Jump to ratings and reviews
Rate this book

Die nes

Rate this book
Daar's die jong Anke wat selfmoordneigings het en flankeer met al wat man is. Daar's André wat met blokkies speel, Byblverse opsê en die hele wêreld se skuldlas op sy skouers neem. Daar's die seniele mevrou Bern, die getatoëerde en aggressiewe rokjagter Gilles, die praatsiek mevrou Disard en baie ander. Maar dr. René se grootste uitdaging is die bekroonde skrywer Karoline Kerr tot wie niemand kan deurdring nie. Diep in haarself skuil sy al maande lank in 'n 'nes' wat sy vir haarself geskep het.
Eleanor Baker se elfde is 'n 'sielkundige roman' in die ware sin van die woord. Met fyn, amper terloopse detail laat sy 'n psigaiatriese kliniek voor ons lewe: die personeel, diepasiente, die naasbestaandes. Opvallend is andermaal die skrywer se insig in menseverhoudinge, haar vermoë om 'n sentrale beeldkompleks uit te werk en haar fyn aanvoeling vir plek en atmosfeer.
Die nes is 'n ryk geskakeerde roman wat pragtig ontplooi. Hoewel dit gaan oor kwetsbaarheid en verwonding, is Die nes nooit swaarwigting nie en besit dit al die eienskappe om Baker se allergewildste roman te word.

232 pages, Hard cover

Published January 1, 1993

1 person is currently reading
81 people want to read

About the author

Eleanor Baker

23 books16 followers
Although Baker initially studied music, she obtained her M.A. in Afrikaans (cum laude) in 1968 at the University of Pretoria. In Johannesburg she worked as a school teacher and got married to Walter Baker in 1969. Three years later her debut Wêreld sonder einde appeared, albeit that Weerkaatsings (Reflections) established her status as an important (though unfortunately often undervalued) Afrikaans author who penned 56 books in the end. Since her husband was in the diplomatic service, the couple moved from Teheran to Den Haag and from there to Montreal and Brussels before returning to South Africa to retire. Baker died of cancer at the age of 57.

She sometimes used the pseudonyms Christine le Roux and Alex Muller.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
8 (29%)
4 stars
14 (51%)
3 stars
5 (18%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 2 of 2 reviews
Profile Image for Rodeweeks.
277 reviews18 followers
August 17, 2020
Love the psychology, I am a big supporter of human potential and working to better ourselves. The only bit annoying part of the book were the love story part (thankfully only about 1% of the book) which were extremely predictable.
Profile Image for Ilze.
642 reviews29 followers
January 27, 2018
Ag, om só gelukkig te kan wees! Nie net deur 'n nes te skep om in weg te kruip nie, maar om gesond te word omring deur mense wat werklik vir jou omgee.

Karoline beland in 'n hospitaal, wat haar suster 'n "rusoord" noem oor sy nie wil erken dat haar suster sielkundig ly nie. Hier help dr Duson haar om weer na die werklikheid toe terug te keer: is dit egter so 'n goeie ding? Een van Duson (sy eerste naam is René) se vorige pasiënte het selfmoord gepleeg nadat hy tot die werklikheid teruggekeer het. Wat gaan van Karoline word? Wat het in die eerste plek met haar gebeur?

Uit die aard van die saak is dit onmoontlik dat hulle verlief mag raak - etiese en professionele grense sal so iets ten sterkste verhoed. Om die waarheid te sê sou enigiemand wat diepgaande terapie ondergaan het verskriklik graag 'n enger verhouding met sy/haar terapeut hê. Maar dit mag nie.

Ek lees vandag: Joan Hambidge het dit destyds in Insig verpletter nog voor die boek verskyn het ...”. Wat 'n jammerte.

Die boek is in 'n Baker-Omnibus opgeneem.
Displaying 1 - 2 of 2 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.