Dit eindig nie by sigbare, bloedige geweld nie. Inteendeel. Die diep verborge boosheid wat die mens in hom omdra, slaan hom soos die spreekwoordelike voorhamer teen die kop toe die feite oral begin uitkruip en die ware skuldiges nie meer omgee dat Maarschalk dit weet nie – dit is nooit goeie nuus vir iemand wat gevange gehou word nie. En noudat sy tyd gekom het, wat van Nyx, sy wat toe so onbeplan meer as die kollegiale pad saam met hom geloop het tot hier? En die plaaseienaar se vrou, sy vir wie hy soveel agting gehad het? Meer, wat van die jong dokter wat so onverwags die enigste erfgenaam geword het?
Dit weet Maarschalk wel: Met ’n bose mens is dit byna soos met ’n krokodil; mens sien hom raak, maar te laat.
nouja, so moet 'n mens altyd iets kans gee. ek was nie mal oor die eerste boek in die reeks nie, en kon nie uitmaak of dit die skryfstyl was en of die een hoofkarakter my irriteer nie. dit was toe nie die skryfstyl nie, aangesien ek hierdie boek ongelooflik baie geniet het. dit vloei lekker en ek kon nie wag om in die aande die boek te gryp en te lees nie.
soos ek altyd se - hierdie genre is nie my gunsteling genre nie, maar ek hou daarvan om dit tussen die ander boeke wat ek lees te lees - so vir bietjie iets anders.
ek het glad nie die einde van hierdie boek verwag nie, en dit maak altyd dat ek 'n boek nog 'n ekstra ster gee. dit was 'n goeie storie wat 'n mens die heeltyd laat wonder het.
Ek gee hier boek 3 sterre vir die eenvoudige rede dat ek naderhand nie meer geweet het hoe om die woord "Jissis" mis te lees nie. Wat die verhaal egter betref, sou ek dit graag wou 5 sterre gee. En ek weet daar gaan nou 'n koor van protes opgaan, want alle lesers is nie gelowiges nie ensovoorts. Ek is nie een wat terugdeins vir vloekwoorde nie, maar my streep lê by die Here se naam. En as dit een of twee keer sou voorkom, sou ek ook nog net stilgebly het daaroor. Maar hier het dit werklik vir my te steurend geword en afbreuk gedoen aan die uitstekende verhaal. Ek KEN polisiemanne en prokureurs, 'n hele klomp van hulle. En nee, hulle praat nie almal so nie. Hulle bliksem en donner en fok, ja. Ek hou van hierdie skrywer se werk en hierdie was vir my teleurstellend.
Die titels van Dibi Breytenbach se boeke is vir my nogal enigmas. Daar is niks vredigheid in Vrediger nie. Dis 'n swaar en donker misdaadverhaal gevul met harde realiteite. Daar is min humor of asemskepkans soos prokureur Maarschalk by die ondersoek na twee moorde betrek word en feitlik niemand ongeskonde anderkant uitkom nie. Goeie, maar nie ligte leesstof nie.
Willem Maarschalk, 'n prokureur, word ontbied na die plaas waar een van sy grootste kliënte vermoor is tydens 'n vermoedelike plaasaanval en daar is heelwat verdagtes. Vrediger, die tweede boek uit Dibi se pen, deins nie terug om die swaarder kwesses van lewe in Suid-Afrika aan te pak nie en net soos Saliger word die storie nie oordonder daar deur nie. Daar word fyn gekyk na boosheid en hoe duister 'n ander se boek werklik is om te lees en dat dinge nie altyd is soos wat dit voorkom nie. Vrediger is 'n lekkerlees boek wat krimi-aanhangers gerus kan lees.
Didi Breytenbach slaag daarin om die kompleksiteit en emosie van plaasmoorde, grondhervormingseis en mense verhoudinge in 'n spanningsvolle verhaal te kombineer. Die detail van 'n landelike, klein dorpie omgewing en insiggewende sosiale kommentaar is uitstekend. My grootste bekommernis is dat daar net nog een boek oor is in die trilogie, want ek waardeer hulle geweldig.