Jump to ratings and reviews
Rate this book

Soetloop

Rate this book
Agterbaai: die vroeë dekades van die twintigste eeu. Waar klein Kattie onder die kombuistafel sit, Kat op die skoot, luister sy fyn na die familiestories van haar vele broers en susters oor hoe hul voormense beroof is deur bloedfamilie – en die gevolglike trauma van armoede, drank en ontberings as ma en pa van mekaar vervreem is. As skoolkind word Kattie uitgeplaas na aansitterige buurfamilie, waar sy ’n handige stuurdingetjie word, beslis nie ’n gelyke nie. Hierna is sy kinderoppasser by die vername Van Aardes in die Swartland, waar sy ’n beter lewe leer ken: musiek, boeke en fyn maniere. Wanneer sy hiervandaan uitvlug na ’n onbesonne huwelik, stap Kattie egter dieselfde onvervulde pad as haar ma, waarteen sy haar lewe lank sal stry. In Soetloop keer E. Kotze terug na haar vertroude, geliefde oermilieu, die onherbergsame Weskus. Nes in Hoogty kry die leser buitengewoon meelewende insig in ’n huwelik, en in ’n brakkerige lewenspad wat nie altyd maklike keuses bied nie – maar tog sy varswater-soetlope het.

358 pages, Kindle Edition

Published August 8, 2016

1 person is currently reading
12 people want to read

About the author

E Kotze

2 books1 follower

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
7 (33%)
4 stars
10 (47%)
3 stars
3 (14%)
2 stars
1 (4%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 4 of 4 reviews
Profile Image for Margitte.
1,188 reviews671 followers
April 11, 2022
Soetloop het begin met 'n snoer woorde wat my laat regop sit het-die melodie van klanke en betekenisse so eie en so soet aan die Weskus. En ook so eie aan die Kaap. Ryk en romerig, soos oorle Jan Spies altoos teen betaling natuurlik, oor Cremora gekoer het.
Die dag breek wit oor die kliprug. 'n Kalkbank ylingekleur met soutopslag en rankgoed wat kortstondig bot en blom en blus. Onder in die bog is die duinveld armoedig, die landjies kaal en verwaai, met hier en daar geronde klipstapels soos oergrafte waaronder dooies tydsaam wag op die dag van gelykmaking.


'n Mens is onmidellik binne in die Weskus mileu waar 'n ding soos 'n Vrystaatse mielie oes nooit moontlik sal wees nie. Die Weskus is soutwereld: in die lug, in die grond, in die wind, in die water. En alte dikwels ontplooi daar ook die gehardheid en geurigheid van masbankerbokkoms in die menslike karakters. As die lentereëns kom, verander dieselfde wereld in Josef se lappieskleed van baldadige bontheid. Dit vul die dialek met ongekende skakerings van woorde. Stringe van wysheid en waarhede, anders geryg, uniek.

Dis hoe hierdie boek my tref met die intrapslag. Met Ellen en Claas Prins wat so goed kan baklei met woorde, en ysige buie, maar veral met broeiende stuipes. Laaggelee, met die brakwater wat g'n dors kan les nie, was hulle tuiste.

Tog het die lot dit so beskik dat mense op 'n manier 'n bestaan daar kon maak. 'n Man met sy vrou het hullei intrek geneem in 'n vratterige rietdakhuis waarvan die lae klipmure gestut word deur stewige bere. 'n Varkhok en koeistal, 'n afdak vir die twee kardonkies, een manatok: dis die somtotaal van Laaggelee...


...Sy (Claas se) rykdom kan slegs aan kinders gemeet word. Agt dogters en twee seuns, die halfkwassie nie bygereken nie...

Claas Arm op sy donkiekarretjie, vellebreier, tuiemaker, velskoenmaker. Maker van elf kinders. En 'n skaapwagter by uitnemendheid.

Maar wat verwag jy van 'n man wat saam met die hoenders gaan inkruip en van vieruur soggens af lê en kwaaddoen? ...

