Jump to ratings and reviews
Rate this book

Die Heuningwolk:

Rate this book
"Nes die outjie daar," sê die verpleegster in die afdeling vir morone. Maarten kyk, en voel hy dis Andri. Maar hiér! Hy onthou 'n meisietjie wat vir hom uit 'n boom loer, vrolik skater oor sy geterg en dan soos 'n wildsbokkie wegglip. Sy kan tog nie hier hoort nie.

Van dié oomblik af vergeet Maarten hoe hy gesê goed, hy sal saam met sy ma in die woonstel by die inrigting woon terwyl sy navorsing doen vir haar doktorsgraad, maar hy wil niks, niks met die pasiënt te doen hê nie. Al wat nou vir hom saak maak, is om te bewys dat Andri nie swaksinnig is nie. Daar moet 'n ander rede wees waarom sy nie wil praat nie en dikwels sulke woedebuie kry. Daarmee stel Maarten hom, 'n buitestaander en nog maar 'n tweedejaarstudent, teenoor die mening van ervare sielkundiges en verpleërs van die intrigitng. Dit is onvermydelik dat daar botsing sal kom; dit kan sy moeder se studies skaad, maar ergste, miskien ook vir Andri.

Al waarop Maarten elke slag weer kan terugkom, is sy gevoel, daardie eerste indruk toe hy na Andri gekyk het soos jy na 'n normale mens kyk. Net soms voel hy 'n sweempie is hy nie dalk eenvoudig koppig nie? Maar dan troos sy ma "Om óm te gee, om iets deur te voer, is nooit laf nie."

Die Heuningwolk gee die leser 'n simpatieke blik op die lewe in 'n sielsieke-inrigting. Maar dit is veel 'n warm menslike verhaal van 'n gesinnetjie. 'n Ma wat alles sal prysgee vir haar kinders, maar nie die ideaal nie, 'n kind wat die groter wêreld leer ken en 'n seun wie se oë oopgaan vir ander mense en wat self 'n man word.

150 pages, Paperback

82 people want to read

About the author

Elsabe Steenberg

35 books5 followers
Steenberg, who suffered from multiple sclerosis, is known for award-winning books like Klawervyf, Eendoring met lang bene, Boom, Bomer Boomste and Stippe Stappe Stories.

Through her work as lecturer and writer children’s literature was developed and accepted as a literary genre.

She is the sister of André P. Brink.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
6 (50%)
4 stars
5 (41%)
3 stars
0 (0%)
2 stars
1 (8%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 3 of 3 reviews
1 review2 followers
December 12, 2016
Ek het hierdie boek baie, baie jare gelede gelees, maar onthou dit vandag nog. Een van die bestes ooit!
Displaying 1 - 3 of 3 reviews