Jump to ratings and reviews
Rate this book

Elders: My 1025 km te Voet Langs die Camino

Rate this book
Aan die begin van 2015 was bekroonde Weg!-joernalis Erns Grundling oorwerk, oorstuur, oorgewig, beseer - en pas gediagnoseer met slaapapnee. Vanselfsprekend was al ding om te doen om die ellelange Camino-staptog in Spanje aan te pak - g'n selfoon, g'n makkers, net dapper en stapper. Kom stap saam!

308 pages, Paperback

Published March 3, 2017

13 people are currently reading
76 people want to read

About the author

Erns Grundling

6 books10 followers
Erns Grundling is a TV presenter (kykNET Elders: Die Camino, Die Ware Naarheid) and multi-award-winning journalist (previously for Weg, LitNet, Insig and Huisgenoot). He lives in Cape Town. His 2017 travel memoir Elders was a huge hit, and is now available as Walk it Off. In 2018 his compilation of residence tales, Koshuis, was also very popular.

Erns Grundling is op 12 November 1979 op Uitenhage gebore en het in 1997 aan die Hoërskool Brandwag gematrikuleer. Hy studeer verder aan die Universiteit van Port Elizabeth waar hy ’n B.Phil.-graad verwerf en die stigter en voorsitter is van Kapi'taal, die Afrikaanse studentevereniging. Hy behaal ook ’n B.Phil. Honneurs-graad in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch.

Daarna is hy kunsredakteur by Die Burger in Kaapstad en inhoudsbestuurder by die aanlyntydskrif LitNet, terwyl hy as vryskut vir verskeie koerante en tydskrifte werk. Hierna word hy artikelredakteur by Insig en dan ’n senior joernalis by Huisgenoot, waarna hy in 2008 by die reistydskrif Weg aansluit as senior joernalis. Saam met Toast Coetzer is hy mederedakteur van die tydskrif Ons Klyntji. Vir sy artikels in Insig word hy in 2006 met ’n Mondi-toekenning (vir “Kent gij dat volk?” oor ’n regse jeug oorlewingskamp georganiseer deur die Volksbrandweg in die Waterberg) en in 2007 met ’n Pica-toekenning (vir “Matjiesfontein se droomdraers”) bekroon as artikelskrywer van die jaar.

Hy wen in 2009 ’n ATKV-mediaveertjie vir ’n artikel oor Leonard Cohen wat in By verskyn het. In 2010 verower hy ’n ATKV-mediaveertjie vir in-diepte artikels/ondersoekende joernalistiek vir sy artikel “Rietbron beur boontoe”, asook ’n ATKV-mediaveertjie vir Beste leefstyl-storie vir “Dis ’n lekker ou skip”, wat beide in Weg verskyn het. Hy word in 2013 weer met ’n ATKV-mediaveertjie bekroon vir beste leefstylstorie vir ’n artikel in By. Hy skryf in vir ’n meestersgraad in Kreatiewe Afrikaanse Skryfkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Saam met Danie Marais, Clive E. Smith en Toast Coetzer is hy ’n aanbieder van The Unhappy Hour, ’n musiekprogram Sondagaande op Bush Radio 89. Hy is ook ’n talentvolle musikant en saam met sy rockorkes Saamrou wen hy in 2002 die Rooi Rose se Jol&Jam-sangkompetisie in die Neelsie op Stellenbosch. By geleentheid lees hy van sy gedigte voor by Versindaba.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
59 (32%)
4 stars
90 (48%)
3 stars
31 (16%)
2 stars
4 (2%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 29 of 29 reviews
Profile Image for Lorraine.
532 reviews157 followers
May 27, 2019
I finished this on the 4th of May and was waiting for it to be uploaded on goodreads.
Loved every word. The idea of checking out of one's life for 40 days and walking over 1000 kilometers was more than admirable. I did a 20kms hike in Magoebaskloof last October and I was kaput, kaput, kaput let alone scared. Was imagining the sun going down on me in the forest...

