Jump to ratings and reviews
Rate this book

Heiliger

Rate this book
Dit is Hendrik se woord teen ’n taxibaas s’n en daarom sit hy enkele dae voor Kersfees in ’n tronk. Dít terwyl hy en sy geliefde moes fees vier oor ’n nuwe fase in hulle lewe.

301 pages, Paperback

Published June 1, 2017

2 people are currently reading
21 people want to read

About the author

Dibi Breytenbach

9 books26 followers

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
15 (28%)
4 stars
26 (50%)
3 stars
10 (19%)
2 stars
1 (1%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 - 16 of 16 reviews
Profile Image for Julia.
568 reviews19 followers
April 9, 2020

nouja toe, ek is bly ek het hierdie derde boek in die reeks ook gelees. ek het nie so baie van die eerste een gehou nie, maar die tweede een was baie goed en ek het hierdie een ook geniet.

ek het al hoe meer van die een hoofkarakter begin hou - ek het nie van haar in die eerste boek gehou nie. die storielyn was goed en 'n mens het nie geweet hoe dinge ooit sou regkom nie, dus was die spanning daar.

die rede hoekom dit een ster verloor het, is omdat die einde vir my gejaagd gevoel het. ek glo nie dit het ander mense gepla nie, maar dis net my opinie. ek het nog steeds die boeke vir my verloofde gegee en hy is nou besig met die eerste een. ek glo hy sal dit geniet.

#ekleeslapa
Profile Image for De Wet.
279 reviews24 followers
February 24, 2019
Kyk hiesô nê, as jy nou ooit een oggend opstaan en jou regte voet tref die grond eerste en die voëltjies tjirp te vrolik en die oggendson liefkoos jou liggaam soos 'n bekwame minnaar en daar is 'n huppel in jou stap en 'n lied in jou hart en skielik besef jy al hierdie onverdiende vreugde is besig om jou totaal uit te freak en jy moet iets kry om die kraantjie bietjie mee toe te draai voor daar vlinders by jou ore begin uitdwarrel en jou flou beker Ricoffy in 'n Italiaanse cappuccino verander, trek 'n Dibi Breytenbach boek nader.

Die skrywer het 'n manier om jou saam met haar karakters uit te mergel en te beproef tot waar jy begin vergeet hoe dit voel om gelukkig te wees. En ek bedoel dit as 'n kompliment vir haar skryfkuns.

In Heiliger is Amalia en Hendrik terug, en hulle k..., uhm, ek bedoel, beproewings wissel net van diepte. Hendrik word deur 'n oorywerige gomtor van 'n speurder in die tronk gegooi, Amalia het, sal ons sê, gesondheidsprobleme en daar is meer as een moord om op te los.

Die boek vat 'n tydjie om spoed te kry, en veral die ietwat uitgerekte 30 bladsye (64-94) wat dit neem vir Hendrik om 'n olike Amalia by die werk te gaan haal, dokter toe te vat, haar voorskrif te gaan kry by die apteek en haar dan by die huis te kry het my kortstondig tot vluglees genoop.

Van daar af gebeur dinge egter vinnig soos die wêreld stadig op ons helde ineentuimel en hulle moet baklei vir asem.

