Die boek is in keurige Afrikaans geskryf en gebruik 'n interessante idee vir die uitwissing van die mensdom (of liewer 'n amper uitwissing). Die storie koppel met verskeie ander gebeure uit die geskiedenis en gee dit dus 'n gevoel van egtheid.
Die konsep van 'n buiteaardse intelligensie wat wil inmeng in die mens se dinge omdat hulle kwansuis van beter weet is egter 'n redelik holrug geryde idee wat nie werklik die oë laat oopgaan of na die asem laat snak nie.