I enjoyed Erns' journey At the end, it felt like I was right there with him. Check out my full review on insta... https://www.instagram.com/p/BxCADV6BG...
Profile Image for Alta Cloete.
Author 32 books49 followers
March 12, 2017
'n Besondere boek wat veel meer as 'n beskrywing van 'n tog op die Camino is. Die skrywer neem ons ook saam op sy innerlike reis tot groter insig en waardering vir die lewe.
Profile Image for Melanie Gous.
33 reviews10 followers
June 24, 2019
I was so pleasantly surprised by this book. Funny, touching, poignant and utterly life-affirming and soul-soothing. What an inspirational gem.
Profile Image for Karina Szczurek.
Author 12 books60 followers
July 22, 2019
Wonderful travel memoir that reawakened all my dreams about walking the Camino one day.
Profile Image for De Wet.
279 reviews24 followers
July 3, 2019
'n Heerlike boek wat heelwat stof tot nadenke bied. Erns se gedagtegange, waarnemings en herinneringe is deurlopend interessant en vermaaklik. Die boek behoort 'n ernstige wanderlust in selfs die grootste rusbankaartappels (haha!) wakker te maak. Dit laat mens veral besin oor ons leefstyle, spesifiek verslawing aan aanvanklik nuttige tegnologie wat nou euwels geword het wat ons lewens insluk.
Profile Image for Elmarie.
60 reviews1 follower
March 31, 2018
Baie interessant, snaaks en insiggewend. Ek gaan die Camino in Mei stap van Sarria tot in Santiago de Compostela en die boek maak my baie opgewonde. Ek het ook Elders gevolg op KykNet wat die boek meer "real" maak.
Profile Image for Pete Farlam.
97 reviews19 followers
October 19, 2021
Some quotes from Erns Grundling's "Walk it Off":

• Oachkatzlschwoaf (squirrel’s tail)
• Buen Camino
• Walk it off.
• “Fetch wood. Carry water. Walk the earth.”
• Help yourself. Love yourself. Ultreia.
• On with the corpse!
• “Ay, ay, ay, ay, canta y no llores”

• “Walker, there is no path, the path is made by walking.”
• “Dust, mud, sun and rain is the Way of Saint James.”

• “every mile is
a syllable on the Way
to Santiago”

• “… I know of no thought so burdensome that one cannot walk away from it.”

• “I have two doctors, my left leg and my right.”

• “It’s not about the destination. It’s the walk that matters.”
Profile Image for Ferdi Brannekämper.
32 reviews
June 10, 2019
I loved this books honesty & attention to detail. The quotes and songs gave it richness. I have always wondered what draws so many people to the Camino. I like that this was shared in this book. I hope to find myself on the road to Santiago de Compostela walking it off.
Profile Image for Kevin Scott.
1 review7 followers
October 20, 2019
Fantastic read: open, honest, humble and a lot of wry humor injected throughout. Erns’ Bill Brysonitic mannerisms and curiously draw the reader in and take you along for the journey and it’s characters, both on the trail but also from his life. Thoroughly enjoyed it!
Profile Image for Cecilia.
131 reviews15 followers
July 4, 2017
Ek het hierdie boek geweldug baie geniet en sal dit vir enigeen aanbeveel. Gaan dit weer lees om niks te mis nie.
352 reviews7 followers
August 8, 2017
'n Baie lekker lees oor die skrywer se ervaring van die Camino. 'n Kaart van die roete sal help om die staptog nog meer tuis te bring.
Profile Image for Susanna.
261 reviews7 followers
March 31, 2022
Dit sit nie in elkeen se broek om vir 40 dae aaneen te gaan stap nie. Erns het die pilgrimsroete aangepak en vertel hoe die roete ook helend kan wees vir die siel, die psige en die gemoed. Die kontras van die gejaagte lewensstyl wat ons almal die slaaf van is, teenoor die rustigheid van die Camino, is nogals groot. Beslis ‘n ekstreme digitale detoks wat Erns aanpak – ‘n joernalis vir 40 dae op ‘n bekende staproete, sonder ‘n foon, kamera of laptop.

Duisende mense pak jaarliks die Camino staproete aan. Dit het begin as ‘n pilgrimstog van die dissipel, Jakobus, duidende jare gelede – of dis hoe die legende gaan. Die roete se beginpunt kan varieer, maar jy stap net rerig die Camino as jy ten minste 100km van die roete afhandel en die nodige stempels by sekere eet en slaapplekke kry. Erns kies een van die langste roetes – meer as ‘n 1000km se stap.

