Jump to ratings and reviews
Rate this book

Swartval

Rate this book
Haar brein jaag net so vinnig soos haar hart. Dis hy. Die een wat die blomme op haar kar gelos het. Hy het teruggekom. En hierdie keer het hy nie gekom om iets te bring nie, hy het gekom om iets te vat. Vir haar.En nou word Claire Winters iewers in 'n sel van sement gevange gehou. Eers plaas sy haar hoop op haar speurderbroer. Hy weet wie die man is wat haar ontvoer het. Maar nog 'n lang, donker dag eindig met 'n toebroodjie en 'n glas water en Derek kom nie. Claire besef hierdie keer sal sy haarself moet red. Voordat haar verstand heeltemal in die swart van die kelder oplos.Die enigste uitweg is deur haar ontvoerder. Want hy het die kelder se sleutel. Maar net toe sy dink sy begin vordering maak, vind Claire uit waarvoor sy regtig aangehou word.

318 pages, Kindle Edition

First published August 1, 2016

9 people are currently reading
51 people want to read

About the author

Martin Steyn

12 books52 followers
[English version follows below ...]

Martin Steyn het begin skryf as gevolg van Stephen King. Nadat hy The Dark Half gelees het, was hy selde sonder ’n boek met Stephen King se naam voorop. En toe tel hy ’n potlood op en skryf ’n storie van sy eie. ’n Paar jaar later het reeksmoordenaars hom na die misdaadgenre toe gelok. Dit het Steyn gefassineer dat hierdie mans vreemdelinge vir hulle plesier jag en hy het begin om boeke oor Jeffrey Dahmer en Andrei Chikatilo te lees, terwyl hy die plaaslike koerant dophou vir berigte oor ’n reeksmoordenaar wat die liggame van jong seuns tussen die duine los, skaars 30 km van Steyn se huis af.

Hy het Sielkunde en Kriminologie deur die Universiteit van Suid-Afrika studeer, en ’n honneursgraad in eersgenoemde verwerf. Daarna het hy reeksmoordenaars en profielsamestelling in erns bestudeer en dit opgevolg met navorsing oor misdaadondersoek in Suid-Afrika. Tussendeur het hy ook sewe artikels oor Suid-Afrikaanse misdade vir die Crime Library geskryf, onder meer oor die reeksmoordenaar Moses Sithole.

In 2014 word Steyn se eerste misdaadroman, Donker Spoor, deur LAPA Uitgewers gepubliseer. Die volgende jaar word dit met die ATKV-Woordveertjie vir Spanningslektuur bekroon, en in 2016 ontvang Skuldig dieselfde toekenning.

Steyn heg groot waarde aan realisme en wanneer hy nie voor sy rekenaar sit nie, is dit baie moontlik dat hy by ’n speurder of forensiese deskundige is. Dit herinner hom telkens dat dit gewone mense is wat die stryd voer om geregtigheid te kry vir dié wie se laaste hoofstuk in ’n moorddossier neergeskryf word.

--

Martin Steyn got into writing because of Stephen King. After reading The Dark Half he was constantly lost in one of King’s worlds until, one day, he picked up a pencil and wrote a story of his own. A few years later, serial killers got him into crime writing. Fascinated by how these men came to hunt strangers for pleasure, Steyn began reading books about Jeffrey Dahmer and Andrei Chikatilo, while scanning the local paper for reports on the serial killer dumping the bodies of young boys in the dunes a mere 30 km from where Steyn lived.

He studied Psychology and Criminology at the University of South Africa, obtaining an honours degree in the former. Then he studied serial killers and profiling in earnest, following it up with research into the investigation of violent crime in South Africa. He also wrote seven articles about South African crimes for the Crime Library website, including one about the serial killer Moses Sithole.

In 2014 Steyn’s first crime novel, Donker Spoor, was published in Afrikaans by LAPA Publishers. The next year it was awarded the ATKV’s “Woordveertjie” for Suspense Fiction. In 2017 the English version, Dark Traces, followed, receiving a starred review from Kirkus.