Nog 'n boeiende boek deur hierdie skrywer, maar weereens nie noodwendig opbeurende leesstof nie.
Profile Image for Maja the Bookworm.
65 reviews
July 18, 2017
Dibi Breytenbach is een van my gunsteling spanningsverhaalskrywers in Afrikaans, so ek het lankal uitgesien na haar nuwe boek. Ek het Heiliger verslind, net soos wat ek Saliger en Vrediger het.
Ek was opgewonde toe ek gesien het dit gaan oor Hendrik en Amalia, want ek hou baie van die twee karakters en hulle verhouding. Ongelukkig gaan dit nie goed met hulle in hierdie boek nie, ek moes die bladsye aanhou blaai om uit te vind of hulle oukei gaan wees.
Heiliger is boeiend van die eerste sin af en laat jou nie gaan tot die einde nie. Dis boonop uitstekend geskryf. Ek sal aanbeveel dat lesers eers die treffer Saliger lees, om te sien hoe Hendrik en Amalia se storie begin het.
Profile Image for Alta Cloete.
Author 32 books49 followers
August 6, 2017
As ek die boek tien sterre kon gee, het ek. Terwyl ek nie eintlik 'n groot leser van spanningsverhale is nie. Maar hierdie skrywer se karakterisering is so goed, dat ek die moord en doodslag met liefde trotseer omdat ek so mal is oor Hendrik en Amalia. Ek hoop ons hoor nog baie van hulle.
Profile Image for Amelia Strydom.
Author 10 books58 followers
August 6, 2017
'n Skrywer se werk, het ek iewers gelees, is om sy/haar karakters in 'n boom op te jaag en hulle dan met klippe te bestook. Dibi Breytenbach brand sommer die boom af. 'n Moeilike ervaring vir die leser, want Hendrik en Amalia (vir wie ons in Dibi se debuut, Saliger, ontmoet het), is sulke menslike en lewende karakters dat mens hulle byna as vriende beskou.
Hendrik se dag is hel. Dit begin by 'n moordtoneel: hul vriendin is wreed doodgeslaan. Hendrik is geen vreemdeling vir gewelddadige dood nie, hy het meer as sy deel daarvan tydens asook ná die grensoorlog gesien. Die traumatiese ervarings leef voort in sy geheue en borrel telkens tydens die verhaal na die oppervlak van sy bewussyn. Hy is boonop bekommerd oor Amalia: haar vriendin se dood is 'n hengse skok. Voordat sy eens kan begin om dit te verwerk, kry hulle nuus wat alles omtrent hul verhouding verander. Asof dit nie erg genoeg is nie, word Hendrik in hegtenis geneem vir moord. Is hy skuldig? Hendrik weet self nie...
Die spanning loop hoog in Heiliger, amper onhoudbaar hoog. Ek het byna so min geslaap as arme Hendrik in sy tronksel, ek kon nie rus voor ek geweet het wat gebeur in die slottoneel nie. Die plot was geweldig boeiend.
Dis 'n ontstellende boek, ongemaklik om te lees aangesien die skrywer nie doekies omdraai oor sosiale kwessies soos misdaad, armoede, rassehaat en polisiebrutaliteit nie. Dis beslis nie vir sensitiewe lesers nie: nie net oor die gewelddadige tonele nie, maar veral omdat mens met tye totaal hopeloos voel. Dibi Breytenbach ken duidelik SA se geregtelike stelsel en sy skroom nie om moeilike vrae te vra - en onbeantwoord te laat - nie. Die verhaal bly enduit realisties en word nie afgesluit met 'n maanskyn-en-rose ontknoping nie. Maar dis, in my opinie, een van die faktore wat dit so 'n uitstekende en belangrike verhaal maak. Boeke behoort hul lesers te ontstel, voel ek, minstens tot die mate wat die betrokke genre toelaat. Spanningsfiksie behoort 'n spieël op te hou vir die samelewing. En as dit boonop deur so 'n intelligente en vaardige skrywer, met so 'n gemaklike en vlot skryfstyl gedoen word, soveel te beter.
Dibi se debuutboek het my 'n fan for life gemaak, en die twee daaropvolgende verhale was van dieselfde uitnemende gehalte. Hier is 'n skrywer wat groot hoogtes gaan bereik en wat wraggies nie vinnig genoeg vir spanningverhaallesers se leeslus sal kan skryf nie. Wow, wat 'n leeservaring!
Profile Image for Marisca Harris.
34 reviews5 followers
August 30, 2017
Heiliger.

Dis amper asof die titel ironies is. Want tussen die omslagblaaie is alles half skril en gestroop; half onheilig. Ek is telkens verras as ek ‘n Dibi-boek lees. Hoewel die voorblad ‘n leidraad gee, is die binnekant selfs donkerder as wat ek verwag, maar het my nietemin met hoop gelos.

Die taal is op die man af – en dit sê vrek baie, want vir ‘n vrou om so oortuigend in ‘n man se kop te klim en sy denke weer te gee, sit nie in elke vrou se chino nie. Ek was ingetrek by Hendrik se gedagtes; sy baba-drome, sy integriteit, sy menslikheid en sy liefde. En hoe hy Amalia se pyn met Sara se dood beleef. Die karakters is so eg, dat hulle eie swaargeit vir my ‘n swaargeit gegee het, en hulle hoop het vir my hoop gegee.

Ek het wraggies nie vir ‘n oomblik die storie vooruit kon loop nie. Die storielyn is verrassend en relevant. Dié wat betrokke was in die gebeure se pyn en bekommernis was die intrige wat my verbete laat voortlees het.

Uiteindelik dink ek Dibi se meesterlikheid lê in hoe ek vir die moordenaar, die ooggetuies, die periferale betrokkenes empatie voel. Min mense is sommer net monster. En dit wys Dibi met ‘n vinnige swaai van die woordekwas wanneer sy net genoeg konteks gee vir die leser om te verstaan.

