Opnuut 'n treffer uit die pen van 'n baie begaafde skrywer.
Marita van der Vyver hanteer in Misverstand verskeie temas baie eie aan menswees - liefde, geloof, hoop en wanhoop, seksualiteit, dood, middeljarigheid... Die twee kerntemas wat my die meeste aangespreek het is eerstens die mens se belewenis van sy eie middelmatigheid - dat meeste mense, saam met verganklikheid, ook moet vrede maak met hul eie middelmatigheid, want sukses meet ons alte dikwels aan die maatstawwe van die wêreld, die belangrike pryse, die groot fanfare. So dikwels weeg ons, ons eie klein bedryf en bevind ons onsself te lig.
Tweedens is daar die tema van keuses met hul gevolge. Niemand kom hiervan vry nie...jy kies en dan leef jy met jou keuse mee - soos Willem Prins opnuut in die strate van Parys besef.
Die narratief is 'n meesgterlike ineenskryf van fiksie en die weersinswekkende, hartverskeurende werklikheid van die tereuraanvalle in Parys. En die groot waarheid dat alles in 'n oogwink kan verander.