Steyn places a premium on realism and when not behind his PC, can often be found questioning a detective or forensic expert, a constant reminder that it is normal people who fight to get justice for those whose final chapter ends up being written in a murder docket.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
64 (50%)
4 stars
46 (35%)
3 stars
13 (10%)
2 stars
3 (2%)
1 star
2 (1%)
Displaying 1 - 19 of 19 reviews
Profile Image for Julia.
568 reviews19 followers
March 24, 2021

miskien het ek net heeltemal te veel verwag, miskien was dit net te 'graphic' vir my, ek weet nie, ek kan nie my vinger daarop lê nie. ek voel half sleg omdat ek dit net 2 sterre gee, maar ons kan nie almal van alles hou nie.
Profile Image for De Wet.
279 reviews24 followers
August 10, 2016
Swartval is nie ontspanningslektuur nie. Dis ook anders as Martin Steyn se vorige twee boeke. Hierdie is nie 'n misdaadondersoek/polisieprosedure nie. Dis 'n sielkundige riller.

Vandat Claire ontvoer word is daar is geen asemskep oomblikke nie. Geen wegbreke na 'n parallele storielyn om jou kans te gee om tot verhaal te kom nie. Geen terloopse humor nie. Dis net Claire in haar donker hel, bladsy na bladsy. Sielkundige hamerhou volg op sielkundige hamerhou. En saam met Claire soek jy na skerfies hoop om aan te klou. Dat sy tot haar ontvoerder sal kan deurdring. Dat sy 'n kans sal kry om weg te kom. Saam met haar vrees jy vir wat volgende kom.

Swartval is 'n donker boek, maar ook 'n dapper boek, en briljant geskryf. Hopelik laat dit ons almal nadink oor ons optrede teenoor mekaar en die gevolge daarvan...die vorme wat mishandeling kan aanneem en die kettingreaksies wat oor generasies kan skade aanrig. Hopelik, na al die donker, loop elke leser weg van hierdie boek af met meer empatie en 'n groter bewustheid.

Groei 'n dik bos hare op jou tande voor jy die een aanpak. Jy kan nie vir Claire halfpad alleen los nie. Net so min soos ons al die ander Claires daarbuite die rug mag keer.
Profile Image for Sylvia.
37 reviews8 followers
August 9, 2016
Uit Swartval van Pieter Martin Steyn “Buite skuif die wêreld verby. Dit beweeg, maar eintlik staan dit stil.”

Pieter Martin Steyn slaag daarin om die leser se wêreld te laat stilstaan. Die leë donker leemte waarin Claire haarself bevind, skop die leser diep in die maag. Alles wat veilig en reg voel vir Claire in die lewe word haar ontneem. Die skrywer kry dit reg om in hierdie verhaal die stilte, ʼn donkerte waarvoor vroue bang is en wat geweld teen vroue omhul, te verbreek. Die harde werklikheid is dat enige vrou haarself in Claire se situasie kan bevind en dit is net deur die genade dat dit nie so is nie. Mens besef dan ook dat mens nie naïef moet wees nie, nie moet dink dat dit nie met jou kan gebeur nie.

Steyn maak die leser bewus van die skrikwekkende werklikheid van geweld teen vroue en hoe emosioneel en sielkundig aftakelend dit kan wees. Die leser word nie gespaar nie. Daar is geen versiersuiker hier nie. Daar is geen skuiling teen die monster nie behalwe Claire se wil om te lewe en te hoop. Hoop dat Derek, haar broer sal kom.

Hierdie is ʼn donker sielkundige riller wat uitmuntend daarin slaag om die impak van geweld teen vroue uit te beeld. Steyn het ʼn soepel skryfstyl wat lekker lees. Die leser kan sien hy het sy navorsing deeglik gedoen, en lees gerus ook sy kennis van Sielkunde raak. Swartval is insiggewende leesstof waarvoor die leser hare op sy tande moet hê. Vir die lesers wat kriminologie en sielkunde interessant vind, sal ook uitvind wat in ʼn misdadiger se psige so verkeerd kan gaan dat dit ander se lewens so kan verwoes.