Hierdie was ‘n storie wat met my weggehol het. Dibi kan maar weer op my rak beland.
Profile Image for Lelani.
101 reviews30 followers
January 8, 2018
Heiliger is die derde boek uit Dibi se pen en vertel hiermee Hendrik se verhaal. Dis ook 'n verhaal van mense se gelowe: in hulleself, hulle tradisies, hulle voorvaders, die gereg en ook in die mense om hulle. Maar partykeer laat jou geloof jou in die steek.

Heiliger is boeiend van die begin tot die einde en Dibi kry dit reg om jou saam met Hendrik te twyfel in sy skuld of onskuld.
Ek sal beslis Saliger, Vrediger en Heiliger aanbeveel want Dibi bring 'n ander unieke dimensie na die gewilde spanningsgenre.
Profile Image for Annerle Barnard.
Author 7 books58 followers
February 3, 2020
Uitstekende karakterisering. Fenomenale taalgebruik. Die tempo is aanvanklik stadig, maar versnel mettertyd. Die spanning is egter tasbaar vanaf die sekonde wat Hendrik sy geweer optel. Ek is mal oor die sosiale kommentaar en feitelike gegewens.
Mag daar nog baie boeke uit hierdie skrywer se pen verskyn.
Profile Image for Sylvia.
37 reviews8 followers
August 23, 2017
Heiliger deur Dibi Breytenbach

- Boekverslag deur Sylvia de Kock

Breytenbach se spanningsroman, ‘Heiliger’, handel oor donker misdaad en die afgryslike lot van die slagoffer asook die onafwendbare lot van die misdadiger. Oorsaak en gevolg word deeglik in hierdie roman hanteer. Die ingewikkeldhede van die sisteem word verder goed uitgebeeld. My eerste kennismaking met die skrywer was met haar spanningsromans, ‘Saliger’ en ‘Vrediger’. Die leser neem gou waar dat deeglike navorsing gedoen is. Nie te veel nie, net genoeg om volgehoue spanning te voed. Nêrens kry die leser die gevoel dat hier nou te veel inligting ingewerk word nie.

Kort voor Kersfees bevind Hendrik en Amalia hulself in ʼn situasie waarvoor hulle nie voorsiening kon maak nie. ʼn Ondenkbare voorval veroorsaak dat Hendrik in hegtenis geneem word. Dit nadat Hendrik ʼn paar skote afgevuur het en ʼn jong swart seun kort daarna dood aangetref word. Breytenbach kry dit reg om die misdaadgrense wat oorskry word intiem te verbind met dié wat daardeur geraak word. Die karakters is mense wat ly en worstel met goed en kwaad. Hierdie verhaal is alles behalwe koud en klinies. Die menslikheid en broosheid van die karakters in ‘Heiliger’ kom sterk na vore.

Net soos met haar vorige spanningsromans, is haar nuutste, Heiliger, ʼn naelbyter van formaat. Die leser wil weet waarom die seun gesterf het. Breytenbach se verhaal word op ʼn geloofwaardige wyse aangebied en sy het daarby ʼn wonderlike vermoë om die leser aanmekaar te laat wonder. Dit is belangrik dat daar regsgeleerdes is wat hierdie genre skryf aangesien dit die leser ʼn beeld gee van hoe dit gebeur dat mense kan wegstap van ʼn moordsaak op grond van tegniese punte. Dit kan ook verduidelik waarom die publiek soms vertroue in die sisteem verloor.

Amalia en Hendrik is karakters wat die leser aantrek. Ongelukkig ondervind hierdie twee gou heelwat hindernisse op hul pad. Die leser raak gou bekommerd oor hulle en dit het amper tot gevolg dat mens wil spoedlees net om te kyk of hulle dit deur alles gaan maak. Dit word aanbeveel om eers ‘Saliger’ te lees sodat die leser kan sien waar Amalia en Hendrik se storie begin het. Daar is egter genoeg verwysing na die vorige storielyn sodat die leser gemaklik kan aansluit by Hendrik en Amalia se huidige omstandighede. Die roman kan derhalwe selfstandig gelees word.

Breytenbach het ʼn merkwaardige aanslag om die leser emosioneel te betrek by die karakters se wel en wee asook die interessante temas van haar spanningsromans.

Profile Image for Amanda.
1,154 reviews
July 19, 2017
Dit is vlak voor Kersfees in Witteberg. Vier aardskuddende gebeurtenisse verander Hendrik Streicher se dag in een wat uitloop in loutere hel, met net een ligpunt wat hom staande hou. Die gebeure maak van hom "'n ou man", om sy woorde te gebruik.

