Theo Kemp se debuut is 'n deurtastende ondersoek na Suid-Afrika se benarde onderwyssituasie, maar dis ok 'n pakkende verhaal oor een wat die ondersoek doen. Die reisverhaal waarin nie net 'n komplekse aktualiteit verken word nie, maar ook die lewe van die reisiger, van 'n lewe in Suid-Afrika
In my 23 jaar as 'n onderwyseres het ek die versaking van die onderwys ervaar. Die onderwysdepartement en staat voel niks. Probeer amal vertel drolpere is vye. Dit is veral moeilik as jy 'n onderwyser geword het om 'n verskil te maak in leerlinge se lewens. In 1997 het 'n besoek aan "inner city" skool in Des Moines, Iowa VSA my sokkies van af geskok , nou is dit my realiteit,by 'n staatskool. My realiteit is deesdae 'n ander realiteit as Groenkloof skool in die storie. Vyf uit Vyf vir fyn gespot met skool waarop gebasseer is. Jy kry my vyf goue sterre Theo Kemp.