Jump to ratings and reviews
Rate this book

Slinger-slinger

Rate this book
Stephan en Derek is op die swaar pad tussen graad elf en matriek. Hulle gaan soos elke Desember-vakansie see toe — maar vanjaar is alles anders.

Stephan ontmoet vir Lisa. Sy is nice, maar hoe beter hy haar leer ken — op meer as een gebied — hoe duideliker raak dit dat daar iewers groot fout is. Hoekom is sy so bang vir haar pa? En wat presies is Derek se storie met haar?

Stephan se seksuele fantasiee, aangewakker deur die lees van erotiese boeke, blou video's en wilde verbeeldingsvlugte, word werklikheid wanneer hy Lisa ontmoet. Sy weet nie hoe om mans van haar te laat hou anders as om haar liggaam aan te bied nie. Met Stephan voel sy egter vir die eerste keer dat hy ook vir haar as mens omgee.

Slinger-slinger is 'n boek wat kontroversiële sake aanroer sonder omhaal van woorde. Die karakters is nie die oningeligte seuns en dogters van twintig of selfs tien jaar gelede nie — baie hedendaagse tieners sal hulleself hier herken.

98 pages, Paperback

Published July 1, 1997

1 person is currently reading
14 people want to read

About the author

François Bloemhof

96 books22 followers
François Bloemhof is in die 1960's in die Paarl gebore. Hy het in 1991 op die Suid-Afrikaanse literêre toneel verskyn as De Kat-pryswenner met sy debuutroman "Die nag het net een oog". Sy volgende drie boeke was almal op 'n manier spanningsverhale, voor moeilik klassifiseerbare tekste soos "Storieboek", "Hostis" en "Klipgooi".

Omdat jonger lesers van sy boeke gehou het, het hy ook spesifiek vir hulle begin skryf, met soveel sukses dat hy 'n ruk lank net daarop gekonsentreer het. Hy het gou 'n klomp ATKV-Veertjies ('n kompetisie waarin jong lesers self hul wenboeke aanwys) op sy rak gehad, asook pryse vir die tienermark, insluitend vir "Slinger-slinger" en "Nie vir kinders nie" (in Tafelberg en Sanlam se Jeuglektuurwedstryd) en "Stad aan die einde van die wêreld" (in die Maskew Miller Longman Literêre Kompetisie).

Nadat hy vyf jaar lank nie vir die volwasse mark iets gelewer het nie, het Bloemhof teruggekeer na die genre waarmee hy begin het met "Spinnerak", met Alma van der Pool as die heel eerste vrouespeurder in Afrikaanse fiksie. Sy maak weer so in "Jagseisoen" (2007).

Met verwysing na wat Alfred Hitchcock eenmaal gesê het, het Bloemhof al opgemerk: "Party mense skryf 'slices of life'. Ek het nog altyd 'slices of cake' verkies."

-----------------------------------------------------------------

François Bloemhof was born in the 1960s in Paarl. He made his debut on the South African literary scene in 1991 by winning the De Kat prize for his novel "Die nag het net een oog". His next three books were all thrillers of some sort, before he published largely unclassifiable works like "Storieboek", "Hostis" and "Klipgooi".

Because younger readers liked his books, he began to also write specifically for them, with such success that he became sidetracked for a while. He soon had a host of ATKV-Veertjies (a competition in which young readers select the winning books themselves) as well as prizes for the teenage market, including for "Slinger-slinger" and "Nie vir kinders nie" (in the Tafelberg/Sanlam Youth Literature Competition) and "Stad aan die einde van die wêreld" (in the Maskew Miller Longman Literary Competition).

After a five-year layoff from the adult fiction market, Bloemhof returned to the genre in which he started with "Spinnerak", featuring Alma van der Pool, the first ever female detective in Afrikaans fiction. She returned in "Jagseisoen" (2007).

With reference to a one-time comment by Alfred Hitchcock, Bloemhof has remarked: "Some people write slices of life. I've always preferred slices of cake."

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
5 (18%)
4 stars
6 (22%)
3 stars
12 (44%)
2 stars
4 (14%)
1 star
0 (0%)
No one has reviewed this book yet.

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.