Jump to ratings and reviews
Rate this book

Die ander Marta

Rate this book
Nou het ek geleer daar is twee maniere van liefhê. Jy klou vas of jy laat los.

Na jare se onderdrukte vrese en verlangens klim Marta op 'n dag in haar motor en ry weg. Weg van haar man, Hendrik, weg van haar lewe op die plaas. Aan die Weskus vind sy 'n tydelike heenkome in 'n klein vissersgemeenskap. Die genesende waarde van die eenvoudige lewe by Koster en sy mense, die herwinning van selfvertroue en eie waarde, maak van Marta 'n ander mens. En selfs Hendrik kom geleidelik tot nuwe insigte deur die ontydige besoek van 'n jong familielid.

'n Meesleurende roman waarin die metamorfose van 'n emosioneel verwaarloosde vrou met menslikheid en humor weergegee word.

Eleanor Baker se eerste roman is in 1972 gepubliseer, maar dis met Weerkaatsings, 1984, dat sy werklik die aandag getrek het. Dit het 'n FAK-toekenning ontvang en het oorsee verskyn in Engels, Sweeds, Hebreeus, Deens en Fins. Haar roman Verbeelde werklikheid is 'n tour de force genoem en haar roman oor die Anglo-Boereoorlog, Groot duiwels dood, is ook in Nederlands vertaal. (rugteks)

250 pages, Paperback

Published January 1, 2002

3 people are currently reading
128 people want to read

About the author

Eleanor Baker

25 books16 followers
Although Baker initially studied music, she obtained her M.A. in Afrikaans (cum laude) in 1968 at the University of Pretoria. In Johannesburg she worked as a school teacher and got married to Walter Baker in 1969. Three years later her debut Wêreld sonder einde appeared, albeit that Weerkaatsings (Reflections) established her status as an important (though unfortunately often undervalued) Afrikaans author who penned 56 books in the end. Since her husband was in the diplomatic service, the couple moved from Teheran to Den Haag and from there to Montreal and Brussels before returning to South Africa to retire. Baker died of cancer at the age of 57.

She sometimes used the pseudonyms Christine le Roux and Alex Muller.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
18 (28%)
4 stars
25 (39%)
3 stars
19 (29%)
2 stars
1 (1%)
1 star
1 (1%)
Displaying 1 - 5 of 5 reviews
Profile Image for Ilze.
641 reviews29 followers
May 22, 2008
This was the last book Eleanor Baker was working on shortly before her death - and this fact shows in the type of novel it is. The story begins where Marta has decided to commit suicide. She wades into the ocean and waits. The day grows long, but nothing happens!
This is the story of how Marta's life changes once she decides to live and is a worthwhile read.
3 reviews
September 21, 2014
Wat 'n goeie boek. Van 'n vrou wat weer haarself moes vind. Hierdie boek lees ek graag weer en weer, veral wanneer ek bietjie af is en my lewe na 'n cul de sac lyk.
Profile Image for Elmari Potgieter.
33 reviews
February 11, 2019
'n Heerlike boek om te lees. Ek dink goed geskryf. Vloei en lekker om te lees. Nie nodig om een paragraaf oor te slaan nie! Marta 'n baie interessante vrou. Wens daar was 'n opvolg.
Profile Image for Alet.
31 reviews
June 17, 2019
Het lanklaas een van haar boeke gelees, maar het net weer besef hoekom sy een van die beste Afrikaanse skrywers vir my is. Ek is nou lus om Weerkaatsings vir die hoeveelste keer ook te lees :)
Displaying 1 - 5 of 5 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.