Jump to ratings and reviews
Rate this book

Onrus op rusdal

Rate this book
Dis Saterdagoggend toe hulle Johannes Volk se lyk by die grotte, 'n paar kilometer buite Rusdal, vind, begin dinge op dié rustige dorpie verkeerd loop.

Soos gewoonlik is dit Tjalie Herout wat die nuus verkondig. Frans Lindenhof kuier toevallig op Rusdal en toe hy Tjalie se storie hoor, voel hy dadelik sy speurdersinstink roer. Volk het glo by Vlooibaai in die see geval terwyl hy visgevang het. Sy lyk moes dus wind op gedryf het na die grotte toe en dit laat Lindenhof wonder of Volk se dood wel 'n ongeluk was.

Volk se stiefbroer, Piet Overstein, is ook op Rusdal - en nie toevallig nie. As hy en Lindenhof dan vind dat Volk se kamer deursoek is, besluit hulle om in alle erns ondersoek in te stel na sy dood.

Die saak is egter vol raaisels. In die eerste plek weet niemand wat Volk op Rusdal gesoek het nie. Dan is daar ook nog die geheimsinnige stemme by die grotte wat op die eksentrieke oupa Schiepert se grond geleë is.

En is Schiepert se drie beeldskone kleindogters werklik so onskuldig soos hulle voorgee?

Unknown Binding

5 people want to read

About the author

Karl Kielblock

36 books6 followers
Kielblock studied to become a teacher and was a really good one at that, refusing several offers to become a principal because of his love for writing. In 1970 he received the "Scheepersprys" for Rebel, though most of his adventure stories and spy thrillers make for compelling reading. Another highlight for him was that Jasper le Feuvre was turned into a TV series.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
2 (20%)
4 stars
4 (40%)
3 stars
4 (40%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 of 1 review
Profile Image for Ilze.
639 reviews29 followers
May 11, 2008
Teen die tyd dat hierdie verhaal die rakke getref het, het Frans Lindenhof al heelwat bekendheid verwerf. Dit is dus geen verrassing nie dat dit ewe spannend en vol drama as die vorige Lindenhof-avonture is. Dié keer help 'n stiefbroer van die vermoorde hom om die raaisel op te los. Op die oog-af lyk dit soos 'n soort spookstorie waar die spoke bloot onder die lakens moet uitkom. Maar "stille waters diepe grond" onder draai 'n smokkelhandel rond (en kennelik maak Kielblock amper van te veel spreekwoorde gebruik). Kan dit wees dat een van die drie kleindogters van Oupa Schiepert daarby betrokke kan wees? Dit neem Piet Overstein 'n lang ruk om die waarheid agter te kom - en hy sorg ook vir 'n bietjie romanse in die verhaal wat dit alles op die ou end die moeite werd maak.
Displaying 1 of 1 review

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.