Jump to ratings and reviews
Rate this book
Rate this book
Wie besluit oor lewe en dood op Kruisbaai?

557 pages, Paperback

First published January 1, 2007

5 people are currently reading
98 people want to read

About the author

Chanette Paul

68 books143 followers
Chanette Paul word rond en bont groot. Sy woon nege skole by, studeer aan vyf universiteite en het al in sewe provinsies gebly. Haar eerste verhaal waarvoor sy betaling ontvang het, is ‘n sprokie wat sy op sestienjarige ouderdom geskryf het en op Siembamba voorgelees is. Die tweede, ‘n kortverhaal, is in haar universiteitsjare in Huisgenoot gepubliseer.
Eers twintig jaar later, in 1995, gee sy weer aandag aan haar skryfwerk. Sedertdien het ‘n verskeidenheid verhale en humoristiese artikels in tydskrifte verskyn asook in die omgewing van 50 boeke in verskillende genres.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
60 (41%)
4 stars
66 (45%)
3 stars
16 (11%)
2 stars
3 (2%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 16 of 16 reviews
Profile Image for Margitte.
1,188 reviews667 followers
October 4, 2015
Springklip op Kruisbaai het al vyf slagoffers geëis, oor 'n baie lang tydperk, en altyd tydens springgety. Self die magiese word verdink van inmenging in die daaglikse misterieuse mites wat rondom die uitkykpunt ontstaan het. Dit kon dalk as legendes deurgegaan het as dit nie was vir die kruise nie, wat daar bo op die krans vir die werklike slagoffers opgerig is.

Speurder-sersant Gys Niemand het rede om baie diep te sug.
Dis asof die strook tussen Niemandsdorp en Kruisbaai met uitsonderlike wellustigheid besmet is. En die wyer kusstrook wat vir vyftig, sestig kilometer weerskante van Kruisbaai uitstrek voor dit ander polisiedistrikte se verantwoordelikheid word, hou klaarblyklik vir besonder eienaardige inwoners 'n bekoring in. Van wêreldbekende skrywers tot fanatieke sekteleiers.
Die Maanschijnbaai tema vind weereens grondslag in hierdie boek, soos 'n getroue bloudruk, nl. 'n Vrou, met geen heenkome nie, na 'n egskeiding van haar man, vind 'n veilige hawe wanneer sy 'n huis in 'n afgesonderde stranddorpie erf van 'n tante. 'n Aantreklike argitek wil die huis by haar koop, terwyl haar eksman, Fritz Reynecke, met sy nuwe katelpoppie, ook hard probeer om dit in die hande te kry.

Die huis, Die Visvrou gedoop, is verwaarloos, moet dringend aandag kry, en daar's skaars geld vir kos. Lily Reynecke, die veertigjarige Barbie ewebeeld, wynvlieg en roker, met die sletterige kleresmaak - haar jeans is so goed as vasgeverf aan haar lyf, volgens die dorp se ou inwoners- het dus nie alleen 'n opdraende stryd wat voorlê nie, maar ook vyande nog voor sy behoorlik ingesetel is.

Dis die Chanette Paul wenresep aan die werk hier.
Wat is dit aan Kruisbaai wat maak dat dese en gene hulle so verlustig in ongeoorloofde vleeslikheid? wonder Lily terwyl sy haastig deur toe stap. Die Visvrou se vloek? Annie se postume wraak? Gerbrand se werkinge uit die hel? Of maar net die eensaamheid van 'n afgesonderde plekkie waar die maan en wind massas water hierdie kant toe stoot en dan daardie kant toe sleep?
'n Verruklike, boeiende plot ontvou vinnig en spannend in hierdie romantic murder mystery Die moordverhaal-genre is so voorspelbaar soos mieliepap, en hierdie een is geen uitsondering nie. En boonop was die moordenaar, in hierdie geval, reeds vroeg in die boek uitkenbaar. Maar tog wou, en kon, ek nie hierdie riller neersit nie. Dit het amper in 'n deurnagoefening ontaard! Letterlik die flits onder die komberse-tipe van geheime oefening gewees!

Uitstekend geskryf. Anders as met Louise Penny se boeke wat almal in Three Pines, Canada, afspeel, en die hele leserstal op hol het om daar te gaan woon, is Kruisbaai die laaste plek op aarde waar ek sal wil woon. Dis 'n weird spul mense, die heldin ingesluit! Op g'n manier nie! :-))

Die boek verloor 'n ster weens 'n persoonlike doring in die vlees. Daar is 'n subtiele neerhalendheid teenoor die oorgewig karakters, soos Ada en Robert. Die arme oorgewig Ada word as net so 'n afwyking behandel as die intellektueel-gestremde broer Kassie. In die verloop van die drama is daar geen intelligente, of welgestelde, of geleerde, of suksesvolle, of gerespekteerde mollige inwoners nie. In 'n land waar meer as 70% van die bevolking as oorgewig geklassifiseer word, kan dit nou nogal 'n groot gros van die lesers insluit.

