Jump to ratings and reviews
Rate this book

Op pad: 'n Reisjoernaal

Rate this book
Dana Snyman sien dinge op sy eiesoortige, aweregse manier. In deel een is hy op pad saam met die TV-span van Op pad met Dana. Soos hulle die land deurkruis op soek na stories, beleef Dana nie net die lief en leed van die mense met wie hy gesels nie, maar ook sy eie innerlike reis. Hy kom huistoe met 'n optelhond -- en met 'n nuwe manier van kyk. In deel twee kyk hy rugby. In kroeë, township-huisies, saam met oom Frik du Preez en Joost van der Westhuizen. Snaaks, skerp en onthutsend eerlik.

264 pages, Paperback

Published August 1, 2017

Loading...
Loading...

About the author

Dana Snyman

16 books28 followers
Dana Snyman is an award-winning South African journalist, writer and playwright.

Snyman was born in Stellenbosch and matriculated from Nylstroom High School. He later followed a journalism course at the Pretoria Technikon before joining the Afrikaans newspaper Beeld as a crime reporter.

Three years later he became a journalist at Huisgenoot magazine, where he worked for ten years. As of 2007, Snyman is the travel editor of Weg! magazine.

His first book, Uit die binneland (From the interior) was published in 2005 and his second, Anderkant die scrap (The other side of the scrap), in 2006. Both are collected short-short stories and schetches.

Snyman's first play, the one-man comedy Die Uwe, Pottie Potgieter (Yours Truly, Pottie Potgieter), was first performed in 2006 and was the runner-up for the AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroes Award for new texts in the same year.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
38 (51%)
4 stars
26 (35%)
3 stars
8 (10%)
2 stars
1 (1%)
1 star
1 (1%)
Displaying 1 - 7 of 7 reviews
Profile Image for De Wet.
279 reviews24 followers
March 14, 2020
"Hoop is moeilik", het Dana se predikant-pa langs 'n versie in sy Bybel geskryf. Maar moeilik beteken nie onmoontlik nie. In Op Pad dreig die moeilik om vir Dana Snyman te oorrompel soos hy en sy filmspan deur 'n stukkende land ry. Dit is 'n fassinerende reis deur die tragedie en triomf van menswees saam met 'n man wat nie bang is om sy gedagtes eerlik te verwoord en kliphard oor moeilike vrae te tob nie.

Van Orania tot Nkandla. Van drama met 'n optelhond tot drama met 'n plaasmoordenaar se familie. Van dorpe sonder water en leë erwe waar grootwordhuise eens gestaan het, tot Adriaan Vlok se voetewassery en mense met onpaar optelskoene.

Selfs die 2015 Rugby-Wêreldbeker in Deel II van die boek raak 'n reis op sy eie soos Dana by o.a. Frik du Preez, Trevor Nyakane se familie, Vleis Visagie, die geplunderde Boet Erasmus-stadion en Siphiwe Gxadushe in Qaga naby King William's Town (die afrigter van 'n spannetjie seuns wat met 'n plastiek koeldrankkan rugby speel) gaan draai.

Kompulsiewe leesstof.
Profile Image for Alta Cloete.
Author 32 books50 followers
August 19, 2017
Dana neem mens saam op sy reise op soek na hoop, of jy nou lus is vir saamry of nie. Hy sien baie om oor te wanhoop, maar op grondvlak sien hy die ware SA - die SA wat in die gewone mense lewe, die mense wat steeds oor grense heen die hande na mekaar bly uitsteek. Jy kom ietwat gehawend anderkant uit, maar jy weet: Jy bly deel van die land en die land van jou.
As jy self soekend deur die nuwe SA aan die beur is, klim in en ry saam. As jy op soek is na ligte, opbeurende leesstof, hou liewer verby en ontvlug in 'n lekker romanse. :) Of wees dapper en doen sommer albei!
Profile Image for Rita van Eck.
41 reviews2 followers
April 20, 2018
This book really gives you perspective of a bigger part of South Africa and its people - not just your little corner in it. It tries and succeeds to remind you that you and your opinion isn't the only one that matters.
I did feel quite a good dose of pathos and melancholy whilst reading, but it never made me feel completely hopeless. And that's what makes this book so compelling.
2 reviews
August 26, 2019
Uitstekend - ek het lanklaas 'n boek so baie geniet! Dit was die eerste boek van Dana Snyman wat ek gelees het, en ek kan nie wag om meer van sy boeke te lees nie.
227 reviews13 followers
September 10, 2017
Ek het die boek geniet omdat myself kon inleef in wat Dana vertel. Ek het self in daardie vervloë tyd grootgeword. Die omstandighede was presies soos dit was. Dan die rugby-mal mense is ook presies weergegee. Die liefde vir diere(veral sy honde) het my ook diep geraak.Baie mooi geskryf. Dis beslis aan te beveel
Displaying 1 - 7 of 7 reviews