Jump to ratings and reviews
Rate this book
Rate this book
Is Caz Colijn se pa Elia, die sagsinnige man wat voor haar geboorte koelbloedig vermoor is, of dra sy César, die moordenaar, se gene?
Dié kwellende vraag kan Caz eers probeer beantwoord as sy van die reusediamante in haar besit ontslae raak en só die Kongolese wat haar tot in Suid-Afrika gevolg het, van haar spoor af kry. Antwerpen kan die antwoord op hierdie missie wees, maar hoe kry sy die diamante daar? En as sy eers daar is, waarheen neem sy dit?
Kommissaris De Brabander is ʼn opsie tot Caz besef sy staan van voor af weer eerste op sy lys van verdagtes – dié keer vir die moord op een van haar agtervolgers.
Boonop daag Caz se eksman by haar op en dring aan om sy dogter te ontmoet. Caz besluit om die keuse aan Lilah oor te laat, maar toe dié uit België aankom, is sy nie die lieflike kind wat Caz ken en grootgemaak het nie.
Caz se probleme neem rampspoedige afmetings aan toe sy besef die offerlam sal die offerande moet word as sy Lilah van haarself en van die dood wil red.

507 pages, Paperback

Published October 1, 2016

59 people want to read

About the author

Chanette Paul

68 books141 followers
Chanette Paul word rond en bont groot. Sy woon nege skole by, studeer aan vyf universiteite en het al in sewe provinsies gebly. Haar eerste verhaal waarvoor sy betaling ontvang het, is ‘n sprokie wat sy op sestienjarige ouderdom geskryf het en op Siembamba voorgelees is. Die tweede, ‘n kortverhaal, is in haar universiteitsjare in Huisgenoot gepubliseer.
Eers twintig jaar later, in 1995, gee sy weer aandag aan haar skryfwerk. Sedertdien het ‘n verskeidenheid verhale en humoristiese artikels in tydskrifte verskyn asook in die omgewing van 50 boeke in verskillende genres.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
35 (39%)
4 stars
39 (44%)
3 stars
9 (10%)
2 stars
3 (3%)
1 star
2 (2%)
Displaying 1 - 10 of 10 reviews
Profile Image for Julia.
568 reviews19 followers
March 4, 2018
ahhhh, wat 'n lekker opvolg op 'offerlam'. ek is nog so effens in 'n 'reading slump', maar dit gaan al hoe beter. my pa het so aangegaan oor hoe goed hierdie twee boeke is. hy het sommer my pakkie wat by hulle huis afgelewer is, oopgemaak en chanette se boeke gegryp en gese hy gaan dit eers lees.

ek is bly hierdie boek was ook 'n lekker dik een - ek het heerlik gelees. die karakterbeskrywing van elke karakter is ongelooflik goed - ek kon hulle voor my sien. die storie was goed afgerond en dit was 'n bevredigende einde.
Profile Image for Cees Rhienen.
439 reviews13 followers
October 18, 2017
Waarheidsgetroue storie met spanning en kultuur

Oorspronkelijke titel: Offerande
ISBN: 9789401442268
Uitgeverij: Lannoo
Pagina’s: 498
Beoordeling: 4 sterren

Met Offerlam, het eerste deel van de Offer-tweeluik, kon de Zuid-Afrikaanse auteur Chanette Paul al direct een aantal nieuwe fans uit Vlaanderen en Nederland op haar fan-lijstje bijschrijven. Indrukwekkend was niet alleen het thrillerdeel maar zeker ook de geschilderde contrasten tussen de culturen van Zuid-Afrika en Vlaanderen. Met daarin verweven de vele vragen over de ‘echte’ roots van in Europa woonachtige voormalige Congolezen. En daar waar Offerlam stopte, kon de nieuwsgierig achtergebleven lezer naadloos instappen in Offerande, het afsluitende tweede deel.

