Jump to ratings and reviews
Rate this book

Asem

Rate this book
’n Aangrypende grootwordverhaal oor verslawing, tweede kanse en wat dit beteken om jouself waarlik te vind. ’n Kragtoer van ’n boek wat nooit die leser met maklike antwoorde onderskat nie. Asem hoort op elke tiener se boekrak.

256 pages, Paperback

First published January 1, 2016

15 people are currently reading
113 people want to read

About the author

Jan Vermeulen

48 books14 followers
Jan Vermeulen is in Bethanie in die suide van Namibie gebore. Op veertien word sy eerste kortverhaal in die destydse jeugtydskrif Patrys gepubliseer. Hy het die graad BA Admissie met hoofvakke Hebreeus en Filosofie aan die Universiteit van Port Elizabeth behaal, en in 1987 'n BTh. en Teologiese Lisensiaat aan die Universiteit van Stellenbosch. In 1998 voltooi hy 'n kursus in kreatiewe skryfkuns aan die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van Port Elizabeth, en in dieselfde jaar verskyn sy debuutroman, Die laaste dans, by Queillerie. In 2000 verskyn sy eerste jeugboek, Geraamtes dra nie klere nie. Dit is met die Sanlamprys (goud), die M.E.R.-prys, die Scheepersprys en 'n ATKV-Kinderboektoekenning bekroon. In 2006 word sy kortverhaal 'In Ma se Stoofᅮ in die kortverhaalbundel Van Spoke Gepraat (Tafelberg) opgeneem. Jan en sy vrou Diana woon in die Oos-Kaap.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
25 (21%)
4 stars
41 (35%)
3 stars
25 (21%)
2 stars
15 (12%)
1 star
11 (9%)
Displaying 1 - 15 of 15 reviews
40 reviews
September 22, 2020
Ek het na Jan Vermeulen se jeugroman, Asem, op die nuwe Bib app geluister en ek het amper piep gekry toe die einde van die storie en die einde van my selfoon se battery saam-saam die pylvak in is. Genadiglik, was Armand Aucamp, wat die verhaal uitstekend voorgelees, se asem net-net voor my battery s'n klaar en ek kon met ʼn slaak van genoegdoening die einde van Barries se storie beleef. Net soos in Oopmond, het ek weereens besef dat ek blykbaar ʼn so-sê-hulle-volwassene, met die hart van ʼn tiener is.

Ek weet ek is weer agter die tyd, maar Asem is sowaar ʼn moet lees, of dan nou in die geval, ʼn moet luister jeugroman.
Profile Image for Coenraad.
807 reviews43 followers
January 11, 2020
Hierdie jeugverhaal van Jan Vermeulen het LAPA se jeugromankompetisie gewen, en dit is van 2020 tot 2022 die IEB se voorgeskrewe roman vir matrieks wat Afrikaans Eerste Addisionele Taal skryf. Dit is ’n vaardig gekonstrueerde verhaal met besondere probleme in die hoofkarakter, Barries, se lewe - sy voorliefde vir dagga is nie naastenby die ergste klap wat die lewe hom toedien nie. Is sy lewe dalk té oorlaai met probleme? Is die slot dalk net té netjies saamgevoeg? Hierdie vrae sal onderwysers en studente goed besig hou.

Vermeulen’s prize winning novel tells the story of Barries’ life - one filled with drama and drawbacks, with dagga as the least of these. Although life may hit Barries a tad too hard and the ending may be too neatly construed, the story will provide teachers and matriculants lots to discuss.
Profile Image for Lelani.
101 reviews30 followers
December 18, 2018
Barries Barnard se lewe is verwoes ná hy en sy vriende een aand in 'n drank- en dwelmwaas 'n verkeerskonstabel omry. Nou, as deel van die ooreenkoms met die polisie, moet hy na sy pa toe gaan sodat hy kan skoon kom van die dwelms. Die enigste probleem is dat Barries sy pa haat en hy beplan om hom te vergiftig met rottegif.

In Asem loop jy die paadjie saam met Barries, deur die versoekings, woedebuie, drange en jy sien dit lank voor hy dit besef, dat hy eintlik nie so 'n slegte ou is nie, maar eintlik net een van menigte is wat maar net probeer oorleef met dit wat na hulle kant toe gegooi is.

