“Ek wou kom totsiens sê.” Hy leun af tot hy my in die oë kyk. “Jy kon soveel beter gedoen het, weet jy dit? Maar nou sal jy doodgaan nes jy geleef het, ’n armgat meisie uit armgat Johannesburg. Pragtige lyf, gretig om te leer, maar dom, dom, dom.”
Dis die laat tagtigs in Johannesburg. Adriana van der Hoon is agtien jaar oud. Haar aktivis-pa het jare lank oorsee geld vir die Education Trust ingesamel maar op ’n dag verander alles, en nou staan die veiligheidspolisie op haar drumpel met ’n ultimatum. As sy hulle nie help om die ANC se geldspoor van Duitsland na Suid-Afrika te volg nie, sit sy en haar chroniese siek ma sonder heenkome. En sy sonder haar studiebeurs. Dis hoe Adriana in Berlyn beland. Dis hier waar sy haar talent om messe te gooi vervolmaak, en waar sy Yasen Todorov ontmoet. Ver weg van alles wat bekend en veilig is, leer Adriana waartoe sy in staat is. Bowenal leer sy dat niemand, ook nie sý nie, ooit heeltemal onskuldig is nie.
Irma Venter is a thriller writer. She writes books about strong women, interesting men and that fascinating space between right and wrong. Her first book, Skoenlapper, was published in 2012, in Afrikaans. Six of her books have been translated.
Irma Venter is 'n misdaadskrywer. Haar eerste boek word in 2012 gepubliseer. Skoenlapper word gevolg deur Skrapnel, Sondebok, Skarlaken, Sirkus, Sondag en Sewe-en-veertig. Minder as Niks verskyn in 2021, en is die begin van 'n nuwe krimireeks met Ami Prinsloo as die hoofkarakter. Die Verkeerde Vrou is die tweede boek in die reeks, gevolg deur Al Wat Tel. Die vierde boek in die Ami-reeks het pas verskyn – Die Drie Weduwees.
Toe gaan ek die amper-Oujaar uit met 'n vreeslike knal. Irma Venter se snelbewegende, uiters spanningsvolle misdaadriller het my laat regop sit, met my hart wat bokspring in my een hand, en 'n paar flenters-gekoude naels aan die ander hand.
Wow. Read then first two in the series and couldn't wait to find out what lay in Adrianna's past, so I skipped to Sirkus. Once I started, I couldn't put it down. Absolutely worth the read.
Die vyfde boek in Irma Venter se S-reeks is hier. En soos 'n wafferse sweefstokarties neem sy jou met Sirkus saam na duiselingwekkende hoogtes. My senuwees was klaar!
Sirkus neem ons terug na die laat tagtigs en Adriana van der Hoon se agtiende verjaarsdag - die dag waarop haar lewe vir altyd verander. Sy raak verstrengel in die nette van die veiligheidspolisie, ANC en die Education Trust waarvoor haar pa jare lank geld insamel. Sy word gedwing om na Berlyn te gaan. Hier ontmoet sy onder andere vir Yasen Todorov en leer om die kuns van messegooi te vervolmaak. Kort voor lank tree sy as kunstenaar op in 'n Sirkusklub. Hieruit leer ons Adriana se karakter, soos ons haar in die vorige boeke ook leer ken het, beter verstaan: "Ons is vreemde wesens afkomstig uit 'n vreemde wêreld. Die mense wat jy verwag om te sien as jy na die sirkus kom. Buitestanders en vreemdelinge. Mense na wie jy wil staar, ander van hulle wil vertel. Mense wat jy dalk wil ken, maar beslis nie wil wees nie. Dis vreemd, maar ek voel tuis hier." (bl. 231)
Die vertelling beweeg moeiteloos tussen verskillende tydslyne (die tagtigs en die hede) asook tussen twee vertellers (Adriana en Ranna). Baie van die onopgeloste vrae uit Venter se vorige boeke word in Sirkus beantwoord.
