Toe die verrasing kom, toe kan ek nie die boek toemaak en soos 'n verantwoordelike burger gaan slaap nie. Toe lees ek maar in die vroeë oggendure klaar. En is dit die moeite werd!
Martin Steyn verander sy patroon, soos in sy vorige twee romans gevestig. Swartval is inderdaad meer sielkundige riller, verwyder van die reeksmoordondersoeke van vroeër. Hierdie roman fokus op Claire Winters, die suster van Derek Winters wat ons in Skuldig ontmoet het. Sy word ontvoer. Die enkelvoudige fokus op haar ervaring van alles wat met haar gebeur, skep 'n kloustrofobiese atmosfeer wat die leser - soos die hoofkarakter - vasgevang hou.
Daar is veel meer om te sê, maar elke leser moet self ontdek hoe Steyn sy navorsing en mensekennis gebruik om oortuigende karakters en gebeure op te teken. Sy fyn beskrywings skep Claire se omstandighede in detail en laat die leser telkens asem ophou soos die narratief wissel tussen aksie, illusie, hoop en wanhoop. Hy lewer 'n uitstekende toevoeging tot sy oeuvre. Die wag vir die volgende boek begin nou!
Martin Steyn adds to his oeuvre, not with another serial killer search, but with a finely observed and finely wrought psychological thriller about an abducted girl. The precise focus upon Claire and her experiences creates a sense of claustrophobia in the reader, making this book a compelling and exciting read.