Erns vertel van die interessante mense op die pad, die heerlike kos en wyn, die mooi van die roete en selfs van net alleen wees met jou eie gedagtes en innerlike reis. Vir watter rede jy okal die Camino stap, jy is welkom en deel van ‘n gemeenskap van mense wat saam, en soms alleen, die roete aanpak. Camino is vir almal, hou net aan met stap. On with the corpse! Walk it off!
Profile Image for Stephanie Muller.
222 reviews
November 1, 2021
Ek het destyds die TV program gekyk, en is werklik baie bly dat ek nou die boek gelees het. Die diepte wat die boek gee op Erns se Camino, was glad nie weergee in die TV-program nie. Die staaltjies oor die mede-stappers en vertellings van gebeure uit sy verlede was baie keer kostelik, en hy haal dikwels relevante en insiggewende frases van skrywers/sangers ens aan.
Erns het oor elke dag van die 40 dae-lange stap geskryf, maar mens het nooit verveeld geraak nie. Hy het daarin geslaag om dit interessant te hou, al het jy, soos ek, nog nooit die Camino gestap nie.
Mens kon waarneem hoe hy as mens oor die tydperk gegroei het en as 'n rustiger persoon aan die ander kant uit/aangekom het. Hy is nederig, kan spot met homself, is BAIE eerlik met homself, en het 'n opregte belangstelling in mense.
Ek het werklik respek vir hom as mens en skrywer gekry .
Profile Image for Heino Colyn.
287 reviews118 followers
May 9, 2018
Teen hierdie tyd voel Erns soos ‘n goeie vriend - ek lees jare lank al sy artikels in Weg, het saam met hom fortuine gesoek op Fortuinsoekers en die agterpaaie van Namibië verken in Weg Agterpaaie, en dit was lekker om nou saam met hom ook die Camino te kon stap. Soos altyd was die aanhalings goud en die memoir gedeeltes van die boek waarskynlik my gunstelinge. Ek het Elders kafgedraf terwyl ons op ‘n mini road trip was, en dit was beslis die regte boek op die regte tyd.
Profile Image for Ester.
70 reviews2 followers
October 29, 2017
Ek hou baie van die boek. Die boek gaan ook oor Erns se binnewêreld, volbewuswees (mindfulness) en herinneringe. Erns se stem is eg, onpretensieus. Hy beskryf ook die heilsaamheid van sy maandlange wegbreek van sy selfoon, kamera en die internet/sosiale media. Ek beveel did boek hoog aan.
21 reviews
February 7, 2018
The book gave me a good idea of how it will be to walk the Camino, so in that sense it serves a good purpose.
One feels like you are travelling with the author as he is quite open and shares his feelings and emotions as well.
I enjoyed the book.
69 reviews2 followers
June 26, 2017
Baie nice lees. Het veral van die storetjies tussen in gehou spesifiek die een van "aan met die lyk"
46 reviews
September 19, 2017
'n Gemaklike leesboek oor die skrywer se reis langs die Camino. Ek wonder hoe sou 'n Katolieke gelowige skryf oor die reis. Dit klink of dit meer van 'n toeriste attraksie geword het.
Profile Image for Eloise.
21 reviews3 followers
October 2, 2017
Erns opens up his most inner feelings on his Camino. Great read!
Profile Image for Salomé Kotzé.
227 reviews8 followers
March 26, 2018
wat ń reis... lekker geskryf. Die camino is beslis ook nou op my bucket list. Klink na ń ongelooflike avontuur. Baie lekker boek en ontsnapping van die alledaagse
Profile Image for Schalk.
13 reviews
March 27, 2020
‘n uiters genotvolle boek wat lekker lees en ‘n mens ook laat nadink oor jou eie lewe. Dankie Erns
7 reviews
July 20, 2022
Erns se storie oor die Camino was baie interessant. Ek het dit bietjie lank terug gelees om presies to onthou wat my gedagtes was, maar ek weet ek het die boek geniet.
99 reviews4 followers
October 19, 2021
I enjoyed this book. An interesting mix of Camino, life philosophy, and reminiscing that make up a journey of self discovery. It has a surprisingly natural flow, despite being a little all over the place in terms of topics - something of conscious flow in the arrangement of different paragraphs. Grundling has a wonderful mix of foibles, vices, and Zen going on that really add to the appeal, and help us to see his growth through the course of his pilgrimage.
Perhaps one day I'll walk the Camino...
Profile Image for Sally.
99 reviews4 followers
December 7, 2019
This is a really endearing book. Erns’ life is in a bit of a muddle and self esteem is low when he decides to walk the Camino alone and without phone, camera or watch. As the kilometers and kilos fall away Erns finds clarity of thought, love for himself and a new coping mechanism: to ‘Walk it Off’. This is an inspiring and positive read.
This entire review has been hidden because of spoilers.
Profile Image for Jackie.
15 reviews
April 30, 2021
Inspirational - and loved the South African perspective.
7 reviews
Read
May 16, 2019
Hierdie was een van die beste boeke wat ek in 'n lang tyd gelees het. Het elke bladsy, elke woord so geniet. Het die boek verslind en binne 'n kort tyd klaar gelees. Sal dit ook graag weer lees.
Displaying 1 - 29 of 29 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.