Jump to ratings and reviews
Rate this book

Kamikaze

Rate this book
Kassie Kasselman is kriewelrig. Sy lewe lank poeliesman gewees, maar wragtag, wat hy nóú alles in die media oor sy geliefde SAPD lees. En met sy eie oë sién ook, in kolonel Daniels se kantoor by die Nuweland-stasie. Kassie het juis ’n ander werksaanbod gehad . . . En dan moet dit natuurlik só kom dat hy in die middel van sy loopbaankrisis teen die grieseligste moordenaar nóg te staan kom. Die Pion se moordloopbaan het tentakels wat terugstrek na die Apartheidsera, met moderner euwels soos die Afrika-handel in vervalste medikasie wat ook Kassie se aandag verg. Slim skuiwe, dis wat Kassie moet maak, en gou ook . . . Spioenasie en parlementêre wapenhandel-korrupsie, die ontkleeklub-skemerwêreld en ’n kil moordenaar uit jou nagmerries – Kamikaze is Van Rensburg se spannendste roman nóg!

340 pages, Kindle Edition

Published May 8, 2017

60 people are currently reading
61 people want to read

About the author

Rudie van Rensburg

29 books65 followers
Rudie van Rensburg is op 6 Oktober 1951 in Bloemfontein gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein en behaal die grade BA (HOD) en BA (Kommunikasiekunde) aan die Universiteit van die Vrystaat en ’n BA (Hons.) in Kommunikasiekunde aan Unisa.

Hy begin sy loopbaan as joernalis by Die Volksblad in die sewentigs, waarna hy in 1982 mede-stigter en uitgewer van Bloemnuus (die eerste gratis weekkoerant in die Vrystaat) sou word en later die redakteur van Die Ekonoom (’n landwye saketydskrif). Hy was ook verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat se skakelburo voordat hy in 1987 Kaap toe verhuis en hom by Sanlam aansluit. In sy twee dekades by Sanlam is hy onder meer senior bestuurder: reklame, uitgewer van die kliëntetydskrif Sanlamklub en hoof: borgskappe en promosies.

In 2008 word sy komedie Die Begrafnis (onder die skuilnaam van Phil Janse) by die KKNK bekroon met die Sanlamprys vir Afrikaanse Teater (beste dramaturg), en word opgevoer by al die groot Afrikaanse kunstefeeste. Die Begrafnis verskyn ook in boekvorm by Genugtig! Uitgewers. In 2009 verskyn ’n selfpublikasie van hom, Die Doempies van Tafelberg, vir kleuters.

Sy debuutroman, Slagyster, was een van die drie finaliste vir die Jan Rabie-Rapport-prys vir Afrikaanse debuutfiksie wat in 2013 by enige uitgewer in Suid-Afrika verskyn het. Slagyster is ook een van die drie finaliste vir die Prys vir Spanningslektuur van die ATKV-Woordveertjies.

Hy skilder ook die afgelope 26 jaar, het meegedoen aan verskeie uitstallings in Suid-Afrika, en sy werke is opgeneem in versamelings in Suid-Afrika, die VSA, Duitsland, Brittanje, Australië en Nieu-Seeland.

Hy is getroud met Lize en het drie kinders, MC, Neil en Amieke.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
72 (40%)
4 stars
72 (40%)
3 stars
31 (17%)
2 stars
2 (1%)
1 star
2 (1%)
Displaying 1 - 11 of 11 reviews
Profile Image for Tania.
1,452 reviews358 followers
March 13, 2020
Soos altyd was Kassie 'n vinnige, lekker lees ervaring, maar ek moet se Pirana is nog steeds my gunsteling in die reeks. Ek was baie geinterisseerd om te leer oor die Afrika-handel in vervalste medikasie, iets waarvan ek niks geweet het voor Kamikaze nie.

Ek het Ys klaar reg langs my bed vir bietjie later die jaar.

Profile Image for Sonja Arlow.
1,235 reviews7 followers
December 15, 2020
Sjoe ek het darm maar hopeloos te lank gelees aan die eerste helfte van die boek.

En hoe langer dit gevat het hoe meer krities het ek geraak. Ek besef nou dat Rooies glad nie ‘n volronde karrakter is nie maar net daar om so nou en dan “Blikses” en “Haai Kassie wat gaan ons nou doen” te se. En hy is ‘n volslae idioot, as ook meeste van die ander polisie karakters.

Gelukkig het die laaste helfte van die boek die wa deur die drif getrek en ek het uiteindelik die storie begin geniet.

