Jump to ratings and reviews
Rate this book

Moordhuis

Rate this book
Die sewejarige Gainsford-tweeling word op grusame wyse in ’n skuur op Mooiplaats in die Bloemfontein-distrik vermoor. In die opstal is vier van die welgestelde Therons doodgemaak, die liggame uitgestal in die sitkamer. Doktor Renata Malan en die span van Malan & Coetsee Privaat Ondersoeke word deur die tweeling se ouers aangestel om die moordenaar aan te keer.

Die ondersoek neem Renata in onverwagse rigtings: Bloemfontein se seksbedryf, die psigologiese nagevolge van die bosoorlog in die tagtigs, die wêreld van kinderpornografie, hebsug, haat en buite-egtelike verhoudings.

Die een geraamte ná die ander tuimel uit die kas en hoewel die lys van verdagtes daagliks groei, is bewyse skaars. Wie behalwe die Therons se erfgenaam sal voordeel trek uit die gesin se dood? Hou die Gainsford-seuns se dood verband met ’n baba se verdrinking drie jaar vantevore? Was Jakes Gainsford dalk self betrokke by sy kinders se dood? Was die moorde ’n wraakaanval deur ’n versmaaide minnares en haar nuwe liefde?

Was hierdie die perfekte misdaad?

Terwyl Renata en haar vennoot, Stefan Coetsee, die verdagtes se maskers afskil en dieper delf in bloedige intriges, baklei sy teen die onwelkome sagte gevoelens wat Stefan ná al die jare opnuut in haar wakker maak.

Moordhuis is die derde roman waarin doktor Renata Malan en haar vennoot Stefan Coetsee saamwerk aan ’n misdaadondersoek. Rust was twee keer ’n finalis in die ATKV-Woordveertjieprys vir Spanningslektuur, onderskeidelik met Die 13de kaart en Monstersaad.

304 pages, Paperback

Published June 1, 2017

12 people are currently reading
31 people want to read

About the author

Madelein Rust

20 books39 followers
Madelein Rust se liefde vir die geskrewe woord begin in die klein skoolbiblioteek van Brandwag Primêr in Bloemfontein, waar sy pousetye die een boek na die ander verslind. Sy slyp haar skrywerstande reeds op skool, waar sy uitblink in stelwerk en opstelkompetisies. As jong ma sluit sy aan by die Bloemfonteinse Skrywersvereniging, waar sy ’n aantal pryse wen in die vereniging se jaarlikse skrywerskompetisie vir amateurskrywers.