... Sy kyk hom agterna, hoe hy sy lyf skuins gooi teen die duine uit. Is dit moontlik dat dit Claas Prins is, in sy vroeë veertigs maar 'n ou man? En sy, 'n hoogswanger vrou van by die vyftigs. Waar't jy so iets al ooit op 'n viool hoor speel? ...

Uiteindelik, met die sakkende son agter hullle, tuimel die kinders oor die kruin. Hulle rol soos skeelpietbosse teen die duin af tot onder in die plate vyerank.


Malie, Liesie, Ellie, Nicko, Miekie, Tomasina(Kattie), Anna, Dol, Antonie Claasie, Susanna, Antonie. Die Prins-linge. Die knegte wat by die agterdeur op De Hoop moet inkom. Op die ou einde word dit Kattie se storie.

Oor De Hoop was daar nooit sonder wrewel geworstel nie. Dis waar Sam Laumbaart vir die oupa so bevark het; Waar Malie, Liesie, Ellie en Nieko gebore is, en Claas Arm, nou die bywoner, nog as dié Claas Prins behandel was. De Hoop is die splinter in die oog van die Prinse wat krap en krap totdat die seerky naderhand lekker word.

Op De Hoop was daar Michiel en deftige Esther Laumbart, met Cecilia die dogter, Miekie, die seun, en Janet die jongste.

Eie aan die Weskus, spoel die brak sterk in die familie se are, maar so hier en daar het die varswater soetlope deurgesypel en was daar geluk, selfs wanneer hulle dit nie durf erken het nie.

Wat 'n heerlike na-aan-die-aarde lees! Só ryk ingekleur met plek, tyd en tradisies. En karakters wat diep kom losiesplek afdwing in the leserhart.

AANBEVEEL!
Profile Image for Trisa Hugo.
Author 10 books36 followers
June 28, 2018
Om te sê Soetloop is 'n aangrypende verhaal oor mense aan die Weskus, klink na 'n cliché, maar dit is 'n verhaal met 'n klomp lewensgetroue karakters, elk met sy sterk maar ook swak punte.

Dit is 'n baie sterk verhaal, dit beklemtoon die verskillende verhoudings in gesinne oor meer as een generasie, stiltes tussen huweliksmaats en onenigheid tussen skoonfamilie. Net soos die realiteit. Die karakters het 'n menslikheid aan hulle wat ontroer.

Sedert Halfkrone vir die nagmaal, het ek nog elke boek van E Kotze geniet, selfs op Doringbaai gaan draai om te kyk waar haar stories vandaan kom, maar Soetloop is 'n hoogtepunt.

“’n Stilte volg waarop hulle die vinger nie kan lê nie, maar wat onteenseglik daar is. ‘n Onaantasbare energie soos die suidewind, die gesuis van die see, ‘n laaste asemtog. Die dogters omarm mekaar.

Kattie is nie meer nie. Die boek is toegemaak, die laaste bladsy is gelees.”
Profile Image for Alta Cloete.
Author 32 books49 followers
January 25, 2018
Opgewekte leesstof is Soetloop nie. Soos al haar boeke word ook hierdie een bevolk deur oudgewerkte, verarmde mense in ‘n wrede landskap. Eenvoudige mense wat worstel om ‘n bestaan uit die harde aarde te maak, kinders wat van kleins af hard werk en met min tevrede moet wees, vrouens (en dikwels mans ook) wat nie veel keuses het nie.

As jy hou van menslike, egte stories, lees vir Soetloop. As jy Afrikaans wil hoor sing, lees vir Soetloop. As jy nie Kotze se werk ken nie en wonder of jy dit moet aanpak, doen dit – en word verras en verryk.

Profile Image for Elsa.
94 reviews1 follower
April 27, 2017
Nie 'n lekkerlees boek nie, maar ontstellend aangrypend.
Displaying 1 - 4 of 4 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.