Die skrywer skep op meesterlike wyse spanning regdeur die verhaal en daar is meer as een naelbytsituasie. Teen die einde het jy van alles om jou vergeet soos wat jy die bladsye koorsagtig omblaai om antwoorde te kry. Irma Venter is 'n sterk stem in ons huidige korpus van spanningsverhaalskrywers - nog meer, sy is een van die bestes.
Sirkus is Adriana se storie. Oor haar verlede, en hoe daardie verlede haar inhaal. Daar is derhalwe twee stories - dié van die jong Adriana in hoofsaaklik Berlyn in die vroeë 90's, afgewissel met die hedendaagse gebeure.
Genoeg om te sê 'n ongure karakter uit Adriana se verlede daag op vir wraak. Ek gaan nie eers meer as dit verklap nie.
Wat hierdie boek so briljant maak is karakters waarin jy jou tande kan slaan, uitstekende storievertelling, geloofwaardige aksietonele en 'n sterk spanningslyn deur beide verhale.
Sirkus is eenvoudig fenomenaal. Lees dit.
--------------------------
As ek bietjie raad mag opper, liewe skrywer/redigeerder/wieookal vir die besluit verantwoordelik was: moenie wanneer jou primêre storie (die hede in hierdie geval) sy finale krisisfase ingaan dit onderbreek deur nog 'n laaste draai in die sekondêre storie (die verlede) te gaan gooi nie. Ek sal die effek daarvan vergelyk met 'n TV program wat op sy spannendste gedeelte deur 'n advertensie onderbreek word - jy wil net fast forward om weer by die aksie uit te kom. Handel die ander storielyn vroeër af sodat die leser daardie laaste naelbytrit na die verhaal se klimaks ononderbroke kan geniet.
Irma Venter stel nie teleur nie. Sirkus is soos 'n kuier saam met ou vriende. Mag ons nog kuiers saam met Ranna, Sarah, Adriana, Boris, Alex en Liesbet hê.
"Ons is vreemde wesens afkomstig uit 'n vreemde wêreld. Die mense wat jy verwag om te sien as jy na die sirkus kom. Buitestanders en vreemdelinge. Mense na wie jy wil staar, ander van hulle wil vertel. Mense wat jy dalk wil ken, maar beslis nie wil wees nie."
This 5th book of Irma Venter's "S" series doesn't waste time in thrilling you. A few pages in and bam we're off on a heart-thumping adventure. I have to say it's my best in the series (ALL of them are superb but this one has something that appeals to me). Adriana has been a bit of a mystery up until now. Sirkus delves into her past as a former lover makes a very unexpected appearance in her present day life. When a young woman is kidnapped, Adriana has to call on Ranna (photojournalist) and Sarah (a brilliant if a little recluse hacker) to help find her. The stakes are ridiculously high and the tension taught as we yo-yo between the present and the past. We discover how Adriana ends up in Berlin and the reason her knife-throwing skills are flawless. The story - while spanning a few decades (and countries) will have you turning the pages late into the night, but one thing's for sure - you won't regret a single minute.
Na n lang breek van Irma Venter het ek weer die "reeks" begin lees. Baie lekker storie. Boeiend. Ek hou van die manier hoe sy die hoof karakters en stories afwissel in die reeks, jy weet nooit wat om met die volgende boek te verwag nie, en dit is lekker.
This book is written very well. It kept me on the edge of my seat, but also warmed my heart. I got to know every character in their past and present. It was easy to read and to follow.
Wat n aangrypende verhaal. Hierdie een staan vir my kop en skouers uit aangesien ek n sagte plek ontwikkel het vir Boris! Nou dat ek weet hoe hy in die algehele prentjie pas is ek verby opgewonde oor die opvolg.
I must confess that I didn’t know what was actually happening in the first part of this book. Lots of loose threads. I decided to persevere and it certainly picked up by halfway through and I enjoyed the rest of the book. I heard her speak at the Franschhoek Literary Festival and was interested to read her work. Will I read another book by this author? I would if it came my way but I wouldn’t go out and buy it (unless second hand).