Die ander klip in die skoen, is die irriterende 'Sersant, regso sersant, sersant, goed so sersant, sersant onmidellik, sersant, sersant, nag sersant'- tipe van retoriek. 'n Bietjie hinderlike oudedoos miskien?

Andersins is dit 'n heerlike, lighartige, ontspanne lees. Chanette Paul is 'n meester woordsmid. Sy vang magiese dinge aan met 'n woordeboek!




Profile Image for Maja the Bookworm.
65 reviews
September 26, 2016
Lily Reynecke bly “tydelik permanent” by die Visvrou, die huis wat sy ná haar tante Maja se dood geërf het. Langs die see, tussen die fynbos, probeer sy dié verlies asook haar egskeiding verwerk. Maar Kruisbaai is ‘n plek met baie geheime. Bo-op Springklip staan daar reeds vier kruise en dié hoë krans hou nie op met lewens eis nie. Het die mense geval? Gespring? Of het iemand hulle dalk gestamp?
Dan is daar die sexy Ben Brink. Al wil sy bitter graag glo hy is onskuldig, moet sy wonder. Hy sal enigiets doen om sy broer, Kassie, te beskerm, en hul pa was een van Springklip se slagoffers…
Ek het ‘n paar jaar gelede die Gys Niemand-reeks verslind. Die pragtige heruitgawe van Springgety was ‘n goeie rede om dit weer te lees, iets wat ek lankal wil doen. Nou kon ek behoorlik kyk na die skryfstyl en die details; die eerste keer was ek net te haastig om uit te vind wat gebeur! Dis ‘n heerlike boek met spanning, romanse en ‘n magiese atmosfeer.
Profile Image for Sylvia.
37 reviews8 followers
December 6, 2016
Springgety

Resensie – Sylvia de Kock

Aan Chanette Paul se boeke lees mens met gemak en genot. Springgety is geen uitsondering nie. Dit is ‘n heruitgawe op versoek van Paul se baie lesers. Vir ‘n leser soos ek wat vir die eerste maal met die speurder Gys Niemand kennis maak, is die ontmoeting ‘n verrassing. ‘n Amusante een. Maar ook ‘n verrassing wat so met die tyd saam oopvou en ‘n karakter aan jou bekend maak wat jy nie gou gaan vergeet nie.

Gys Niemand is ‘n groot ou met ‘n bles, ‘n maagseer en ‘n dors na Coke wat hy “weet wat dit nou weer met sy binnegoed gaan lomp manier van doen wat mens intrek. Dis sy onbenydenswaardige taak om die raaisel van Kruisbaai op te los. Volgens hom is daar iets “onheiligs” aan die plek. Dis geïsoleerd en die plek laat hom ril. Daar staan reeds vier kruise by Springklip. En nou het nog iemand gespring. Of is dalk daarbo afgestamp. Meer wil mens nie oor dié spannende storie verklap nie. Maar weet een ding: Gys Niemand, met Faantjie Fortuin wat hom bystaan, pen skuldiges vas. En daar is kinkels wat jou kop laat draai en tot lank na middernag laat aanhou lees.

Die Kruisbaaiers is ‘n komplekse lotjie en enigeen van hulle kan skuldig wees aan moord en wie weet wat nog. En ja, daar is natuurlik sprake van romanse en liefde en die skone Lily Reynecke wat haar lewe aanmekaar probeer las noudat sy Maja se spore na die afgesonderde kusdorp gevolg het. Daar is ook die befoeterde Ben en gestremde Kassie en natuurlik Fritz wat ‘n geskiedenis het. Op dié stranddorp is die stories inmekaar gevleg en die ontknoping kom ook as ‘n algehele verrassing. Lees gerus. Chanette Paul kén haar storie.
Profile Image for Lelani.
101 reviews30 followers
June 15, 2017
Lily erf die Visvrou by Maya en beland so by Kruisbaai.

Op Kruisbaai ontmoet Lily 'n verskeidenheid karakters, elkeen met hulle storie van hoe hulle op Kruisbaai beland het. Maar Kruisbaai is aanmekaar gesit van geheime - Maja s'n inkluis.

Dan daag Fritz Reyneke, Lily se eksman, en sy Vaalfeeks op en Lily moet harder baklei teen die donkerte wat haar wil oorweldig en ook teen die aantrekkingskrag van Ben Brink. Maar dan verdwyn Fritz en Lily kan nie onthou wat op Springklip tussen hulle gebeur het nie.

Springgety is heerlik deurweef met intriges, geheime en 'n Springklip wat mense oor die jare gelok het na hulle dood toe.

