'n Studiereis na Parys was die laaste ding wat Emma vir haar sestiende verjaardag wou hê! Emma word sommer gou oorrompel deur die skoonheid van die stad. Boonop is daar Luc, Madame Flaubert se seun, wat vir Emma gids speel en die stad se bes bewaarde geheime vir haar ontsluit. Maar in die Orsay-museum gebeur daar iets vreemds wat Emma laat besef sy is bestem om op hierdie dag op hierdie plek te wees, en dat niks wat tot nou gebeur het, toeval is nie.
This book was lent to me by an eleven year old and it thoroughly captured me! A fairly original fantasy/reality story set in beautiful Paris. It made me want to pack my bags and go straight to the city of lights! I had fun journeying with Emma on her school getaway and she had a few surprises up her sleeve! An easy, quick, quirky Afrikaans read that was highly enjoyable!
Ek het die boek eintlik vir my dogter gekoop aangesien ons Parys binnekort besoek, maar die voorwoord: “Vir almal wat graag deur die strate van Parys slenter” het my getrek. Dit was ‘n oulike tiener storie wat my laat dink aan die Percy Jackson reeks. Dit het sowaar gevoel of mens ‘n avontuur in Parys se strate beleef.
Die boek was só lekker om te lees! Dit leer jou oor die franse kos, kulture, geboue en nog baie. Daar is so hier en daar n paar Franse woorde in en sommer hope fantasie!!
This book is absolutely disgusting! It is supposed to be based on roman/greek mythology, but has basically no accuracy or regard for what the source material says. For instance; there are (according to the original mythology) nine muses. In this book however, only three at a time and the word muse is apparently a title passed down from generation to generation. This brings me to my next point: the timeline. This book has the most scrambled timeline ever. In order for it to make at least some sense, certain characters have to be over a hundred years old. As I said; nothing makes sense.a certain part of the book is a result of the statue “pan et oursons”. The statue of a satyr playing with two bears in the Musée d’Orsay. I was surprised to find that there is actually a similar statue in existence. The writer obviously has done next to no research for this book. Over all I think it is an abomination and do not recommend it to anyone
This entire review has been hidden because of spoilers.
Dit lyk asof dié boek van Elizabeth Wasserman oor 'n doodgewone skooltoer na Parys handel. Maar wie so dink, laat hulle mislei deur die omslag, wat die boek se groot geheim suksesvol bewaar. Emma Vermaak se reis word magies-realisties beklee met mitiese betekenis - 'n wending wat tegelyk oortuigend en spannend is. Dié avontuur spoor my aan om weer die kuns en argitektuur van Parys te gaan verken - maar ek sal met nuwe oë na die detail oplet!
Elizabeth Wasserman colours an ordinary school tour to Paris with myth and magical realism. Paris will never seem the same again! The adventure is convincing and exciting in equal measure.
Ek dag ek lees 'n tipiese tiener Afrikaanse romans, maar toe bevind ek myself binne 'n fantasie. Wasserman het 'n interessante storie saamgeweef met magiese-realisme, Griekse mitologie en diverse karakters. Hoewel die genre 'n goeie verrassing was is die skryfstyl nie heeltemal vir my nie, maar as 'n tiener verhaal met fantasie elemente in 'n mark waar fantasie nog jonk is - is dit wonderlik en kreatief.