Cassandra (Caz) Colijn, woonachtig in Overberg (DRC) en professor Luc De Reu, woonachtig in het West-Vlaamse Damme, hebben hun contacten niet laten verwateren. De Reu heeft zich voorgenomen om onderzoek te doen naar de biologische vader van Caz. De succesvolle dochter van Caz, Lilah, heeft inmiddels trouwplannen met Aubrey Ducheyne. Contacten tussen moeder en dochter verlopen moeizaam en de oorzaak daarvan is Aubrey die een dominante en ietwat merkwaardige rol speelt binnen hun relatie. Toch vertrekt Caz om meerdere redenen naar België waarvan het zeker stellen van de partij diamanten die ze in haar bezit heeft, er een is. Kort na haar aankomst blijken er meer mensen belangstelling voor Caz én haar diamanten te hebben en De Reu zorgt voor een tijdelijke oplossing. De zoektocht naar de biologische vader moet worden opgeschort als plotseling Lilah verdwenen lijkt te zijn…..

Het verhaal zoals in het eerste deel is opgezet, wordt naadloos voortgezet in dit tweede deel. De nog onopgeloste problemen zijn meeverhuisd en nemen hun plaats weer in voor het vervolg. Dat bestaat niet alleen uit het onderzoek waar commissaris De Brabander uit Gent druk mee is maar ook de vele vragen die de nazaten van in Afrika geboren mensen hebben. Een groot maatschappelijk probleem dat onder de aandacht komt is als blanke echtparen, donkere kinderen krijgen omdat een van de voorouders ook donker was. De eigen kinderen meenemen naar een blank gezelschap is not done en zonder het te weten vangt hier de eerste discriminatie al plaats. Paul weet dit probleem haarfijn op papier te zetten zonder daarbij een oordeel uit te spreken.
Daarnaast spelen ook politieke motieven nog steeds een rol want onderhuids sluimert nog steeds het ‘zwarte’ verzet (haat) tegen de ‘blanke’ overheersing die er ooit is geweest.

Groot respect ontstaat ook voor de wijze waarop de auteur zich, op papier, door België beweegt. Als was ze inwoner van dit ‘lage land’ komen alle locaties en verwijzingen zo natuurgetrouw over dat de lezer niet de indruk heeft een product te lezen van een Zuid-Afrikaanse auteur. Personages in beide landen spelen hun rol met verve en verdere verdieping vindt plaats als het iets toevoegt aan het totaal. En zo hoort het ook. Wat enigszins verwarrend werkt zijn de dubbele namen die aan een aantal mensen worden gegeven. Dat vraagt om extra aandacht om alles in het juiste perspectief te kunnen plaatsen. Samengevat is dit volledige verhaal (deel 1 494 pag. + deel 2 498 pag.) van bijna 1.000 pagina’s een waardevolle en ook nog spannende beschrijving van de gevolgen van een belangrijke periode uit de Belgische en Zuid-Afrikaanse geschiedenis. Een veelkleurige parel die glinstert en blinkt!

Eindoordeel: 4,0 sterren

Spanning: 3 sterren
Plot: 5 sterren
Leesplezier: 4 sterren
Schrijfstijl: 4 sterren
Originaliteit: 4 sterren
Psychologie: 4 sterren
Profile Image for Marisca Harris.
34 reviews5 followers
December 23, 2016
En so skuif ek met totale bevrediging (en ‘n wesenlike dosis afguns) Offerande van Chanette Paul terug op die boekrak. Die bevrediging kom daarvan dat elke enkele los draad saamgevat is in ‘n netjiese knopie wat dit finaal afsluit. Afguns kom van een van die ingewikkeldste storielyne wat ek in ‘n lang tyd deurleef het; een wat ek twyfel ek ooit sal kan uitdink. Dis die afguns van ‘n wannabe. Dis ‘n kompliment toegevou in ‘n ietwat onvleiende jas.

Kyk, dit vat ‘n paar appeltjies om ‘n boek so groot soos Offerande van die rak af te lig en daelange trou daaraan te sweer. Maar toe daai eerste paar hoofstukke agter die rug is, begin my wyn-en-ys verwater soos ek vergeet om te teug, want ek is hier in die Overberg en daar in Gent en Antwerpen, en dan kniediep in ‘n visdam...als die nkísi se skuld.