Met Springgety skop Chanette die Gys-reeks op 'n hoë noot af en sal aanhangers, oud en nuut, heerlik vermaak.
Profile Image for Caroline.
25 reviews
June 4, 2017
Dit is die eerste keer dat ek myself met Chanette Paul se skryfkuns vertroud maak en vind haar skryfstyl boeiend. Die karakters en hul agtergrond is goed ontwikkel. Springgety (Gys Niemand Reeks), is die eerste titel tot haar intrede in die spanningsverhaal genre. Sy het definitief nie teleurgestel nie. Ek sien uit om die res van die Gys Niemand reeks te lees.
Profile Image for Marnich.
87 reviews3 followers
June 4, 2017
Ek het dit baie geniet.
Nou gaan ek begin met Fortuin
Profile Image for Carolien.
1,060 reviews139 followers
September 29, 2017
One of my best books of the year. A clever mystery with a cast of very interesting characters. It is extremely well written with a complex plot and story line that spans decades. This book really deserves translation into English to allow more readers to enjoy it.
101 reviews3 followers
September 23, 2016
Springgety deur LAPA Uitgewers.
Sjoe wat kan ek se van die boek. Van die begin tot einde boei die boek 'n mens. Jy dink jy weet wie die moordenaar is dan gebeur daar weer iets wat jou anders laat dink. Baie lekker Spanningsromans boek. Ek beveel die boek vir enige iemand aan.
Profile Image for Biate.
341 reviews1 follower
February 1, 2015
WOW! Die boek het iets van als. Spanning, hartseer, liefde en 'n Happily Ever After.
Profile Image for BluJeans Books.
50 reviews1 follower
January 8, 2024
Gys Niemand-reeks #1 Springgety

Die storie in kort - 

Die majestueuse Springklip, wat hoog bo die golwende see van Kruisbaai uittroon, is 'n plek waar die skaduwee van die dood duidelik voelbaar is.

Dit is hoe ek my verbeel Kruisbaai lyk.  Dit is ook daar in die Wes-Kaap mense.  Ek sal graag daar of naby daar aan woon.  My hart is in Bettiesbaai.  Dit is darem maar Hemel op Aarde daar.

Lily Reynecke het pas haar tante, Maja, se voetspore na Kruisbaai gevolg toe nog 'n slagoffer deur Springklip geëis is. Die vraag bly: Wie het gespring? Of was dit 'n val? Wie het die mag om oor lewe en dood te besluit op Kruisbaai? Dalk Lily self in 'n oomblik van vergeet? Kassie? Of is dit dalk Ben? Groot Ben. Beneukte Ben. Aantreklike Ben. Wat maak Kruisbaai só aantreklik vir mense wat hulleself in verbode vermaak verloor? Is dit die Visvrou se vloek? Annie Niemand se nasie? Of is dit Gerbrand Niemand se invloed uit die duisternis? Dalk bloot die stilte van 'n afgeleë plek waar die maan die massa's water stoot een kant toe en dan weer daardie kant toe sleep.




My twee sent vir die arme beurs!



Die Paul vroumens kan darem maar skryf hoor. Dit hoor ek gereeld as 'n boekverkoper. En ja ek moet saam stem. Die vroumens mag maar hoor.
Springety was DIE boek julle. En daarmee bedoel ek DIE boek wat vir vroue in Suid-Afrika die baan oopgemaak het om uit die al ewige Romanse genre uit te vroetel, 'n nuwe baaidjie aan tetrek.
Daai paar STEWELS ((met die 8 inch heels)) wat nou al heel paar jaar rond staan en net wag om gat te skop, om hul nou aantetrek. Van Romanse to krimi. Boeiende karakters to intrige.


En Ben. ((Jammer aan al my Laerskool onnies hier.  Ja ek onthou mens mag nie 'n sin met En begin nie maar lees meer oor Ben dan trap jul my vas.)) Sjoe julle, ek is 'n vrou wat wetteglik in die eg verbind is aan 'n vrou maar selfs ek sal twee maal kyk na die seun.


Lily is een van die beste este karakters wat ek in 'n lang tyd raakgelees het. Haar woorde f*k jou Frits gly so lekker van die tong af. En elke maal wat sy dit geuiter het, het ek dit geeggo met 'n woord of twee van my eie wat ek nie hardop mag herhaal nie, my ma het gese ek mag nie so praat nie.  Maar ((jammer onnies, mag ook nie 'n sin met maar begin nie, ek weet, maar in for a penny, in for a pound))...