Asem is 'n interessante lees en dit is die hoop wat agterbly lánk na mens die laaste bladsy gelees het.
Profile Image for Maja the Bookworm.
65 reviews
September 24, 2016
“Ek dink nie ek sal iemand kan doodmaak nie.” Na daardie eerste sin, móés ek verder lees!
Barries Barnard haat sy pa en die enigste rede hoekom hy hom ooit weer sal wil sien, is om wraak te neem. Wat begin as Barries se verjaarsdagviering, eindig in chaos. Daarna word hy geforseer om tydelik op Seeplaas by sy pa te gaan bly.
Asem – die wenner van LAPA se jeugroman kompetisie – is ‘n storie oor verslawing en die moeilike verhouding tussen ‘n seun en sy pa. Die hoofkarakter se woede en pyn word eerlik uitgebeeld en Jan Vermeulen se skryfstyl het tonne trefkrag.
1 review1 follower
August 2, 2021
Ek dink dit was die beste book ek het in my hele lewe gelees. Die emosies was so werklike - dit voel asof ek was op pad met Barries die hele tyd. A wonderlike lees, my gunsteling karakter was Olga. Sy was, as die kinders se vandag - 'n Girlboss. Sy se ek wil met al die manne soen, maak rommel van Barries se lewe en dan ek wil (fok) af na Namibia to gaan - 'n insperasie <3 Ek wag vir die dag ek kan met Jan Vermeulan ontmoet, my droom is om enige van sy kerkdiesnte sien - Jan is die werklike God. #Barries4Eva
3 reviews
January 24, 2024
Jou lewe kan werklik in ‘n oogwink verander, maar sal jy kies om die tweede kans te aanvaar. Dis ‘n boek wat baie maklik lees met helder beelde wat met elke hoofstuk geskep word. Jy het simpatie met elke karakter selfs dié wat dit nie noodwendig verdien nie.

Die boek het nie die laaste hoofstuk nodig nie. Die laaste hoofstuk gee die leser nie kans om verder te spekuleer nie. Die boek is só geskryf dat jy heeltyd wil weet wat volgende gebeur, maar die slot beëindig verdere nuuskierigheid.

Ek beveel hierdie intense boek aan enige iemand van tiener tot bejaardes.
Profile Image for Trisa Hugo.
Author 10 books34 followers
January 22, 2020
Hierdie boek het mý asem weggeslaan. Dit is maklik die beste jeugverhaal wat ek ooit gelees het.

Die pas is lekker, die temas relevant, niks word met suikerlagies bedek nie. Dit gee vir jou die rouheid van tienerangs, die hel van verslawing en die lewe van tieners wat ouers gehoop het om nooit aan hulle basse te ervaar nie.

🌟 🌟 🌟 🌟
Profile Image for Magda Fourie Stegmann.
Author 2 books14 followers
December 12, 2018
Selfs vir volwassenes is hierdie boek 'n goeie lees. Ouer tieners en jong volwassenes sal hulle self in Barries se storie verloor, kop skud oor die voortvarendheid van die jeug en selfs ook 'n traan afvee. Uitstekende boek.
Profile Image for Christine Byleveld.
232 reviews2 followers
June 12, 2017
Well written, well informed, well brought together.... tough story but uplifting in the end.
101 reviews3 followers
November 11, 2017
Wens al die kinders kan die boek lees voor hulle betrokke raak in die wêreld van dwelms en verslawing. Die hoofkarakter se emosies word baie goed uitgebeeld en die skryfstyl het tonne trefkrag.
15 reviews
May 22, 2020
nope, sloppily written and aimed to impress via shock value. not for me thanks
Profile Image for kyla.
115 reviews
August 21, 2020
"siestog barries" every afrikaans teacher everywhere
the only problem I had with this was that the teacher and student copies were different in regard to barries' snazzy thoughts :p
8 reviews1 follower
June 29, 2022
a wild ride. so many plot twists. so juicy
Profile Image for Anria Breed.
Author 28 books9 followers
October 28, 2022
Ek weet nie hoekom het ek so lank geneem voor ek besluit het om die boek te lees nie. Puik!!
Profile Image for Adele Vorster.
97 reviews8 followers
February 7, 2017
Barries Barnard is in graad elf en bly saam met sy ma in 'n voëlhok van 'n woonstel. Sy pa, met wie hy vir jare nie kontak gehad het nie, wil skielik hê hy moet kom kuier. Barries is kwaad, baie kwaad hieroor - hy háát sy pa en fantaseer daaroor om hom rottegif in te gee.

'n Rowwe partytjienag verander Barries se lewe vir altyd en hy word gedwing om vir ses weke na sy pa, op 'n afgesonderde kusdorpie, te gaan.

Hier begin daar vir Barries 'n lang reis deur woede, pyn, trauma en tragedie. Hy worstel om sin te maak uit die stukkende skerwe van sy bestaan - bly daar enige iets oor wat die moeite werd is? Sal hy ooit weer vry kan asemhaal?

Hierdie boek lees baie lekker; dit het 'n gemaklike skryfstyl, wonderlike dialoog en ek was nie vir een oomblik verveeld nie. Ek het lief geraak vir al die karakters: van Nelson, die papegaai, sexy Olga tot by Barries se pa wat só hard probeer om al sy demone te besweer. My gunsteling karakter is egter Jona, maar jy sal self moet lees om uit te vind wie dit is - en ek waarborg hy sal diep in jou hart kruip! Op die einde voel Barries vir my soos 'n broer.

Asem is 'n jeugroman, maar volwasse lesers sal dit ook geniet. Ek was mal daaroor! Dit sal jou asem steel en jou dan na asem laat snak, maar op die ou end sal jy, soos Barries, vryer asemhaal.
Displaying 1 - 15 of 15 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.