Caz is ‘n ystervrou. Lilah (wat ek vir duistere redes in my kop in Afrikaans uitspreek as ‘Liela’) is ‘n dogter soos min. Hulle verstandhouding is benydenswaardig maar geloofwaardig – ekself lewe lekker naby aan my ma – en ek het my ingeleef in hulle gesprekke en gedoentes. Dis lekker dat Caz nie ‘n oumatjie is nie. Dis lekker dat Lilah swart is en veeltalig ook nog. Dis lekker dat hulle nie patete is nie. Die dialoog glip ongesiens verby, want die woorde klink eg. Lillo klink koud.

Die toeval is elke keer georkestreer.

Waar Chanette aan die vermoë kom om hierdie ingewikkelde karakters, intrige en detail te laat vlot sal g’n mens weet nie. Maar ek geniet die afguns wat ek het, want dit sê vir my ek het hier te doen met ‘n meesterskrywer. Een wat my laat wens ek kon... Ai. Wat ‘n heerlike lees. Wat ‘n vreugde om te weet daar’s nog van haar wat wag op die rak en daar’s ‘n paar dae vakansie in sig.
Profile Image for Amanda.
1,160 reviews
June 16, 2017
Met Offerlam vars in die geheue, kon ek moeiteloos die drade optel en terugglip in die wêreld van Caz Colijn, Lilah en Luc. Die storielyn het egter nie bloot voortgegaan nie, dit het veel wyer en dieper geword met die toerede van nuwe karakters en nuwe sub-storielyne, onder andere die aktuele kwessie van renosterstroping.

Caz... Hardkoppig, impulsief, onversetlik, onverskrokke lief vir haar kind. Luc... Die onwaarskynlike held na sy eie oordeel, styg uit bo sy vooroordele en onsekerhede, beweeg buite sy gemaksone en word so 'n waardige rolspeler. Die magdom karakters word effektief uitgebou na gelang van hulle bydrae tot die komplekse storielyn. Die wit-swart konflik in Afrika, wat oorspoel na ander kontinente, rassevermenging, homoseksualiteit, hebsug, wraak, bedrog, molestering; noem maar op en vind dit tussen die blaaie van hierdie boek.

Met sowat twintig persent om te lees, het ek begin wonder hoe Chanette Paul vir Caz uit die toenemende moeilikheid uitgeskryf gaan kry. Sy het egter nie teleurgestel nie. Ek het selfs die outeursnota van harte geniet, en deel die skrywer se dank aan ander partye wat n aandeel gehad het in die afronding van hierdie trefferverhaal.
Profile Image for Maja the Bookworm.
65 reviews
October 30, 2016
Dis hier! Die boek waarvoor Chanette Paul se lesers in spanning gewag het. In die tweede helfte van Caz Colijn se storie word al die vrae waarmee Offerlam ons gelos het beantwoord.
Die vervloekte, geheimsinnig nkísi het weer by Caz beland. Terwyl sy haar bes doen om daarvan ontslae te raak, probeer Luc DeReu om die raaisel van wie Caz se pa is op te los. Maar gou kom Caz agter dat dit is nie meer net haar lewe is wat bedreig word nie… Hoeveel sal sy vir haar dogter, Lilah, se veiligheid moet opoffer?
Chanette Paul het in die Offer-tweeluik ‘n plot vol interessante elemente saamgeweef. Daar’s intrige, ‘n sterk vrou as die hoofkarakter en selfs ‘n tikkie romanse.
Profile Image for Anne-Marie.
261 reviews25 followers
December 6, 2016
'n Kragtoer! My lewe gaan leeg wees sonder Luc en Caz en Lilah :'(
101 reviews3 followers
December 21, 2016
Offerande is deel 2 van die reeks. #Offerande #LAPA Uitgewers
'n Ma sal enige iets doen vir haar kind. Dit beleef jy in die boek.
Baie lekker boeiende boek om te lees.
Profile Image for Lesley.
65 reviews
March 3, 2025
I enjoyed this 2 part book series. Mostly involves diamond smuggling from the Belgium Congo from 1961 to current...
Profile Image for Marnich.
87 reviews3 followers
March 30, 2017
Baie geniet.
Net die dele uit DRC wat ek nie lekker kon volg nie. Tot en met die einde van die boek weet ek nou nog nie wie is wie in die Kongo nie
Displaying 1 - 10 of 10 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.