Maar, sjoe dit rol lekker mense en beide ek en my vrou is nou geneig om dit te uiter as die Briels ((om hul privaatheid te beskerm en ons onkunde oor hul regte name en vanne te verbloem noem ons hul die Briels)) verby die huis suiker om ... wel ons weet nie juis wat hul gaan doen nie maar hul loop, loopgrawe in ons sypaaidjie mense.  Wel as hul verby kom dan sal een van ons gereeld se F&k jou Frits want hul loop en jaag aan sover hul gaan.  En daar is baie van hul.  As almal van hul in die karavaan park sou intrek sou daai kafee dametjie nie naastenby so baie tyd op haar hande gehad het nie.  Last count is daar ongeveer twaalf Briels.  Ok, genoeg van my sonde met die ver weg bure. 


El het my trusty vriend Rudi ook bekend as ChatGTP gevra om asb vir my, my resensie te vertaal.  Ek plaas dit hier net omdat dit my laat lag het.  Die ou, Rudi nou, is tog so ordentlik.


Rudi says 

Wow, it sounds like "Springety" really made an impact! The book seems to have resonated with you in a powerful way. The author, Die Paul vroumens, seems to have broken new ground, especially for South African women, stepping away from the traditional romance genre and opening up a whole new world in crime fiction. It's fascinating how the narrative shifted from romance to intrigue, captivating you with engaging characters and an exciting plot.

And Ben seems to have left quite an impression! It's intriguing how even with your commitment, you found the character alluring. Lily's character, on the other hand, seems to be exceptionally well-crafted, with words flowing effortlessly from her, albeit sometimes with a touch of colorful language that your mother might not approve of!

It's great to see how a book can draw out such strong reactions and create such vivid images in the mind. When you're ready to shape these thoughts into your blog review, I'm here to help further if you need any guidance!

Alle grappies nou op 'n stokkie mense.  Die boek kry 'n welverdiende 4 sterre van my.  

Maar glo vir my en my kliente.  Die vrou mag maar skryf hoor.


Wanda van BluJeans Books.
62 reviews
August 6, 2017
Hierdie karakters word soos ou vriende wat ek verseker sal mis en dalk is ek so effens verlief op Ben Brink....
28 reviews
January 11, 2025
Ek kon hierdie boek nie neersit nie. Dit was n spanningsvolle speurroman met n gelukkige einde. Die eerste van die Gys Niemand reeks. Ek sien uit na die res.
3 reviews
December 8, 2016

Springgety is die eerste boek in die Gys Niemand-reeks. Dit speel grootliks af op Kruisbaai, net buite Niemandsdorp. Lily erf haar oorlede tante, Maja, se huis op Kruisbaai. Hierdie huis staan bekend as die Visvrou. Met haar aankoms kan sy sommer dadelik aflei dat sy nie welkom is nie. Sy ontmoet die ongeskikte, Ada, en egoïstiese Ben. Sy word ook onverwags verras met die afloerder, Kassie, wanneer sy gaan bad. Op Kruisbaai is daar baie geheime en baie stories. Daar is al ʼn hele paar mense dood op Springklip en die teorieë oor moord en selfmoord gis steeds onderlangs in die dorp.

Vir Lily is dit wonderlik om weg te kom van haar eksman, Fritz Reynecke, wat haar verneuk met die flerrie, Valerie. Lily word gebombardeer met Ben wat die Visvrou wil oor koop, maar Lily voel dat dit die enigste ding is wat sy oor het van Maja. Sy word verras met ʼn tragiese gebeurtenis en sy probeer al die legkaartstukkies van die snaakse gebeure en mense van Kruisbaai bymekaar pas.

Hierdie kan gesien word as ʼn speurverhaal sowel as ʼn spanningsverhaal. Paul slaag daarin om die leser deel te maak van die speurtog. Die leser probeer self nadink wie die skuldige kan wees en wat die redes vir die raaiselagtige gebeurtenisse mag wees. Wat hierdie verhaal nog treffender maak is, dat daar ʼn tikkie romanse ook voorkom. Die leser se aandag word dikwels verskuif na ʼn liefdesverhouding tussen twee karakters. Elke karakter in hierdie roman word so sterk uitgebeeld, dat die leser self voel dat hulle die karakters ken.

Hierdie is ʼn besonderse dik boek, maar die leser sal nie een oomblik verveel word deur onnodige inligting nie. Paul gebruik ook twee verskillende vertelperspektiewe, die van Lily en die van Gys Niemand.

Die skuldige word aan die einde van die boek vasgetrek, maar die gebeurtenisse wat lei tot die skuldigbevinding laat die leser verstom. Die epiloog is ook besonders treffend en heg besonderse waarde aan dié roman.
Profile Image for Ansie.
5 reviews
September 1, 2012
Nog 'n spanningsroman. Hierdie keer meer gebaseer op realistiese gebeure, maar steeds met genoeg intrige om die leser geboei te hou tot die gelukkige einde.
Displaying 1 - 16 of 16 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.