Die sake waar oor hierdie reeks se stories gaan is altyd intereesant en die idee van grys (vervalste) medisyne en die spioen netwerk het my aandag gehou.

Soos n vriendin vir my uitgewys het, mens moet hierdie boeke VINNIG lees so dat jy nie te lank moet tob oor die klein details wat jou aandag gaan aftrek nie.

Hierdie was nou nie die beste boek in die reeks nie maar ek gaan virseker die volgende een lees.
40 reviews
January 25, 2023
Ek het te heerlik na Rudie van Rensburg se boek, Kamikaze op Audible geluister. So lekker dat ek vanoggend ʼn ompad werk toe geneem het, en eers al my nodige draaie gemaak het sodat ek die laaste stukkie kon klaar luister. Wie gee nou om, om laat vir werk te wees ... 🤨

Ek weet die boek is reeds in 2017 gepubliseer, maar soos julle weet, ek is gedurig agter die tyd. Nou moet ek bysê, ek sien daar word darem voorsiening gemaak vir al ons agterosse, want Kamikaze is steeds by al die boekwinkels wat ek gegoogle het, beskikbaar.

Hierdie is werklike ʼn lekker misdaadroman met ʼn lekker spanningslyn en selfs fyn humor wat tussen die blaaie wegkruip. Uit die aard van die saak is daar 'n moordtoneel of twee en ook ʼn toneel of tien wat jou in totale verstomming laat oor waarnatoe die mensdom in staat is. Oukei, dalk ook nie verstomming nie, ons weet mos al lankal ons ou menslike spesie is nie aldag so fantasties soos wat ons graag glo ons is nie né.🫣

Daar was net een toneel wat my vies gemaak het, as ek kon sou ek self in die boek in klim en daardie spesifieke boef aangerand het, en néé, dis nie ʼn moord wat my rooi laat sien het nie, in elk geval nie ʼn moord in die tradisionele sin van die woord nie. (Maar die toneel was nodig.)

Ek moet verder ook net noem dat die stem kunstenaar hom uitstekend van sy taak gekwyt het. Hy het werklikwaar die storie lewendig gemaak.

Nou ja toe, as julle na ʼn lekker misdaadroman soek om te lees, of te luister, ek kan die boek of luisterboek met ʼn oop gemoed aanbeveel.
Profile Image for Marnich.
87 reviews3 followers
July 30, 2017
Een van die beste wat ek in 'n lang ruk gelees het.
Kan nie wag vir die volgende Kassie nie...
Profile Image for Malcolm Wille.
6 reviews1 follower
February 26, 2021
Ek het die boek vir my ma voorgelees. Wat nogal 'n lekker ervaring was. Ons kon na elke hoofstuk klets oor wat gebeur het, wat gaan gebeur, en hoe vleg alles saam.

Op die einde het ons saam besluit; alhoewel dit grusaam en wreed op dele was, het die storie heeltyd ons aandag gehou. Moos se storielyn was bietjie vervelig oor al die ou-spioene. Kassie se gemoedstoestand was bietjie van 'n downer (tot hy begin aandag aan die sake gee).

Baie nuuskierig oor Macy en Brian. Is sy by die nuwe konstabel of is sy terug na haar ou streke? Is hy gelukkig afgetree?
This entire review has been hidden because of spoilers.
Profile Image for loudaconnoway.
53 reviews
May 25, 2017
Baie geniet, nes die ander. (Mini 'spoiler' volg)

Net arme Buskruit!
Profile Image for Rudi Opperman.
637 reviews6 followers
June 28, 2024
‘n Mens put soveel plesier daaruit deur die boeke in die reeks te lees. Uitstekend!
Profile Image for Arno.
24 reviews2 followers
May 29, 2025
Die beste ene sover!
Profile Image for Christina Rothfusz.
964 reviews25 followers
October 21, 2020
Kassie is nou al jare in die SAPD, maar meer en meer besef hy dat dinge verkeerd loop. Die media stories maak hom mismoedig en die dinge wat hy sien gebeur! Met 'n ander werksaanbod op die kaarte oorweeg Kassie ernstig om die diens te verlaat ......

In die afgeremde staat van hom ondersoek hy nou ook die mees raaiselagtige moorde. Die slagoffers blyk nie gekoppel met mekaar, maar elkeen se lyk word gevind met 'n skaak pion in die slagoffer se sak en Kassie moet besluit of dit 'n reeks of huurmoordenaar is.

Ek het die luisterboek geneem die slag en het dit omtrent geniet, so lekker om in Afrikaans na 'n boek te luister.
Displaying 1 - 11 of 11 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.