Sy waag haar hand aan romantiese kortverhale, en haar twee pogings in dié genre, Tango in die Kuberruim en Skarlakenvrou, verskyn in Huisgenoot. Een van haar kortverhale, Joy, verskyn in Bateleur Boeke se In ’n Neutedop, gevolg deur Die dag toe oom Willem geval het in Maskew Miller Longman se Literary Awards Edition publikasie, Sussie Veer is dood en ander verhale.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
53 (47%)
4 stars
47 (42%)
3 stars
11 (9%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 12 of 12 reviews
Profile Image for Madri.
212 reviews8 followers
June 21, 2017
4.5 sterre. Madelein Rust raak beter en slimmer met elke boek. Die spanning is so snaarstyf dat jy skaars opkom vir asem. Die karakters betrek jou kop. En die fyn spel wat sy steeds speel rondom Renata se gene en gevoelens vir haar pa, is ver van uitgedun of afgesaag.
Profile Image for Amelia Strydom.
Author 10 books59 followers
July 20, 2017
Sedert Madelein Rust se eerste boek, Die Dertiende Kaart, ‘n paar jaar gelede verskyn het, is ek ‘n getroue leser. Ek het baie uitgesien na Moordhuis, die derde boek in die reeks oor Renate Malan, forensiese sielkundige en vennoot in Malan & Coetsee Privaatondersoeke. Renate is ‘n interessante karakter met ‘n wavrag issues, waarvan haar pa, massamoordenaar George Hill – en sy genetiese nalatenskap aan haar – die gewigtigste is.
Moordhuis is myns insiens Rust se beste boek nog. Haar skryfstyl is geslyp, haar karakters eg menslik en ingewikkeld. Ek het die ontluikende verhouding tussen Renate en Stefan, haar vennoot en beste vriend, amper soveel geniet as die spanningselement.
In die openingstoneel besoek Renate in die middernagtelike ure die plaas Mooiplaats, waar ses mense grusaam vermoor is. Jakes Gainford, pa van die sewejarige tweeling wat saam met die Theron-gesin gesterf het, huur Malan en Coetsee Ondersoeke om die skuldiges aan die pen te laat ry. Hoewel die misdaad op die oog af soos ‘n tipiese plaasmoord lyk, meen Renate vanuit die staanspoor dat dit ‘n rookskerm is. Daar is te veel teenstrydighede: die wyse waarop die Therons se lyke gerangskik (of eintlik tentoongestel) is, die sedeermiddel waarmee hulle bedwelm is, en veral die feit dat die tweeling in die skuur vermoor en daarna met komberse toegegooi is, kompleet asof die moordenaar agterna berouvol was. Aan verdagtes is daar geen tekort nie: die Theron-egpaar se ouer seun en dogter, hul invloedryke vriende, of selfs Jakes Gainford. Het laasgenoemde Malan & Coetsee gehuur om sy skuld te verbloem? Sy vrou, Althea, se seuntjie uit ‘n vorige verhouding het immers onder verdagte omstandighede verdrink…
So boeiend soos die moordondersoek is, verhoog die spanning verder toe Renate uitvind dat iemand ‘n huurkontrak op haar lewe uitgeneem het – iemand wat hom/haar nie laat afskrik deur etlike mislukte pogings, foute, of haar berugte pa, George Hill, se beskerming nie.
Is jy ‘n sensitiewe leser? Bly dan liefs weg van Moordhuis. As jy egter ‘n liefhebber van spanningsfiksie is, behoort die onvoorspelbare plot en vinnige pas jou enduit te boei. Dit het my ‘n dag of twee van slaapdeprivasie besorg!
Profile Image for Sylvia.
37 reviews8 followers
August 3, 2017
Madelein Rust verstaan die kuns om haar leser op die punt van die stoel te laat sit. Met ‘Moordhuis’ is daar amper nie tyd vir asemhaal nie. Soos met ‘Monstersaad’ en ‘Bloedlyn’, sorg Rust dat dit moeilik is vir die leser om die boek toe te maak. Daar gebeur net te veel en mens wil dadelik weet hoe die legkaart werk. Renata en haar span sorg weer vir ‘n komplekse storielyn en verhoogde spanning in Rust se derde verhaal waar doktor Renata Malan figureer.
Die boek is nie vir sensitiewe lesers nie maar vir die wat lief is vir spannings- en misdaadverhale, word dit sterk aanbeveel. In ‘Moordhuis’ ondersoek doktor Renata Malan die grusame moord van die Gainfordstweeling. Die spanning verhoog aansienlik wanneer Renata uitvind dat daar ‘n huurkontrak op haar lewe uitgeneem is. Net ‘n wenk: begin gerus eers by ‘Monstersaad’ en ‘Bloedlyn’. Rust het deeglik navorsing gedoen en weet hoe om die leser te laat naels kou met volgehoue spanning en aksie.
Profile Image for Maja the Bookworm.
65 reviews
August 7, 2017
Die aand wat die Gainsford-tweeling by hul vriend, Marnus Theron, gaan oorslaap, word die seuns saam met die Therons vermoor. Die tweeling se ouers stel Doktor Renata Malan en haar span aan om uit te vind wat gebeur het. Met eerste oogopslag, lyk dit soos ‘n plaasmoord, maar Renata kom gou agter dat daar meer aan die gang is. Hoekom is die tweeling uitgesonder en in die skuur doodgemaak, terwyl die Therons in die huis dood is?
Moordhuis is die derde boek in die Renata Malan-reeks. Ek het lekker daaraan gelees en vinnig want ek moes uitvind wat gebeur. Madelein Rust het my laat raai en wonder wie die moordenaar is tot die einde.
Profile Image for Lelani.
101 reviews30 followers
March 22, 2018
Renata Malan maak vir 'n derde keer haar verskyning en hierdie keer moet sy en haar span 'n skynbare plaasmoord oplos wat die gemeenskap in rep en roer het.
Moordhuis is deurspek met draaitjies en ommekere sodat jy later elke liewe persoon verdink.
Soos altyd lees Rust se boeke baie lekker en die spanningslyn is styf saamgetrek tot by die laaste toneel maar ek het egter gevind dat die begin so bietjie ly onder die 'recap' van die vorige twee boeke.
Moordhuis herinner my aan 'n Hollywood fliek wat saam met popcorn en snesies 'gekyk' moet word en dis 'n boek wat ek aan aanhangers, nuut en oud, sal aanbeveel.
Profile Image for Amanda.
1,159 reviews
June 23, 2017
Die derde verhaal van Madelein Rust waarin Renata Malan die sentrale figuur is, het vanaf die eerste bladsy weer gesorg vir kompulsiewe lees, totdat die intrige ontknoop is. Ek was effens verlig dat niemand kon aanskou hoe ek trane moes afvee aan die einde van ’n spanningsroman nie. Die skrywer het die gawe om die leser sodanig te betrek by die verhaal, dat jy dit eerder beleef, as lees. Dit is met ’n gevoel van ontsetting dat ek die boek toemaak; dit is nie vergesogte verdigsel nie, dit kan gebeur, tewens, dit gebeur daagliks rondom ons.