Die skrywer se kennis van die regs- en polisieprosedures, verseker 'n geloofwaardige agtergrond waarteen hierdie intense drama hom afspeel. Hindernisse wat uniek is aan lewe op 'n klein dorpie, word effektief bygebring om die spanningslyn snaarstyf te hou. Daar is moorde wat opgelos moet word met gebrekkige kundigheid, een dokter wat sy lyf ook pataloog moet hou. Hendrik se omstandighede dwing herinneringe aan die grensoorlog weer op die voorgrond en dra by tot die trauma wat hy beleef.

Hoewel ek nie die vorige twee spanningsverhale van Dibi Breytenbach gelees het nie, het ek gevind dat daar net genoeg verwysing na die voorgeskiedenis van Hendrik en Amalia was, om sinvol aansluiting te vind by die huidige storielyn. Ek wil 'n mening waag dat lesers steeds Vrediger en Saliger kan lees ná Heiliger. Ek beveel dit trouens aan, want hierdie skrywer het 'n unieke aanslag, gegewe die invalshoek wat haar verhale kenmerk.




Profile Image for Carolien.
1,059 reviews139 followers
October 8, 2018
3.5 sterre. Amalia en Hendrik is weer die sentrale karakters in hierdie verhaal wat die outeur se diep kennis van die Suid-Afrikaanse strafreg prosesse ten toon stel. Die boek verskaf deeglike sosiale kommentaar oor verskeie aspekte van die Suid-Afrikaanse samelewing - korrupsie in die polisie, die gebrekkige gesondheidstelsel, ens. My grootste kritiek is dat die storielyn amper net 'n bysaak is om die karakters en sosiale kommentaar te vergesel en nie so sterk is soos in die eerste twee boeke nie. Ek geniet die outeur se skryfstyl en was baie bly om haar nuwe boek onlangs raak te loop.
Profile Image for Carina Olivier.
13 reviews2 followers
December 17, 2024
Uitstekende skryfwerk. Ek was eintlik bietjie teleurgesteld met die einde, maar na verdere oordenking, besef ek dis omdat ek so "invested" is in Hendrik en Amalia se storie dat ek nog wou hê. Toevallig dat ek die boek ook so naby aan kerstyd gelees het. Ek het behoorlik gevoel asof ek ook in Witteberg is.
159 reviews2 followers
November 2, 2020
Die boek laat mens besef sommige geregsbedienaars is nie daar om mens te beskerm nie eerder uit te verkoop. Mense wat doodgaan in geweldsmisdaad is goeie mense wat nie deel is van die onderwêreld. Misdaad is iets wat mens se lewe verswelg en jy is nooit weer dieselfde.
Profile Image for Marnich.
87 reviews3 followers
September 30, 2017
Wow.
Ek het dit baie geniet.
Met elke boek raak Dibi net beter en beter.

Kan nie wag vir die volgende een nie.
Profile Image for Adele Vorster.
97 reviews8 followers
September 25, 2017
Soos haar vorige boeke, Saliger en Vrediger, speel Dibi Breytenbach se nuutste boek, Heiliger, af in 'n klein dorpie in KwaZulu-Natal, met die Suid-Afrikaanse regstelsel as agtergrond.

Die leser ontmoet weer vir Amalia, 'n staatsaanklaer en haar kêrel, Hendrik, wat hul eerste verskyning in Saliger gemaak het. In die paar dae voor Kersfees, verander Hendrik en Amalia se lewens onomkeerbaar. Twee mense, waarvan een 'n kind is, is dood en hulle twee vorm 'n sentrale deel van die ondersoek.

In Heiliger word die tekortkominge van die Suid-Afrikaanse regstelsel, asook die van die polisie, sonder skroom oopgeskryf. Die leser kry byvoorbeeld 'n kykie in die binnekant van 'n stinkende, oorvol tronksel. Laasgenoemde word so goed beskryf, dat ek nou nog nagmerries kry.

Die skrywer gaan selfs nog verder as dit, sy beskryf die stukkende binnewêrelde van hierdie misdadigers, sowel as dié van die slagoffers. 'n Voorbeeld: "Hierdie soort verlies verander 'n mens se binneruimte vir ewig; maak dit harder en droër soos 'n stofleegte wat ná reën in die son verdor"(bl. 6).

Die boek se gebeure tel al hoe vinniger spoed op en teen die einde kon ek nie vinnig genoeg die bladsye omblaai nie - en dit is altyd 'n sekere teken dat 'n boek uitstekend is.

Dis verfrissend om 'n misdaadroman te lees wat uit die oogpunt van 'n regsgeleerde, eerder as 'n speurder, geskryf is. In hierdie opsig is Dibi Breytenbach 'n baanbreker in Afrikaans. En sy word met elke boek net beter en beter.
Displaying 1 - 16 of 16 reviews

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.