Dit moes baie moeilik gewees het om Claire se storie te skryf. Steyn bevestig in hierdie verhaal dat vroue ʼn besonderse innerlike krag het. En hy bevestig verder sy voorste posisie as misdaadskrywer.

- Sylvia de Kock
Profile Image for Coenraad.
807 reviews43 followers
August 16, 2016
Toe die verrasing kom, toe kan ek nie die boek toemaak en soos 'n verantwoordelike burger gaan slaap nie. Toe lees ek maar in die vroeë oggendure klaar. En is dit die moeite werd!

Martin Steyn verander sy patroon, soos in sy vorige twee romans gevestig. Swartval is inderdaad meer sielkundige riller, verwyder van die reeksmoordondersoeke van vroeër. Hierdie roman fokus op Claire Winters, die suster van Derek Winters wat ons in Skuldig ontmoet het. Sy word ontvoer. Die enkelvoudige fokus op haar ervaring van alles wat met haar gebeur, skep 'n kloustrofobiese atmosfeer wat die leser - soos die hoofkarakter - vasgevang hou.

Daar is veel meer om te sê, maar elke leser moet self ontdek hoe Steyn sy navorsing en mensekennis gebruik om oortuigende karakters en gebeure op te teken. Sy fyn beskrywings skep Claire se omstandighede in detail en laat die leser telkens asem ophou soos die narratief wissel tussen aksie, illusie, hoop en wanhoop. Hy lewer 'n uitstekende toevoeging tot sy oeuvre. Die wag vir die volgende boek begin nou!

Martin Steyn adds to his oeuvre, not with another serial killer search, but with a finely observed and finely wrought psychological thriller about an abducted girl. The precise focus upon Claire and her experiences creates a sense of claustrophobia in the reader, making this book a compelling and exciting read.
Profile Image for Karin Behrens.
65 reviews7 followers
August 10, 2016
Swartval is 'n donker verhaal wat nie in almal se smaak sal val nie. Dit is egter 'n boek wat baie goed geskryf en nagevors is. Boonop is die storielyn so spannend dat 'n mens dit nie kan, of wil, neersit nie. Dit is egter nie 'n verhaal wat maklik verteer nie en lank na die lees nog in 'n mens se kop bly spook.
Profile Image for Madri.
212 reviews8 followers
August 17, 2016
Swartval is nie 'n maklike boek om te lees nie, maar 'n nodige een - veral in 'n land waar geweld teen vroue so algemeen is dat 'n mens afgestomp raak daarvoor. Met Swartval beweeg Steyn heeltemal weg van sy vorige boeke; die sterk intrige en oortuigende karakters bly egter op dieselfde pyl. Ek het die boek in een sitting klaar gelees.
Profile Image for Liesl Molyneux.
34 reviews1 follower
April 16, 2017
4.5 sterretjies vir my want die begin was bietjie stadig maar wat n fantastiese boek!!!
Profile Image for Elmien Le roux.
81 reviews
December 22, 2016
Beslis een van die beste boeke in hierdie genre wat ek nog gelees het. Ek be veel hierdie boek vir almal aan. Vertaal in Engels asseblief en in al die ander tale! Almal moet dit lees.m
Profile Image for Nicolene Smith.
159 reviews3 followers
September 29, 2018
Alhoewel Swartval maklik lees, is dit 'n emosioneel moeilike boek. Beslis nie almal se smaak nie, maar tog voel ek 'n móét lees vir enige iemand.

Briljant en noukeurig nagevors. Martin het geskryf, " 'n Hele boek uit 'n vrou se perspektief? Is jy nou heeltemal kêns? Waarskynlik, want ek het onder andere ook ’n week lank valsnaels gedra, my kop geskeer en myself met pepersproei gespuit … " Dít, is toewyding.

Die boek begin waar Skuldig geëindig en die leser laat wonder het. Min wetende wat gaan volg.

Die positiewe is dit gaan ook oor innerlike krag wat ons nie noodwendig altyd glo ons het nie.

