Jump to ratings and reviews
Rate this book

Hoe diep die liefde lê

Rate this book
Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Elsa Winckler se vorige Romanzas, Waar liefde lê, Want daar’s skoenlappers en Heldergeel dag.

Waar liefde lê:
Lana sien regtig nie kans vir die passievolle omgewingskundige wat ’n Kilimandjaro-ekspedisie reël nie. Sy vrees berge. En sy vrees die uitwerking wat hierdie dinamiese en hartstogtelike man op haar het.

Want daar’s skoenlappers:
Gemma is ’n mediese dokter en Nick ’n oorlogsfotograaf. Boonop is hulle aangetroude familie. Maar op die een of ander manier vryf hulle mekaar telkens verkeerd op. Of is hulle eintlik onweerstaanbaar vir mekaar?

Heldergeel dag:
Cara en haar vriendin Lana se broer Henry kon mekaar nog nooit verdra nie. Of is dit maar hoe mense optree wat eintlik van die begin af te veel van mekaar gehou het? Hulle storie het al in Waar liefde lê en Want daar’s skoenlappers begin ...

Elsa Winckler woon saam met haar man op Bettysbaai en skryf voltyds sedert sy afgetree het. Sy het met haar eerste romanse Tussen jazz en rock in 2008 die rooi rose/LAPA-liefdesverhaalkompetisie gewen. Sy het ook die jaar daarna met dieselfde boek die ATKV-Woordveertjieprys vir Romanses gewen. In 2014 het sy nog ’n ATKV-Woordveertjie vir die Satyn-romanse, Te eenders, te anders gewen en in 2016 weer met Liefde in laslap.

Paperback

1 person is currently reading
10 people want to read

About the author

Elsa Winckler

119 books294 followers
I have been reading love stories for as long as I can remember and when I ‘met’ the classic authors like Jane Austen, Elizabeth Gaskell, Henry James The Brontë sisters, etc. during my studies, I was hooked for life.
I married my college boyfriend and soul mate and we are fortunate to live in the picturesque little seaside village of Betty's Bay, South Africa with the ocean a block away and a beautiful mountain right behind us. And although life so far has not always been an easy ride, it has always been an exiting and interesting one!
I like the heroines in my stories to be beautiful, feisty, independent and headstrong. And the heroes must be strong but possess a generous amount of sensitivity. They are of course, also gorgeous! My stories typically incorporate the family background of the characters to better understand where they come from and who they are when we meet them in the story.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
7 (77%)
4 stars
2 (22%)
3 stars
0 (0%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 3 of 3 reviews
Profile Image for Carolien.
1,075 reviews139 followers
February 11, 2018
'n Omnibus van drie van die outeur se romanses wat karakters deel n dus 'n aangename geheel vorm. Ideale ligte leesstof om die werklikheid te ontvlug vir 'n paar uur.
Profile Image for Nenette de Lange.
169 reviews5 followers
July 26, 2017
Waar liefde le: Sjoe maar hoe bloos ek nou. Dis raak sommer vurig, vroeg in die boek. Amper half onrealisties want as ‘n man dit met my gedoen het, sou ek hom so ‘n harde hou gegee het, dat sy ma hom sou skeef aangekyk het. Maar daar gelaat, as jy sien hoe Lana groei in haar lewe en hoe ongesukkeld sy en die voorbarige, maar opwindende bergklimmer, Ian is sonder mekaar, kry jy sommer so bietjie lekker. Soms word jy ontkant bedrap met wat gebeur wanneer dinge verkeerd loop en haar twee broers haar “bodyguards” word, en enige iemand iets sal aandoen wat net naby haar kom. Die storielyn het jou heeltyd laat wonder oor wat volgende gaan gebeur, en welgedaan daaroor, Elsa Winckler, maar ek sal nie hierdie boek aanbeveel vir ‘n skoolmeisie nie, so bietjie gewaagd. Ek het dit wel baie geniet en kon weereens nie die boek neersit nie.
En wag, die boek gaan nog aan!
Want daar's skoenlappers: Ek kon nie eers glo dat die storie van hierdie twee families nog kan aangaan nie. Waar die eerste “storie” van Ian & Lana opgehou het, het dié van Nick & Gemma aangegaan. Hulle twee, met hulle uiteenlopende passies vir hulle werke maar is tog nie so uiteenlopende soos wat hulle gedink het nie. Wat ek vreeslik geniet het, was dat hierdie nie net n liefdes verhaal was nie, maar tog so bietjie spanning, wanneer dinge met hulle gebeur wat deur die nature van hulle werk veroorsaak het. Ek sou dalk die spanning nog meer verder gevat het, dat dit jou amper wil mal maak. Dit dalk nog erger sou wou maak, dat jy gewonder het of en wanneer die uitkoms sou kom. Ek het weereens hierdie boek geniet en kon met tye dit glad nie neersit nie. So bietjie ‘n “warm, vurige” storie wat ek nie sal aanbeveel vir ‘n skoolkind nie. Soms so bietjie onrealisties met die werklikheid van die lewe maar dit is ‘n storie wat jou wegvoer na die idiliese begeertes van ‘n mens. Welgedaan Elsa Winckler met hierdie omnibus so ver. Ek wonder, die derde boek in die omnibus, gaan dit nog aan met die twee families, want daar is nog een broer wat nie ‘n vrou het nie?
Heldergeel dag: Ek kan nog steeds nie glo hoe lekker ek aan hierdie omnibus gelees het nie. Die is drie afsonderlike stories maar een familie. Weereens ‘n lekker “warm” storie maar wat nie te ver gaan nie. Dit was ‘n lekker gemaklike lees en toe ek klaar was, was ek eintlik baie hardseer want ek het nou vir so ‘n lang ruk saam met hulle geleef en nou is dit oor en verby. Hierdie was so my tipe storie; opwinding met ongelukke waar die ou die ridder op die wit perd is wat haar moet kom red. Maar elke keer wil die ou nie erken teenoor homself hoe hy oor haar voel nie, maar sy sukkel ook so ‘n rukkie voor sy ook agterkom. Ek wou soms vir Henry net aan die bors gryp en sê “skrik net wakker, ou “. Met tye het ek so lekker gelag en ook bietjie binnepret herleef. So baie wat ek die boek geniet het, sal ek dit nie vir ‘n onskuldige meisie gee nie, maar niks stop ons getroudes nie. Ek moet sê, Elsa Winckler, jy is nou offisieel een van my gunsteling skrywers.
Profile Image for Maja the Bookworm.
65 reviews
August 7, 2017
Hoe diep die liefde lê is ‘n omnibus wat ‘n drieluik romanses bevat: Waar liefde lê, Want daar’s skoenlappers en Heldergeel dag. Ek het elkeen van die helde en heldinne se stories geniet en aanhou lees tot die laaste gelukkige einde. Elsa Winckler is een van my gunsteling romanse-skrywers.
Displaying 1 - 3 of 3 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.