Jump to ratings and reviews
Rate this book

Katoog

Rate this book
Luna, ’n jong speurdersersant, moet die saak oplos van ’n meisie wie se lyk in ’n riviertjie gekry word. Maar wie is die meisie, met wie het sy kontak gehad en waar het sy vandaan gekom? Aanvanklik lyk dit nie of Luna eens hierop antwoorde gaan kry nie, tot ’n verwaarloosde meisietjie van haar afhanklik raak en haar onwetend op ’n spoor plaas.

Dit bring egter net nuwe probleme. Luna raak bewus van ’n motorfietsryer wat net te dikwels agter haar op ’n openbare pad verskyn, later voor haar woonplek, en hy probeer nie juis onopsigtelik wees nie. Die dwelmwêreld wat voor haar oopmaak, is ook nie ’n verwikkeling waarop sy gereken het nie. Luna word terselfdertyd gekonfronteer met kennis uit haar persoonlike verlede wat al net ’n vae herinnering geword het. Is luitenant Johan Botha wie sy dink hy is?

304 pages, Paperback

Published January 1, 2016

8 people are currently reading
17 people want to read

About the author

Jeanette Stals

8 books7 followers
Afgetree uit die onderwys, en werksaam as toergids en gastehuis-eienaar, konsentreer Jeanette Stals op haar skryfwerk. Omdat sy graag misdaadfiksie lees, begin sy haar toespits op die spanningsgenre. Haar eerste boek in die reeks met Luna as hoofkarakter, Katoog, verskyn in 2016. Sedertdien skryf sy ook romanses en historiese fiksie.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
15 (25%)
4 stars
23 (39%)
3 stars
19 (32%)
2 stars
1 (1%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 8 of 8 reviews
Profile Image for Lelani.
101 reviews30 followers
February 19, 2017
Speurdersersant Luna Joubert kry haar eerste saak as hoofondersoekbeampte en sy is onder druk om haarself te kan bewys. Sy weet sy moet die moord van 'n jong meisie oplos en vinnig ook. Die spoor raak by die minuut kouer. Maar Luna sukkel van die begin af om antwoorde in die Roseville gemeenskap te kry waar niemand nooit iets gesien of gehoor het nie.
Saam met Luna leer ons die Roseville gemeenskap en van sy inwoners ken. Luna ontmoet vir Mike the Bike wat haar rillings gee, en sy is doodseker hy agtervolg haar orals op sy motorfiets. Luna raak geheg aan 'n verwaarloosde meisietjie, Opla, wat haar onwetend op 'n spoor plaas, maar dan vind daar 'n tweede moord in die gemeenskap plaas en Luna besef sy sal vinnig moet uitvind wie agter die moorde sit.
Dit voel of net die boonste lagie vernis van die karakters en spesifiek Luna afgekrap is en reg om verder ontgin te word. Met tye voel die beskrywings skrams en dit voel of die slot net te vinnig daar was.
Katoog is 'n lekkerlees polisieprosedure en spanningsverhaal en aanhangers van die genre sal Katoog met sy verskeidenheid karakters baie geniet. Ek sien uit na die volgende boek uit die skrywer se pen.
Profile Image for Marie-Antoinette.
245 reviews
September 18, 2017
Resep vir ‘n speurverhaal:
‘n Allenige dogtertjie wat graag by die stroompie speel en met haar denkbeeldige olifant gesels (Opla).
‘n Jong speurder op haar eerste moordsaak. Sy is nog onervare, effe naïef en waag dit alleen in situasies waar sy liewer moes weggebly het (Luna).
‘n Liggaam: ‘n jong vrou, half ontbind, in die stroompie. Sy het nie ‘n van nie, en ook nie ‘n “vandaan” nie (Angie).
‘n Arrogante, uitdagende, dreigende motorfietsryer wat net té dikwels opduik waar Luna haar bevind (Mike).
Luna se ondersoekleier, wat op ‘n ongewone manier in haar persoonlike lewe belangstel (Johan).
Een arm woonbuurt neffens die riviertjie. Al die inwoners dra een of ander psigologiese letsel van hul omstandighede. Al die inwoners is baie ontwykend by ondervraging.
Meng deeglik terwyl geheime bestanddele een-een bygevoeg word – siedaar!

Die eerste ding wat my na hierdie boek toe aangetrek het, is die voorblad! En dan die woorde voorop: "Die bosse hou asem op. Iets of iemand is hier...". Ek was oorgehaal om te begin lees. Die inhoud van die boek het dan ook nie teleurgestel nie. 'n Jong vrou se lyk word in 'n riviertjie in Roseville, Stellenbosch gevind. Dis speurdersersant Luna Joubert se taak om die oorsaak van haar dood vas te stel. Sy raak gou verstrengel in al die drade van die saak wat "deurmekaar en ineen vleg". Die spoor vat haar deur die wêreld van Roseville se unieke mense, Darling se strate en sy gaan draai selfs in die Paarl. Luna raak geheg aan 'n verwaarloosde meisietjie, Opla, wat haar onwetend op 'n spoor plaas, maar dan vind daar 'n tweede moord in die gemeenskap plaas en Luna besef sy sal vinnig moet uitvind wie agter die moorde sit. Dit voel of net die boonste lagie vernis van die karakters en spesifiek Luna afgekrap is en reg om verder ontgin te word. Terwyl sy so op soek na die waarheid is, begin 'n vreemde motorfiets haar agtervolg. Wat gaan aan? Sy moet boonop saam met luitenant Johan Botha werk. Hoekom kyk hy haar so snaaks aan en vra sulke vreemde vrae oor haar verlede? Sonder om die antwoorde op hierdie vrae weg te gee, gaan ek sê: hierdie boek lees lekker, tel na die einde se kant toe vinnig spoed op en laat die leser aan die einde tevrede agter.

