Jump to ratings and reviews
Rate this book

Net 'n mens

Rate this book
Kort ná ’n bekende skrywer te sterwe kom, sterf sy uitgewer ook. Willem, sy prokureur en die man wat hom tot met sy dood bygestaan het, het die pynlike geheim met hom saamgedra dat die uitgewer vir hom veel meer as ’n vriend was. Nie eens Willem se vrou Sanet of hulle kinders het geweet nie. Maar die mense van Avondrust het geweet, en geswyg. En teen die tyd dat Sanet die waarheid hoor, is dit ’n saak wat nooit afgehandel sal kan word nie, in elk geval nie saam met Willem nie. Sy moet alleen deur hierdie ding kom, en die ander verantwoordelikhede wat Willem so geredelik op hom geneem het, is spoedig ook deel van haar probleme. Een hiervan is ’n dogtertjie met yslike bruin oë. Dis nou behalwe Sanet se ou kos. Heerlike, ongesonde kos, baie daarvan.

293 pages, Kindle Edition

Published August 18, 2016

1 person is currently reading
17 people want to read

About the author

Alta Cloete

32 books50 followers
Alta Cloete is ‘n Bolandse skrywer van eg Suid-Afrikaanse lekkerleesverhale. Wanneer sy aan romanses werk, gebruik sy die skrywersnaam Marilé Cloete.
Meer as vyftig tydskrifstories asook 30+ romanses, sewe liefdesromans, twee algemene romans, 'n paar rubrieke en 'n nie-fiksie boekie oor depressie het al uit haar pen verskyn.
Wanneer sy nie skryf of na haar oorsese kinders verlang nie, probeer sy Afrikaanse boeke op die internet en sosiale media bevorder.
Sy is op die volgende plekke te kry:
Die facebookgroep Kom ons lees weer Afrikaans!
Persoonlike blog by www.altacloete.wordpress.com

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
9 (32%)
4 stars
15 (53%)
3 stars
3 (10%)
2 stars
0 (0%)
1 star
1 (3%)
Displaying 1 - 7 of 7 reviews
Profile Image for Madri.
212 reviews8 followers
August 17, 2016
Nie net moet Sanet haar man, Willem, se dood verwerk nie, maar ook die geheim wat hy saamgedra het en die ewige inmengery van die Clan. Maar as sy iets van Willem se lewe wil verstaan, moet sy die Clan verduur. Soos in haar ander boeke spreek Alta Cloete weereens moeilike temas aan sonder dat die storie swaar en gewigtig raak.
Profile Image for Marie-Antoinette.
245 reviews
August 22, 2017
Regtig 'n uitmuntende boek. Die verhaal handel oor Sanet wat voel dat as gevolg van haar gewig sy haar man van haar vervreem het. Sanet en Willem praat nie meer met mekaar nie. Kort ná ’n bekende skrywer se dood, sterf sy uitgewer ook. Dit word duidelik dat Willem, sy prokureur, en die uitgewer se band nie bloot vriendskaplik was nie. Willem se vrou, Sanet, besef dat daar in haar huwelik iets op seksuele gebied skort, maar sy gee haar groot lyf die skuld en laat haar kosverslawing weer eens seëvier. Op haar 50ste verjaarsdag bereik dinge breekpunt wanneer haar vriendin, Anneke, uiteindelik die bom loslaat en dan besef Sanet dat haar man tog nie so betroubaar, gelykmatig of vervelig was as wat sy geglo het nie. Was hy maar! dink sy dan.

Die mense van die plaas Avondrust weet van Willem se homoseksualiteit, maar swyg daaroor.
Die egpaar se lewe val uitmekaar en hul moeilike kinders maak dinge nie juis makliker nie. Om nie eens van haar konserwatiewe, manipulerende ma, Susan, te praat nie!

