Die boek gee van sy kort vertalings van Sokrates se gif-beker-episodes, wat die nuttigste deel van die boek is.
Dit is jammer dat hy nie selfs meer tyd afgestaan het aan sy Griekse vertalings nie. Maar goed, hy was oogarts. Die klomp goed oor die politiek waarin hy vasgevang was, voel so onnodig.
Maar iets wat ek nog geleer het - maak klaar wat jy begin het. Hy't soveel gedigte geskryf waaraan hy heeltyd geskaaf het. Hy's later oor die 90, oorlede, en dis seker nou in die Letterkundemuseum. Nietemin, in daardie opsig is die boek besonder leersaam.