Nog 'n treffer uit sy pen!
62 reviews
February 27, 2017
Hierdie boek is boeiend van die eerste bladsy af. Ek wou net vinnig loer waaroor dit gaan en toe ek weer sien het ek die boek klaar gelees. Goeie werk Martin Steyn!
Profile Image for Philip Van Dalen.
16 reviews3 followers
January 3, 2019
Wat 'n ongelooflike boek, kon nie neersit nie, en het van die begin tot die einde aan een gelees, sonder ophou. Wreed, maar realiteit dat sulke goed gebeur. Skitterend geskryf, rou emosie oopgemaak.
Profile Image for Anne-Marie.
261 reviews25 followers
August 27, 2016
Swartval is 'n boek wat elke vrou moet lees. Al is dit 'n verskriklike boek. Al voel mens later die boosheid van 'n ander vrou vat aan jou soos taai vingers. Want om deur 'n man ontvoer en verkrag te word, is erg en verkeerd en boos. Maar dat 'n vrou kan by staan en niks doen, is verby verskriklik. Verby boos. Verby die donkerte van swart. En dan kom die eerste gedagte: Wat het in so 'n vrou se lewe verkeerd geloop? Niks regverdig hierdie boosheid nie, maar die leser leer dat ouers kinders kan maak of breek. Dat dit soms 'n sirkel is tot in die tweede of derde geslag. En dat die sirkel uiteindelik net gebreek kan word deur iemand wat self in die proses sal moet breek. Maar wat genoeg innerlike krag het om in die breekspul kop te hou, en uiteindelik anderkant uitkom. Anders, maar sterker. Met letsels, maar heel. Claire is so 'n iemand. Daar is nog BAIE vroue daar buite soos Claire. Daar is elke dag vroue soos Claire. Vroue wat verniel word maar vasbyt. En uiteindelik wegkom van die boosheid af. Wat weet hulle sal altyd onthou, maar wat nie toelaat dat die boosheid in hul gees gaan vassuig nie. Ek dink ons het elkeen 'n Claire iewers binne ons, al weet ons dit nie eers nie. Op die einde van Swartval het ek gehuil. Gehuil oor Claire en ander vroue wat weggekom het. Van blydskap. Maar ek het ook gehuil oor ander vroue wat nie weggekom het. Swartval is verskriklik om te lees. Verskriklik nodig.
Profile Image for Sandra Jacobs.
21 reviews2 followers
February 10, 2017
Hierdie is 'n baie goeie boek. Dit is goed geskry en boeiend vanaf die eerste bladsy.
Ek sien myself as iemand wat baie boeke lees en baie films kyk, en het dus bederf geraak met keuses van wat 'n goeie boek werklik behels.

Swartval slaag daarin om my aandag te hou, en ek lees dit woord vir woord, want Martin Steyn het 'n rede gehad dat hy daardie woorde geskryf het. En met elke woord kry hy dit reg dat ek 'n beeld vorm van die karakters en hul omstandighede en hul aksies. Dit was goed om weer vir myself te kon dink en die beelde self in my gedagtes te skep.

He slaag verseker as skrywer en dit motiveer my om sy vorige twee romans, Skuldig en Donker Spoor ook te lees
Profile Image for Ernst Nieuwoudt.
38 reviews
August 27, 2016
Dit is nie 'n maklike storie om te lees nie, maar nogtans skitterend geskryf en jy kan hom nie neersit nie. Ek is bly om te sien dat die dame resente die boek so goed vind, want vir my het Steyn as man die psige van Claire wonderlik vasgelê maar ek is ook 'n man en kan dus nie werklik kommentaar lewer nie. Lees hom!
Profile Image for Charlene Roodt.
27 reviews
December 6, 2016
Ek het lanklaas 'n boek so geniet. Vanaf die eerste bladsy was ek geboei. Ek kon alles voel wat Claire beleef en voel. Martin oortref homself beslis elke keer. Fantasties! Al probleem wat ek kan uitwys aan die boek, is dat ek dit nou klaar gelees het.
Profile Image for Marietjie Steyn.
803 reviews1 follower
November 15, 2016
Sjoe, dit was 'n spannende boek en nogals erg om te lees. In Afrikaans is party goed net erger om te lees. Baie goeie boek.
Displaying 1 - 19 of 19 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.