Met tye voel die beskrywings skrams en dit voel of die slot net te vinnig daar was. Katoog is 'n lekkerlees polisieprosedure en spanningsverhaal en aanhangers van die genre sal Katoog met sy verskeidenheid karakters baie geniet. Ek sien uit na die volgende boek uit die skrywer se pen.
Profile Image for Amanda.
1,155 reviews
August 7, 2017
Ek het alreeds vordering gemaak met die lees van Vermis, voordat ek besef het dat dit die tweede speurroman is uit die pen van Jeanette Stals, ’n reeks waarin speurder Luna Joubert, die hoofkarakter is. Beide die uitstekende intrige en die ondernemende skryfstyl van Vermis, het my genoop om Katoog aan te skaf. Dit was ’n goeie belegging in suiwer leesgenot. Meer as een moord en aanduidings dat dwelmshandel ’n rol speel, betrek die leser vinnig by die wel en weë van Roseville se komplekse gemeenskap. Om die verhaal verder in te kleur, en aan Luna se karakter ekstra diepe te verleen, kom daar verreikende persoonlike sake ook ter sprake. Die afloop daarvan, asook twee ander punte, kon ek voorsien, vanweë die feit dat ek reeds Vermis gelees het, maar dit het nie afbreek gedoen aan die feit dat ek Katoog hoog aanbeveel nie. Die spanningslyn was meesterlik enduit volgehou, selfs al het ek voorkennis gehad van die ontknoping in sekere opsigte. Ek wil dus aanraai dat lesers wat nog nie met Jeanette Stals se intense karakters, Luna en Johan, kennis gemaak het nie, beide Katoog en Vermis onder oë sal kry, en regmaak vir 'n goeie paar ure se meesleurende lees.
Profile Image for Werner.
25 reviews1 follower
April 22, 2019
Dit is 'n uitstekende speurverhaal. Die verhaal het 'n stadige pas, maar daar is die heeltyd spanningsvolle oomblike.

Die karakters is baie goed geskep en die verhoudings tussen die verskillende karakters word goed uitgebeeld.
101 reviews3 followers
November 11, 2017
Jeanette weet hoe om boeiende stories te skryf. Dit was baie moeilik om die spannende boek neer te gesit het.
Profile Image for Adele Vorster.
97 reviews8 followers
January 14, 2017
Die eerste ding wat my na hierdie boek toe aangetrek het, is die voorblad - dis pragtig! Volgende was die titel - ek is mal oor enige iets wat met katte te doen het. En dan die woorde voorop: "Die bosse hou asem op. Iets of iemand is hier...". Ek was oorgehaal om te begin lees.

Die inhoud van die boek het dan ook nie teleurgestel nie.

'n Jong vrou se lyk word in 'n riviertjie in Roseville, Stellenbosch gevind. Dis speurdersersant Luna Joubert se taak om die oorsaak van haar dood vas te stel. Sy raak gou verstrengel in al die drade van die saak wat "deurmekaar en ineen vleg".

Die spoor vat haar deur die wêreld van Roseville se unieke mense, Darling se strate en sy gaan draai selfs in die Paarl. Terwyl sy so op soek is na die waarheid, begin 'n vreemde motorfiets haar agtervolg. Wat gaan aan? Sy moet boonop saam met luitenant Johan Botha werk. Hoekom kyk hy haar so snaaks aan en vra sulke vreemde vrae oor haar verlede?

Sonder om die antwoorde op hierdie vrae weg te gee, gaan ek sê: hierdie boek lees lekker, tel na die einde se kant toe vinnig spoed op en laat die leser aan die einde tevrede agter.

My gunsteling aanhaling uit die boek is: "Is die mensdom se verlies een groot brood waarvan almal een of ander tyd moet eet? Party mense dalk meer dikwels en groter happe as ander, maar dis almal se voorland. En as jy iemand sien eet, herkou jy onvermydelik aan jou stuk brood van vroeër. Hoe lank sal dit neem voor dit eens en vir altyd verteer is?"

Ek sien uit na nog baie boeke uit hierdie skrywer se pen (of sleutelbord).
Profile Image for Madri.
212 reviews8 followers
August 16, 2016
Luna, Jeanette Stals se hoofkarakter, is jonk, onervare en vasbeslote om haar staal te wys, maar sy's aanvanklik onseker en teruggetrokke. Dieselfde kan van die roman gesê word. Die verhaal begin voel-voel, effens skugter, maar vasbeslote om die leser se aandag enduit te hou met 'n boeiende storie. Dit tel spoed op, staan op vaster bene soos die storie vorder. Met die volgende boek het Stals en Luna, hoop ek, hulle groentjieskoene ontgroei.
Displaying 1 - 8 of 8 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.