Hoewel sekere elemente noodwendig weer aanwesig is, soos Renata se stryd teen haar moordenaarsgene en haar pa se betrokkenheid in die agtergrond, is die storielyn vars en baie kompleks. ’n Gesin word gruwelik in hulle huis afgemaai, asook tweelingseuns wat daar gekuier het. Dié se pa kontrakteer vir Renata en haar span om die moord te ondersoek. Die ondersoek maak wye draaie, raak aan smokkelary in verskeie vorms, kinderpornografie, molestering, prostitusie, dwelmhandel. Was die motief afpersing, of wraak? Daar is 'n goeie aanbieding van verdagtes, maar die skrywer stel die oplossing vernuftig uit om die leser aan die wonder te hou.

Ek beveel die boek met vrymoedigheid aan vir diegene wat hou van spanningsverhale. Indien jy nog nie Monstersaad en Bloedlyn onder oë gehad het nie, begin gerus eers daar. Ek sien met groot verwagting uit na die volgende Renata Malan boek. Die karakter is beslis sterk genoeg om te sorg vir nog ure se leesgeno
Profile Image for Johann Van Deventer.
12 reviews
June 7, 2025
My eerste speurverhaal deur Madelein Rust en SJOE, wat 'n spanningsvolle leeservaring. Dis absoluut 'n blitsblaaier en ek kon nie die boek neersit nie, ek wou ten alle koste weet wie was die moordenaar en het tot in die middernagtelike ure gelees en die volgende dag met 'n hengse boekbabelas wakker geword.
Die navorsing deur die outeur is absoluut puik. Die verhaal speel af in en om Bloemfontein , my tuisdorp waar ek gebore is en opgegroei het en daarom het ek my ook visueel ingeleef in die verhaal, aangesien ek al die plekke ken wat in die storie vorkom.
Speurder Renata en haar herdershond glo ek sal by ander lesers ook gou geliefd word en aanklank vind.
Haar interaksie met Stefan, haar kollega asook die ander medewerkers van die private speurfirma sorg vir n boeiende storielyn .
Die een karakter aan wie ek nie regtig kon vatkans kry nie was Juan Tiquin . Dis asof hy regdeur die verhaal gesigsloos bly , ek kon glad nie 'n beeld van hom in my verbeelding vorm nie.
Hierdie is definitief nie my laaste boek deur Madelein Rust nie.

Hierdie boek is nie vir sensitiewe kykers nie, en as die tema van pedofilie , pornografie jou afstoot, bly eerder weg.

Profile Image for Nicolene Smith.
159 reviews3 followers
February 15, 2020
Nog 'n briljante boek uit Madelein Rust se pen.

Die 13de Kaart was briljant, maar Moordhuis was selfs beter.

Die karakters in die boek is eg. Dit voel of hulle jou buurvrou of -man kan wees. Hulle voel, breek, huil. Hulle oorreageer. In hierdie 3de boek van die reeks, het hulle meer eg gevoel as in die ander 2 boeke.

Die boek is nie vir sensitiewe lesers nie en is met tye uiters ontstellend. Moet dit ook nie lees voor jy gaan slaap nie.... jy gaan dit nie wil neersit nie.
Profile Image for Jandre.
55 reviews1 follower
October 15, 2022
Nog 'n goeie Afrikaanse spannings verhaal!

Daar is heelwat tragedie en nael-byt oomblikke wat lesers aangryp. Uitstekende navorsing en realistiese omstandighede maak hierdie boek baie interessant en lewendig.

('n Bietjie meer diepte in die verskeie verdagtes se psige en lewens sou beter gewees het om die storie se aangryp nog meer te versterk.)

Enigiemand wat van spanning, moord en sielkunde hou sal hierdie derde verhaal van Doktor Renata Malan vreeslik geniet.
Profile Image for Elsabé Welman.
Author 13 books49 followers
May 18, 2025
Soos die moordondersoek vorder, probeer die leser mos self die moordenaar eien, met inligting wat stuk-stuk ter tafel kom. My raaiskoot was elke keer verkeer - en nie omdat my verdagte(s) engeltjies is nie - maar omdat daar heeltyd 'n storie agter die storie is. Skitterende boek, Madeleine. Lees die boek, leser! Jy sal nie spyt wees as jy van speurverhale en krimi's hou nie. Klim in jou speurder-skoene en kyk of jy hierdie moordsaak voor speurder Renata en haar span kan oplos.
4 reviews
April 14, 2020
Another great book

The suspense is even better than the others and such a complex story with so many different angles keeps you guessing all the time.
18 reviews1 follower
January 23, 2024
Spannend en boeiend, maar ook ontstellend. Dit mag sensitiewe lesers ongemaklik laat.
Displaying 1 - 12 of 12 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.