Steenberg, who suffered from multiple sclerosis, is known for award-winning books like Klawervyf, Eendoring met lang bene, Boom, Bomer Boomste and Stippe Stappe Stories.
Through her work as lecturer and writer children’s literature was developed and accepted as a literary genre.
Wat maak jy as jou ma 'n mongooltjie kry kort voor jou 16e verjaarsdag? - wat maak jy as jou ma 'n bába kry terwyl jy 'n tiener is??!! Elsabé Steenberg is waarskynlik die enigste skrywer met genoeg sensitiwiteit om so 'n verhaal te skryf sonder om die leser af te skrik.
Ek het hierdie boek vir die eerste keer in 1991 gelees. Dis ongeveer 18 jaar gelede en toe ek die titel weer sien, kon ek eerlikwaar nie onthou waaroor dit gaan nie. Daar het egter al baie water in die see geloop sedert ek dit gelees het. Ek weet ek het in 1991 'n gruwelike droom gehad waarin ek my ma se lyk gesien het. Dit het my só ontstel dat mense vir my gebid het - my ma het natuurlik nooit daarvan te hore gekom nie. Maar daar was hierdie verhaal, waar dit op bl. 103 lui: "Ek wil my ma hê, ek soek my ma. Asseblief, het iemand haar nie gesien nie? ... haar hande is bly en hou my vas." Sonder my wete het hierdie woorde, hierdie verhaal, in my onbewuste gaan lê. 1991 was 'n moeilike jaar vir my, asook 1995. Teen daardie tyd het ek egter al agtergekom ek kan skryf en het self 'n kortverhaal neergepen. Dit was eintlik niks nie, 'n soort "poskantoor" met boodskappe sonder leser of ontvanger. Ek het daaraan geslyp, dit vir 'n kompetisie ingeskryf en 'n prys gewen. Weer daaraan geslyp (sodat dit amper glad nie meer soos die oorspronklike lyk nie) en het verlede jaar my eksemplaar van Botstotso ontvang met my verhaal daarin. Drie bladsye lank. 'n Verhaal wat, by nabetragting, op Klawervyf geskoei is. Dit is wat Steenberg-verhale aan my doen, al is dié een effens melodramaties. Hulle is woorde soos nektar wat in 'n mens se hart gaan lê. Sonder jou medewete word dit verwerk en kort voor lank het jy 'n raamwerk - vlerke - vir jou eie verhaal.
Toe hulle straat toe loop, vou sy hande oor hare. Die hele ent tot by haar huis praat hulle vingers saggies met mekaar.
Hy is blond en aantreklik. Hy is Duits. Hy is my man.