Hiedie versameling tekste is saamgestel en uitgegee in dieselfde tyd as die verskyning van Kannemeyer se biografie oor Jan Rabie om 'n vollediger beeld van die skrywer te verskaf, van die skrywer se ongepubliseerde tekste aan die vergetelheid te ontruk en die biografie aan te vul.