Jump to ratings and reviews
Rate this book

Wat die hart van vol is: Herinneringsreise van ‘n fynkok

Rate this book
'n Wydlopende herinneringsreis, deurspek met staaltjies, deur een van ons land se fynkospioniers ... Met erfeniskos wat deesdae internasionaal hoogmode is, staan een kok Peter Veldsman. As enigste kind op 'n plaas in die Klein-Karoo het Peter 'n fyn waarnemingsvermoe en goddelose sin vir humor ontwikkel. Die resultaat is eindeloos vermaaklike stories oor die kos en mense in sy lewe, van sy dae as kosredakteur van die tydskrif Sarie, waar Peter twee generasies Afrikaanse vroue voor die stoof touwys gemaak het, toe as kosskrywer van Rapport en, uiteindelik, as "Mister V," eienaar van Emily's, waar hy hom amper 20 jaar lank beywer het om van streekskos fynkos te maak en so 'n formidabele restaurant-nalatenskap gevestig het. Baie van die stories is snaaks. Ander is soet-nostalgies. Sommige kyk eerlik na kwessies na aan sy hart, soos gay-wees en die kerk. En tog, al het hy al vir bekendes en selfs beroemdes gekook en die wereld deurkruis op soek na nuwe smake, is dit sy tante Julia en haar "koskys" wat hy steeds die helderste voor die oog roep, sy Skotse ouma, en die dag toe hy as 'n vierjarige op sy oupa se plaas in die Klein-Karoo die eerste keer 'n doukomkommer tussen sy tande geknars het ... Nostalgies, humoristies en hartroerend - 'n boek wat jou terugvat na Ouma se kombuis, maar dan ook die drumpel oor, na die wye wereld daarbuite.

349 pages, Kindle Edition

Published September 1, 2016

2 people are currently reading
3 people want to read

About the author

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
1 (16%)
4 stars
1 (16%)
3 stars
2 (33%)
2 stars
2 (33%)
1 star
0 (0%)
No one has reviewed this book yet.

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.