Alles gaan oukei wees, het Decker gesê. Hy was verkeerd.
'n Wilde partytjie. 'n Gesteelde kar. 'n Jaagtog wat in chaos eindig. 'n Sak vol geld.
Trent se ouers is die naweek weg en los hom alleen by die huis. Ná 'n rowwe partytjienag saam met sy vriende wat met 'n wilde jaagtog en 'n motorongeluk eindig, word Trent met 'n moeilike besluit gekonfronteer: Wat moet hy doen met die geld wat hy op die ongelukstoneel gekry het?
En kan hy regtig sy vriende vertrou?
'n Doller-as-kop-af spanningsverhaal waarin dinge in regte Tarantino-styl skeefloop en die leser behoorlik aan sy sitplek moet vasklou om by te bly met al die naelbyt-aksie.
Fanie Viljoen is a well-known Afrikaans author, living in Bloemfontein, South Africa. A full-time writer, illustrator, and artist, Fanie has written numerous short stories, radio plays, and books for children and teenagers. Three of these books have won awards for youth literature - the Sanlam Prize for Youth Literature, the ATKV-woordveertjies ('word feathers') and the M.E.R. prize for youth literature.
Hierdie boek bied 'n heerlike, spannende verhaal oor 'n groep tieners wat op die verkeerde tyd die verkeerde ding op die verkeerde plek doen. Trent probeer inpas by 'n groep nuwe maats wat hom op avonture voer met drank, tabak (wat hy vermy) en dwelms (wat hy amper vermy). Dan lei dit tot motordiefstal, 'n wilde jaagtog en 'n ongeluk, en 'n sak propvol geld ...
Die verhaal is grinterig van die skadusy van die lewe: dwelms, geweld, skade en die dood. Soms begin dit absurd en komies raak, soos baie ander stories oor 'n skielike ontdekking van "vuil" geld. maar die erns van wat Trent en sy vier meelopers beleef, is nooit heeltemal snaaks nie. Dit is ook nie die idee nie: die verhaal fokus eintlik op die verhoudings tussen die tienerkarakters, lojaliteit, standvastigheid en die probleme wanneer 'n mens op hierdie deugde staatmaak en agterkom dat dit ontbreek.
Viljoen is 'n ervare en behendige verteller. Hy teken hier 'n gemeenskap waarbinne tieners met allerlei kwessies te kampe het, en heelwat daarvan is deur hul eie toedoen. Dit maak 'n mens bekommerd oor die lewe van Suid-Afrikaanse tieners, maar die sprankie hoop is die planne wat hulle op staande voet kan maak om uit moeilike situasies te kan uitkom.
Viljoen depicts a dark society of teens busy with heavy stuff: drink, drugs and wild excitement. When a bag of money enters the story, it almost becomes funny, but their experiences are too real, too violent and close to what one expects of such a crowd of characters - it never becomes an amusing and absurd comedy. The reader worries about modern teens and their decisions, but finds some hope in their creative problem solving. One can only live in hope!
Ek sou dit waarskynlik meer geniet het toe ek jonger was - en as dit nie 'n voorgeskrewe boek was nie. Skryfstyl is nie volwasse genoeg vir 'n jong ervaarde leser om te geniet nie. Tog is die gehele storielyn heel goed en oorspronklik.