Gabriel is vyftien jaar oud. Fifteen going on fifty, soos sy ma altyd geterg het. En ná haar dood weet hy skielik nie meer waar hy inpas nie. Die sielkundige wil hê hy moet oor sy gevoelens praat. Maar hoe verduidelik jy vir haar dat dit die afgelope paar maande makliker geword het om met woede te cope as met snot en trane? Hoe verduidelik jy dat jou kastige “gemengde bloed” jou anders as die res maak? Hoe verduidelik jy dat dinge net nie meer dieselfde tussen jou pa is nadat hy in ’n sielkundige inrigting opgeneem is nie, terwyl jy moet probeer aangaan met jou lewe? Hoe verduidelik jy waarom jy al twee keer jou polse met ’n knipmes probeer oopkerf het? Daarom verloor Gabriel homself in die wêreld van performance poetry, waar jy jou woede in woorde kan omsit en dit vir ’n gehoor uitbasuin. In hierdie wonderwêreld van woorde leer hy om sy hand diep binne-in sy rugsak vol woorde te steek en die woorde soos gloeiende kole vir ’n gehoor te gooi. Dan ontmoet hy vir Sasha, wat mooier is as Sneeuwitjie en boonop ’n ding of twee van poësie weet ...
Marita van der Vyver is the author of a dozen novels, a collection of short stories, two collections of humorous essays, picture books for children, many short stories and essays in anthologies, and regular columns in newspapers and magazines. Her books have been published in English, Dutch and German, and her first novel, published in English as Entertaining Angels, became a bestseller and was translated into twelve languages. She lives in France with her family.
Marita van der Vyver is die skrywer van ’n tiental romans, ’n bundel kortverhale, twee versamelings van humoristiese essays, prenteboeke vir kleuters, talle kortverhale en essays in versamelbundels, en gereelde rubrieke in koerante en tydskrifte. Haar boeke word deurgaans in Engels, Hollands en Duits vertaal na die sukses van haar eerste roman vir volwassenes, Griet skryf ’n sprokie, ’n literêre sensasie wat in sowat ’n dosyn tale gepubliseer is. Twee van haar romans, Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom en Dis koue kos, skat, is verfilm. Sy woon in Frankryk saam met haar familie.
Ek kon regtig nie minder omgee oor Gabriel of enige van die ander karakters nie. Ek was aan die slaap vir tenminste 80% van hierdie boek. Goodreads laat my nie toe om 0 sterre te gee nie- so ek gee 1. Die karakter ontwikkeling is so afgerammel en wishy-washy. En ek wou in Sasha se voetstappe volg en my polse sny elke keer wat Gabriel aangegaan het oor hoe sleg hy vir homself voel. Ek het ook myself DOOD gecringe vir elke gesprek tussen hom en Sasha (and don’t even get me STARTED met Sasha se “stay weird” beanie). As jy vir my vra hoe hierdie boek geëindig het, sal ek eerlik waar nie vir jou kan sê nie. Ek sal hierdie boek voorstel vir mense wat hulle-self deur 181 bladsye se depressie en mismoedigheid wil sit. Needless to say- ek het dit geHAAT❤️
Dit is nou regtig 'n mooi boek en ek sal dit vir enige tiener aanbeveel. Ek is mal oor die "young adult" boeke.
Die boek handel oor Gabriel en sy emosies oor sy ma wat dood is asook sy pa se ineenstorting. Hy is woedend. Vir sy ma omdat sy dood gegaan het, vir sy pa omdat hy net altyd stilbly en wegkyk, vir homself. Hy moet die sielkundige gaan sien en so deur sy emosies werk. Hy leer vir Sneeuwitjie of eerder Sasha ken wat haar eie donker geheim het waarteen sy wroeg.
I loved this book it kept me interested and brought my attention to some important topics, also the fact that it's South African makes me relate to it. Evan tho I think sasha and gabriel helped eachother work threw some things and I loved that she came to the slam performance at the end and kissed him. I don't think sasha is good for him and I didn't like that the end was only about that and like they'll be happy ever after it would have been better if at the end they decided to remain friends until they would work threw the problems in their lives
This entire review has been hidden because of spoilers.
Mal oor die oorspronklike plot en oulike karakters, maar die dialoog tussen tieners en veral die spraakgebruik het baie gepla. Dit voel net nie geloofwaardig nie en het weg gevat van die mooi storie.