vir een doodgesteek word. Op 'n stadium kom 'n joernalis wat soos Anelia Heese maak, en probeer om Vic se verhaal uit te gee. Pleks hy toe reeds die rooi vlaggies raakgesien het.
As jy die dag 'n spanningsverhaal uit die boonste rakke wil lees, moenie aan dié ene verbybeweeg nie.
101 reviews3 followers
December 9, 2017
Moordlys deur Henk Breytenbach is 'n boeiende boek. Die skrywer se taalgebruik en beskrywings maak die situasie werklik in jou oë. As jy dit nog nie gelees het nie, is dit nou tyd.
7 reviews
August 20, 2019
Wie sou nou kon dink dat n ou man in n tehuis met een voet in die graf nogsteeds so korrup kan wees! Lekker spanningsverhaal!
Displaying 1 - 6 of 6 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.