Sanet se lewe verander drasties wanneer sy Willem se vriendekring beter leer ken. Daar is die sexy Lisa wat reguit praat en dinge sê soos sy dit sien; Cheryl-Anne Fortuin met die moeilike verlede en problematiese familie; asook die twee diep gelowige plaasvroue: die ietwat knorrige Theresa Beyers met die wilde hare en Anna Philander wat so graag groen Crocs dra. Daar is ook Elroy wat sy leer ken as versorger van sy "oumensies".

En dan is daar Tessie, ’n wees dogtertjie met groot bruin oë, wat ten spyte van Sanet se opstandigheid deel word van haar grein – nes haar lyflike hunkerings en smagting na kos.

Regtig 'n baie besondere boek om te lees.
Profile Image for Carolien.
1,036 reviews139 followers
August 28, 2018
Hierdie reeks deur Alta Cloete was een van my beste lees-ervarings van die jaar. Die interessante karakters wat ons ontmoet het in Boodskap van Oorkant is almal weer teenwoordig. Die fokus in hierdie geval is op hoe verskillende mense tragedie en buitengewone omstandighede hanteer. Baie stof tot nadenke en uitstekend geskryf.
Profile Image for Marlette Taljaard.
23 reviews
Read
July 25, 2019
Goeie boek. 'n Regte 'soos die lewe is' boek met skokke wat geen mens kan verwag nie. Meer bedoel vir die ouer vrou, maar jong dames kan ook 'n les of twee hieruit leer... Het die storie baie geniet.
Profile Image for Adele Vorster.
97 reviews8 followers
February 7, 2017
Op die dag van Sanet se vyftigste verjaarsdag stort haar lewe in duie. Sy vind 'n geheim uit wat haar man, Willem, al vir jare wegsteek. Sy word gedwing om alleen hiermee te worstel, en word ook met 'n klomp ander probleme gekonfronteer. Haar lewe neem skielik 'n hele nuwe wending in.

Hierdie boek vorm 'n soort tweeluik met Alta Cloete se vorige boek, 'Opdrag van oorkant'. Dis nie noodsaaklik om die vorige boek te lees om 'Net 'n mens' te geniet nie, maar dis heerlik om die karakters uit die vorige boek weer te ontmoet; om hul persoonlike groei te beleef en te sien hoe hul lewens vervleg raak. 'n Bruinoogdogtertjie raak die spilpunt waarom almal se lewens begin draai. Sy sal ook diep in jou as leser se hart kruip.

Alta Cloete beskryf weer alles in die allermooiste Afrikaans. Sy raak uiters aktuele kwessies aan sonder om die lekkerleeservaring te bederf. Daar word gepraat oor homoseksualisme, eetversteurings (emosionele etery), seksuele kwessies en ander dinge waarmee ons almal in die hedendaagse lewe te doen kry. Die karakters is vars, maar voel terselfdertyd so bekend soos jou familie en vriende. My gunsteling karakters is die kat en hond wat vir Sanet troos in haar eensaamheid bring.

Die boek gaan oor die hel daarvan om nie 'n outentieke lewe te kan lei nie, om genoop te voel om jou ware self agter 'n masker weg te steek in ons veroordelende samelewing. En die hartseer feit dat jy op die ou end self die keuse moet maak of jy kans sien om die masker te laat sak en die prys te betaal wat dit kos om jou ware self te kan uitleef.
Profile Image for Cliffordene Norton.
Author 7 books10 followers
November 4, 2016
In 'Opdrag van oorkant' het ek onmiddellik van Theresa gehou. Maar in 'Net 'n mens' het ek onmiddellik met Sanet geidentifiseer. As 'n foodie verstaan ek die liefde-haat-verhouding wat 'n persoon met kos het. Sanet gaan deur hel, maar in die woorde van Eleanor Roosevelt: "A woman is like a tea bag - you can't tell how strong she is until you put her in hot water."
'n Aangrypende boek, met sterk menlike karakters!

Displaying 1 - 7 of 7 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.